25 April 18:27
Kaapstad Verander Area

Woensdag

20°C / 15°C

Wind 22km/h

Reënval 0

Humiditeit 76%

Donderdag

19°C / 15°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 80%

Vrydag

22°C / 14°C

Wind 12km/h

Reënval 0

Humiditeit 63%

Saterdag

26°C / 16°C

Wind 22km/h

Reënval 0

Humiditeit 45%

Sondag

22°C / 16°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 58%

Maandag

18°C / 14°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 76%

Menings
Johann Maarman: Kry entstof teen die haatvirus
Maar dit is die haat onder ons jong mense wat ’n mens tot onrustigheid stem.

Nou tjieng-tjieng ons darem die snare van die raskitaar. Haat het ons eie Zika-virus geword. Hierdie haatvirus, soos die Zika-virus, het nie net ons korteks binnegedring nie, maar al ons hele liggaam besmet.

En aan verspreiders om die haat­virus oor te dra, is daar nie ’n tekort nie.

Janusz Walus, die Poolse immigrant wat Chris Hani in die Pase van 1993 in die oprit van sy huis in Boksburg doodgeskiet het, het nou parool gekry. Haat het Walus gedryf om so ’n sotlike daad te pleeg en Suid-Afrika sodoende te beroof van ’n bes moontlike president.

Met die nuus dat Walus ’n vry man is, het Hani se weduwee, Limpho, ’n striemende aanval op die (wit) regter uitgevoer en haar daarvan beskuldig dat sy ’n opperste rassis is wat “God wil speel”.

Mev. Hani se woede is te verstane. Sy het haar man verloor juis in ’n tyd waarin dinge veronderstel was om vir hulle na normaliteit terug te keer ná jare van ballingskap. Niks meer met die een oog wakker slaap uit vrees dat Suid-Afrikaanse troepe nagtelike aanvalle op ANC-huise uitvoer nie. In allemanstaal: Sy en Chris het nie meer met die dood gewals nie.

Maar dit is die verdomde ANC se skynheiligheid wat ’n mens deur jou tande laat blaas. Kyk net hoe breedsprakig is die outjies van Luthuli-huis nie nou nie. Die regbank is dat en die regbank is dit. Onthou, dis die einste regbank wat hulle so opgehemel het toe Zuma in die verkragtingsaak vrygespreek is.

Swyg ons maar oor die ANC se Magoo’s-bomplanter? Ook dáár het mense gesterf. Ook dít is deur haat gedryf.

Maar dit is die haat onder ons jong mense wat ’n mens tot onrustigheid stem. Ons sien wat op die land se kampusse gebeur. Wit teen swart.

As ons kinders van Suid-Afrika mekaar nie eens op die skool- en universiteitsbanke kan leer ken, aanvaar en liefkry as broers en susters nie, sal hulle mekaar seer sekerlik ontmoet as vreemdes en vyande in die strate van ons dorpe of in die stegies van universiteitskampusse.

Daarom moet ons entstof kry teen hierdie haat. En gou ook, want nóg ’n generasie mag mekaar nie so haat nie.

Theuns Eloff, oudrektor van die Noordwes-Universiteit, het op die Woordfees ’n ware ding kwytgeraak. Dit is die klein jakkalsies wat die wingerd verniel. Goed soos haat wat ons by die afgrond bring.

Etikettering is ook een daarvan. As dit verkeerd is dat wit mense ons op ons velkleur takseer, is dit mos eweneens verkeerd van ons om wit mense op hul velkleur te oordeel. Dit is kleinlik en daarom verwerplik. Rassisme is verkeerd, of dit nou deur die wit mens of die swart mens verkondig word.

Ons politieke leiers laat ons studente in die steek. Hulle voel dat hulle op hulself aangewese is en met geen keuse gelaat word as om te betoog en motorbande te laat brand om die aandag op hul werklike probleme te vestig nie.

’n Student se lewe is moeilik genoeg en ’n arm en honger student s’n is tien keer meer opdraand. Ons verstaan dit.

Maar haat kan nooit ’n vrypas wees om die plundering op kampusse goed te praat nie. Eergister was dit klasgeld, vandag uitkontraktering, môre standbeelde en oormôre wie weet wat.

Moed en dapperheid lê mos nie in die slimpraatjies en opruiende toesprake, betogings en slagspreuke nie; dapperheid en krag lê juis daarin om antwoorde te soek en doelgerig in die rigting van oplossings te beweeg.

Hoeveel standbeelde wil ’n mens nou nog met modder besmeer? Dit raak afgesaag. Dis nie eens meer snaaks nie.

  • Maarman is ’n adjunkredakteur van Beeld se susterkoerant Die Burger.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.