21 Augustus 08:37
Kaapstad Verander Area

Maandag

16°C / 13°C

Wind 28km/h

Reënval 8mm

Humiditeit 79%

Dinsdag

14°C / 12°C

Wind 25km/h

Reënval 7mm

Humiditeit 64%

Woensdag

14°C / 11°C

Wind 24km/h

Reënval 4mm

Humiditeit 75%

Donderdag

14°C / 12°C

Wind 25km/h

Reënval 3mm

Humiditeit 60%

Vrydag

16°C / 12°C

Wind 25km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 64%

Saterdag

17°C / 11°C

Wind 26km/h

Reënval 0

Humiditeit 65%

Herman Lategan
Kameeldoring in vlees van die ou SA sterf
Herman Andimba Toivo ya Toivo

Herman Andimba Toivo ya Toivo (92) was ’n Namibiese politikus wat in die 1950’s een van die stigterslede van die Ovamboland
People’s Organisation (OPO) en daarna van die South West African People’s Organisa­tion (Swapo) was.

Vir 16 jaar (1968-1984) was hy op Robbeneiland aangehou en vir tien jaar daarvan in dieselfde afdeling as Nelson Mandela.

Ya Toivo is ook by tye gemartel.

Regdeur sy jare op dié eiland het hy geweier om Suid-Afrika se jurisdiksie oor die destydse Suidwes-Afrika te erken.

Vir die tronkowerheid was hy ’n steen des aanstoots en muiter. Mandela het hom as strydlustig beskryf, iemand wat min tyd vir die bewaarders gehad het.

Ná onnodige provokasie het hy eendag ’n wit bewaarder ’n bokshou toegedien. In vergelding is hy ook geslaan en vir ’n lang tyd alleen toegesluit. Die vensters van sy sel is met swart papier bedek sodat hy nie daglig kon sien nie.

Hy mag geen leesstof by hom gehad het nie. Die sel was net oor die twee meter wyd en ongeveer twee en ’n half meter lank.

Die vensters van sy sel is met swart papier bedek sodat hy nie daglig kon sien nie.

Agtien maande later is hy aan die vooraand van ’n besoek deur die Rooi Kruis uit hierdie sel verwyder. Alle tekens van die swartgeplakte vensters is verwyder. Hy is slinks en stil-stil weer teruggeplaas by die ander prisoniers.

The New York Times skryf hoewel hy nie die legendariese aura van Mandela gehad het nie, het Ya Toivo nieteenstaande ’n blywende status en aansien onder landgenote geniet. “Soos Mandela, was hy ’n bedrewe orator in hofsale.”

Hy wou ook nie vir die Suid-Afrikaanse owerhede vra om tronktoestande te verbeter nie omdat dit legitimiteit aan hul baasskap sou gee.

Tog het hy later toegegee en volgens The Namibian het hy op 18 April 1970 daarop aangedring alle Namibiërs moet teruggeplaas word na hul vaderland. Hy het ook voorspraak gemaak vir beter mediese dienste en versorging vir alle aangehoudenes.

Later, toe Namibië uiteindelik onafhanklik word, het die presidentskap nie na hom gegaan nie, maar wel na Sam Nujoma. Hy het minister van mynbou geword.

Ya Toivo is in Omangundu naby Ondangwa in die Oshikoto-gebied van Namibië gebore. Ná onafhanklikheid is hy getroud met Vicky, ’n Amerikaanse prokureur, en hulle het tweelingdogters gehad.

Hy is by sy huis in die voorstad Klein Windhoek dood aan ’n hartaanval.

* Herman Andimba Toivo ya Toivo, gebore 22 Augustus 1924, oorlede 9 Junie 2017.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.