26 April 13:40
Kaapstad Verander Area

Woensdag

20°C / 16°C

Wind 21km/h

Reënval 0

Humiditeit 78%

Donderdag

20°C / 15°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 76%

Vrydag

22°C / 15°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 66%

Saterdag

27°C / 17°C

Wind 21km/h

Reënval 0

Humiditeit 41%

Sondag

20°C / 17°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 77%

Maandag

19°C / 15°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 83%

Kommentaar
Kommentaar
Beeld sê: McBride en O'Sullivan in ANC-stryd

Die intrige rondom die omstrede private ondersoeker Paul O’Sullivan se inhegtenisname deur die Valke lyk op die oog af na die punt van ’n ysberg wat uiteindelik, soos verskeie kwessies deesdae, deurgetrek kan word na die magstryd in die ANC.

Die ewe omstrede Robert McBride, hoof van die polisie se onafhanklike ondersoekdirektoraat (Opod), is in ‘n verbete twis met Nathi Nhleko, minster van polisie (lees die Zuma-kamp), gewikkel. Hy is ook deur die howe in sy pos herstel nadat Nhleko hom onregmatig probeer afdank het.

Opod, onder meer gerugsteun deur inligting van O’Sullivan, bekyk bewerings van korrupsie deur lt.genl. Khomotso Phalane, die waarnemende polisiehoof.

Die Valke kla O’Sullivan onder meer daarvan aan dat hy en sy persoonlike assistent, Sarah Jane Trent, hulle voorgedoen het as lede van Opod. McBride het in ’n sessie voor die parlementêre komitee oor polisie gesê die aantygings sal nie die toets van ’n hof deurstaan nie.

Die hele kwessie is ’n ernstige bron van kommer oor die funksionele stand van die land se strafreg stesel en die manipulering van wetstoepassingsinstansies vir politieke doeleindes. Die moonlike onwettige aard van O’Sullivan en veral Trent se inhegtenisnemings laat ook die rooi ligte flikker. Die publiek wil veilig voel as gevolg van die magte se optrede, nie bedreig nie.

Hopelik sal die howe gouer as later kan uitsluitsel gee oor die meriete van die klagte teen die twee en veral ook oor die bewerings teen Phahlane. En dan is daar ook nog die kwessie van die beweerde onwettigheid van genl.-maj. Berning Ntlemeza, hoof van die Valke, se aanstelling.

Die moeras van korrupsie en bloot algehele onbevoegdheid waarin die ANC as regering en organisasie begin verval, is besig om die funksionaliteit van die staat erg te ondermyn.

Dit lyk asof landsburgers geen ander keuse het nie as om te wag vir twee belangrike oomblikke om te kyk of dit die koers positief kan verander - die uitslag van die ANC se leiersverkiesing later vanjaar en die uitslag van die algemene verkiesing in 2019. Tot dan moet hul wandade op elke moontlike manier ontbloot word, al is dit ’n onstuimige rit.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.