29 Mei 22:53
Kaapstad Verander Area

Dinsdag

22°C / 14°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 47%

Woensdag

19°C / 14°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 71%

Donderdag

19°C / 13°C

Wind 18km/h

Reënval 0

Humiditeit 70%

Vrydag

22°C / 14°C

Wind 21km/h

Reënval 0

Humiditeit 50%

Saterdag

20°C / 16°C

Wind 36km/h

Reënval 7mm

Humiditeit 69%

Sondag

16°C / 14°C

Wind 13km/h

Reënval 2mm

Humiditeit 65%

Kommentaar
Kommentaar:
Bidsaamtrek kans vir opstaan en saamstaan

Derduisende mense word die naweek in Bloemfontein verwag vir die It’s Time-gebedsbyeenkoms buite die stad.

Die byeenkoms is die inisiatief van die prediker Angus Buchan, en die oogmerk is om eendragtig saam te bid oor die huidige situasie in die land.

Min twyfel bestaan dat die land tans ’n krisissituasie beleef en ingryping en verandering nodig is. Pres. Jacob Zuma se kabinetskuiwe waarin hy die minister van finansies vervang het en die daaropvolgende afgradering tot rommel­­­-status deur twee kredietgrade­­rings­­agentskappe is maar net van die jongste woelinge wat allerhande gevaarligte laat flikker. Die massa-optogte en al hoe meer stemme, ook vanuit ANC-geledere, wat opgaan dat Zuma moet bedank, is een aanduiding van die burgery se aandrang op verandering.

Dit is nie net op politieke en ekonomiese gebied wat die land in ’n krisis verkeer nie. Misdaad neem hand oor hand toe, en telkens is die geweld waarmee dit gepaard gaan feitlik ondenkbaar wreed. Korrupsie, meedoënlose najaging van rykdom, blatante verontagsaming van wette en regulasies, vuige vergrype teenoor vroue en kinders en immoraliteit staaf ook etiese en selfs morele verrotting in die land.

Teen dié agtergrond sal min daarvan verskil dat die land en sy mense ook op geestelike vlak indringend selfondersoek moet doen vir ’n bestekopname oor wat verkeerd loop en hoe ’n nuwe koers ingeslaan kan word. Nie net van hoogste politieke hiërargie nie, maar ook danksy persoonlike toewyding vanuit eie huis en haard.

Hiertoe is elke poging om ’n verskil te maak te verwelkom. Des te meer so as die bydrae geskoei is op goeie waardes en beginselvaste voornemens.

Oor geloofsoortuiginge, die Angus Buchan-oplewing inkluis, heers in Suid-Afrika verskeie sieninge, soos dit ’n land met godsdiensvryheid betaam. Diegene wat môre daarheen opruk, glo in die krag van gebed en wonderwerke. En net die feit dat soveel in ’n positiewe gees vergader, dra sigbaar daartoe by om die land op ’n pad van herstel en genesing te plaas.

Verandering geskied wanneer mense opstaan, saamstaan en deelneem om ook deur eie voorbeeld iets te doen aan wat in die land skort.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.