21 Julie 12:39
Kaapstad Verander Area

Vrydag

17°C / 11°C

Wind 10km/h

Reënval 0

Humiditeit 59%

Saterdag

17°C / 11°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 60%

Sondag

17°C / 11°C

Wind 9km/h

Reënval 0

Humiditeit 59%

Maandag

17°C / 11°C

Wind 10km/h

Reënval 0

Humiditeit 44%

Dinsdag

15°C / 9°C

Wind 29km/h

Reënval 7mm

Humiditeit 63%

Woensdag

14°C / 8°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 58%

Jo van Eeden
Johanna van Eeden: ’n Blinde kol in die binnekring
Die vrou in die bank was nog besig om my te help toe ’n paar klapgeluide haar onderbreek. “O, dis geweerskote. Dalk wil jy liewer binne die bank bly. Wat jou kredietkaart betref . . .”
Dit is nie eens voorbladnuus nie. So is dit nou hier.

Die vrou in die bank was nog besig om my te help toe ’n paar klapgeluide haar onderbreek.

“O, dis geweerskote. Dalk wil jy liewer binne die bank bly. Wat jou kredietkaart betref . . .”

Asof iemand genies het.

Ek waag dit toe later maar buite die bank, want ek kan nie besluit waar in die winkelsentrum ’n mens in dié omstandighede die veiligste is nie.

In die gange gil mense en storm in een rigting, af by die trappe. Ek wag om te kyk wie of wat hulle jaag, maar sien niks nie. Kom eers later agter hulle het nie weggehardloop van iets nie, maar in die rigting van die aksie.

Intussen bel ek, soos ’n verslaggewer maak, die nuuskantoor om te rapporteer dat iets aangaan by die winkelsentrum in Melville.

Dit gebeur op my vyfde dag terug in Johannesburg.

Eers agterna verneem ek dit was ’n mislukte motorkaping wat op die sentrum se parkeerterrein geëindig het.

“Het iemand seergekry?” vra ek die veiligheidswag. “Net die tsotsi’s,” sê hy.

Dit was nie die voorval as sodanig wat my geskok het nie, maar die mense se reaksie. Buite klap die skote, maar die teller in die bank gaan ongestoord voort met die transaksie.

In die selfoonwinkel koop mense lugtyd, kyk na mekaar en sê: “Ja, so is dit nou hier. Die derde keer dié jaar dat so in die sentrum geskiet word.”

Die hande van die kassier by ’n kleinhandelaar bewe effens toe hy die kleingeld tel, maar dít is omtrent al.

So is dit nou hier.

Wat word van ons?

Onaangeraak deur geweerskote, onverstoord; om die waarheid te sê: eerder nuuskierig oor die bloed.

Die uitreiking van die jaarlikse misdaadstatistieke ’n paar dae later word amper skouerophalend ontvang.

Die armes is nog net so blootgestel soos altyd – uitgelewer aan misdadige elemente.

Dit lyk of die rykes meer geweld begin ervaar. Hoekom? Omdat hulle dit kan bekostig om hul eiendom te beveilig, wat die misdadigers dwing om meer gewaagde, meer gewelddadige strooptogte uit te voer.

Ons trek laer agter elektriese heinings, hoop keffertjies gaan ons betyds wakker blaf en betaal derduisende rande aan private veiligheidsdienste om ons in ons eie huise te beskerm.

En dan slaan jy een oggend die koerant oop en lees die berig van ’n groentesmous van Bela-Bela wat skuldig bevind is omdat hy sy vrou doodgeslaan het.

Dieselfde vrou het vroeër ’n saak van aanranding teen hom gemaak, waarna hy met R200 beboet is. Sy twee vorige vroue het beskermingsbevele teen hom gehad.

Neffens dié berig die jongste nuus uit die hof oor die saak van Nico Henning, wat beskryf word as die “vermeende baasbrein agter die moord op sy vrou”.

Dit is nie eens voorbladnuus nie. So is dit nou hier.

Jy kan die hoogste heining, die kwaaiste hond en die duurste veiligheidsmaatskappy hê, maar niks kan jou teen huishoudelike geweld beveilig nie. Nie die feit dat jou kêrel ’n Paralimpiese held is nie. Selfs minder nog as jou man net ’n gewone groentesmous is.

Wat is met ons verkeerd dat ons uitvaar teen motorkapers en huisrowers wat ons binnekring betree, maar ’n blinde kol het vir die moordenaars, verkragters en kindermolesteerders in eie kring?

Verdra ons hulle omdat ons ook hul ligkant ken en wéét om lig te loop vir hul skadukant?

En dan staan jy een oggend op, trek in die bloedige hitte langmouklere aan en sê vir die vrou in die spieël: So is dit nou hier.

) Johanna van Eeden is hoofredakteur van Media24 se Afrikaanse dagblaaie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.