22 Januarie 12:11
Kaapstad Verander Area

Sondag

24°C / 18°C

Wind 27km/h

Reënval 0

Humiditeit 64%

Maandag

24°C / 19°C

Wind 24km/h

Reënval 0

Humiditeit 67%

Dinsdag

20°C / 17°C

Wind 15km/h

Reënval 4mm

Humiditeit 72%

Woensdag

22°C / 17°C

Wind 37km/h

Reënval 0

Humiditeit 61%

Donderdag

22°C / 17°C

Wind 37km/h

Reënval 0

Humiditeit 65%

Vrydag

21°C / 18°C

Wind 50km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 61%

Menings
Afrikaans het jóú nodig om te oorleef, vrind

Daar brand Afrikaans se geboortehuis in die Paarl die week af. Ironies, nogal. Synde die pogings orals om Afrikaans te verskroei.

Waar S.J. du Toit en sy seun, Totius, sowat 140 jaar gelede in dié pragtige huis op Kleinbosch groot drome moes gehad het vir die kombuistaal, sou hulle waarskynlik vandag verwonderd gestaan het oor die taal wat yslik groot en kragtig geword het.

En ook verslae gestaan het oor die einste taal wat by die meeste eertydse Afrikaanse universiteite in vlamme opgaan. Soos in hul tyd word hy en sy sprekers weer geboelie, geteiken en as muishond gebrandmerk.

Is die beeld van ’n taal in vlamme ’n getroue beeld van Afrikaans in 2017? Allermins. Meer ’n ontploffing van kreatiwiteit, die vlam wat ’n vuurpyl uitspoeg voordat hy die hemelruim invuur . . . En onder die boelies met die rookbesmeerde gesigte.

Die vuurpylbrandstof is nie (net) wat universiteite vir Afrikaans nog doen en gedoen het nie. Dis wat jy en jou pêlle en ons kinders doen wat gaan maak of die vuurpyl die ruimte gaan betree of binne twee of drie dekades in ’n rookbal in die see gaan stort.

Om Afrikaans te lees, te luister, te koop en te praat, is ’n begin, maar helaas nie genoeg nie. Afrikaans het genoeg vyande, en baie daarvan is gebore en grootgemaak in die taal wat hulle nou op die brandstapel gooi. Afrikaans het goeie vriende en ambassadeurs nodig.

Kommer­siële strooimusiek word suurstof gegee deur stasies soos RSG.

Die debat oor vrot Afrikaanse musiek op radiostasies is nie ’n nuwe een nie. Kommer­siële strooimusiek word suurstof gegee deur stasies soos RSG wat klaarblyklik liedjies verniet kry van obskure sangers en die lugweë hiermee besoedel. Die ander kant is egter belangrik. Regte Afrikaanse musiek is kragtiger as ooit. Tussen Anton Goosen se “Kruidjie-roer-my-nie” en Francois van Coke se “Mensdom” is dit ’n taal wat gatskop. Luister na Jan Blohm, Valiant Swart, Bacchus Nel, Gert Vlok Nel, Piet Botha, Koos Kombuis, David Kramer, Hemelbesem en nuwe hip-hop-kunstenaars soos SlagYsta en die album Die hond van K-NiNE. Hoor jy dit gereeld genoeg oor die radio?

Ek het einde Desember op ’n bitter koue aand Bacchus Nel op Zeekoegat gehad. Ons het met groot jasse om vure gesit en geluister na die wonderlike blues in die bitter mooiste taal. Die kitaar, trekklavier en stemme het deur die ou huis weerklink. Wit, bruin en swart het in die donker onder die sterre geskoffel. Bó ons het die sterre getuimel.

RSG doen ook reuse-werk vir Afrikaans. Dinsdagaand se Vers en klank was ontsettend mooi. Om in die donker te lê en luister hoe die winde deur die bome beur en na Van Wyk Louw se wonderlike sonnette te luister, is ’n voorreg en plesier.

Afrikaans het jou nodig as hy gaan oorleef. Dra hom op jou skouers.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.