24 Junie 07:19
Kaapstad Verander Area

Saterdag

15°C / 9°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 63%

Sondag

16°C / 11°C

Wind 20km/h

Reënval 0

Humiditeit 64%

Maandag

18°C / 10°C

Wind 9km/h

Reënval 0

Humiditeit 60%

Dinsdag

17°C / 13°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 69%

Woensdag

15°C / 13°C

Wind 40km/h

Reënval 10mm

Humiditeit 79%

Donderdag

14°C / 9°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 64%

Ivor Price
Ouderdom van aftrede nie ’n vervaldatum

Hulle sê wysheid kom met die grysheid, maar namate ek ouer word, hoe meer sukkel ek om te begryp hoekom enigeen móét aftree. Hoe meer ek daaroor dink, hoe meer klink dit vir my soos ’n onding; ’n strategiese besluit wat uiteindelik net tot die dood lei.

My tandarts stem saam, en as ’n man wat al 73 jaar lank sy kruiwa stoot, behoort hý van alle mense te weet. Die oomblik as jy die dag die tuig neerlê – of dan nou gedwing word om op te hou werk omdat jy die aftreeouderdom bereik het – beter jy ter wille van jou eie saligheid genoeg ander dinge gereed hê, anders loop die pad net afdraand.

As jy gelukkig is en boonop van ’n goeie pensioen verseker is, kan jy seker iewers langs die see gaan aftree. Maar ’n mens kan sekerlik ook net soveel kere die genadeblou van die waters waardeer, en selfs dan beter jy jou kop regkry vir al die verdrietige reëndae en ’n koue (en verkoue!) wat vir dae lank in jou lyf en kop gaan kom lê.

Laatslaap is ook nie ’n opsie, want dit word blykbaar in mens se genadejare meer van ’n onplesierigheid as enigiets anders. Dis net wanneer ’n mens nog kinders in die huis het, en elke weeksoggend teen negeuur iewers moet inklok, dat jy die wekker verwens. Blykbaar – en ek praat hier sonder my prokureur se goedkeuring – staan afgetredenes in ieder geval al voor die son op.

Ja, ek hoor jou, mens kan seker ander lekker dinge ook doen om jou dae te verwyl, maar selfs hieroor is ek twyfelsugtig. Hoeveel keer per week kan mens werklikwaar vleisbraai of blokkiesraaisels voltooi voordat dit soos tronkstraf begin voel? En as jy dan ter wille van die see eensaam in ’n uithoek opeindig, kan jou kinders en kleinkinders weens die afstandbeperkings ook net soveel kere per jaar kom kuier.

Ek is egter steeds oortuig dat die blote bestaan van ’n sogenaamde “aftreeouderdom” ’n fabrieksfout is.

Die kenners onder ons het gewis 101 redes oor waarom dit eintlik vir ’n land soos Suid-Afrika voordelig is dat meer mense in veral die sakewêreld aftree wanneer hulle die dag hulle 60ste drie druk. Die meeste van ons bevolking is jonk en breedgeskouer, en daar is letterlik jong gegradueerdes wat by verkeersligte uit aalmoese ’n bestaan maak. Ek besef dit.

Ek is egter steeds oortuig dat die blote bestaan van ’n sogenaamde “aftreeouderdom” ’n fabrieksfout is wat nie net die land vaardigheidsgewys ’n bloedneus gee nie, maar ons eintlik ook armer van gees maak. Ek sien elke dag hoe die afgetredenes in my wêreld – deur die bank onbekendes wat ek raakloop – stadig maar seker wegkwyn. Hulle is uitgehonger vir geselskap, en hul verrimpelde hande en koppe is nog sterk genoeg om iewers ’n betekenisvolle bydrae te kon lewer.

Maar niemand wil hulle hê nie; nie noodwendig oor hulle nie by die ewig veranderende sakebehoeftes kon byhou nie, maar oor daar iewers ’n reël geskrywe staan dat jy op ’n sekere ouderdom van werk kwytgeskeld word. Dit kán mos nie reg wees nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.