18 Augustus 22:08
Kaapstad Verander Area

Saterdag

20°C / 10°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 52%

Sondag

18°C / 12°C

Wind 23km/h

Reënval 0

Humiditeit 57%

Maandag

15°C / 12°C

Wind 31km/h

Reënval 10mm

Humiditeit 81%

Dinsdag

14°C / 11°C

Wind 37km/h

Reënval 6mm

Humiditeit 64%

Woensdag

13°C / 10°C

Wind 24km/h

Reënval 6mm

Humiditeit 79%

Donderdag

13°C / 10°C

Wind 34km/h

Reënval 0

Humiditeit 58%

Herman Lategan
'n Lewe: Huishoudelike gesig op TV
Joe Mafela

Joe Mafela (75) was vir talle Suid-Afrikaners bekend as akteur, stemkunstenaar, sanger, fliekvervaardiger en sakeman.

Aanhangers het hom Sdumo genoem, na aanleiding van die karakter met dieselfde naam wat hy in die program ’Sgudi ’Snaysi (Dis goed, dis gaaf) op TV vertolk het.

Ander suksesvolle TV-programme sluit in Khululeka, Stokvel, Going Up en Shooting Stars. Komedie – met sy perfekte tydsberekening en sonder om ’n spiertjie in sy gesig te trek – was sy forte. Rolprente waarin hy verskyn het, is onder meer Zulu, Shout at the Devil en Escape from Angola.

Hy was ook ’n huishoudelike gesig in die gewilde Chicken Licken-TV-advertensie.

Mafela het ook liedjies geskryf, en sy “Shebeleza” was die temalied van 1996 se Afrikabeker-sokkertoernooi. Hy het altesame vier CD’s uitgereik en sy lirieke was gereeld ’n vermenging van al die land se amptelike tale.

Hy was met sy dood ’n nie-uitvoerende direkteur van Penguin Films, die vervaardiger van die komedie Madam & Eve.

Hierdie joernalis het Mafela leer ken toe hy die rol van Sol, die tuinier en jan-van-
alles in dié reeks op e.tv vertolk het.

Hy was wyd belese en hoewel ’n harlekyn op stel, iemand wat soms die swart hond aan sy hakskene voel byt het.

Deva Britow, destyds bestuurder van TV-programme by e.tv, onthou: “Ons was bang dat ’n strokiesprent soos Madam & Eve nie goed sou werk as ’n TV-program nie. Joe was meesterlik. Wat my opgeval het, was sy
maniese toewyding as akteur. Al was dit komedie, het hy nie daaroor gelag nie.

“Die Sol-karakter was verskillend van wie hy was. Hy het tussendeur tonele by my gesit en ernstig oor ’n groot verskeidenheid onderwerpe gepraat. Sodra hy geroep word vir sy toneel, het hy binne ’n ligsekonde weer in ’n poetsbakker en janklaas verander. Dit was iets om te aanskou.”

Mafela is in Sibasa, Limpopo, gebore, maar die presiese dag van sy geboorte is nooit aangeteken nie. Sy pa het as ’n assistent in ’n Chinese winkel in Sophiatown gewerk. Toe Mafela eenkeer gevra is watter invloed die 1976-onluste op hom gehad het, was sy antwoord: “Geen.”

Hoewel daar aanvanklik berig is dat Mafela in ’n motorongeluk in Johannesburg oorlede is, het hy geen uitwendige beserings in die ongeluk opgedoen nie. Daar word nou geglo hy is weens ’n mediese toestand dood. Hy laat sy vrou en vier kinders agter.

* Joe Mafela, gebore 1942, oorlede 18 Maart 2017.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.