Stel ons op die proef, vir nuus wat jy kan vertrou. Registreer vir 30 dae gratis
Kommentaar
Ekstremisme kan nie bestry word met ekstremisme

In die geheel genome het die Nederlandse kiesers ’n keuse vir die gematigde midde gedoen toe hulle verlede week ’n nuwe parlement gekies het.

Die groot vrees by gematigde mense – sowel in Nederland as elders in Europa – was dat die populistiese Partij voor de Vrijheid (PVV) van die omstrede politikus Geert Wilders ’n deurbraak sou maak.

Wilders, wat in sy politieke optredes veral deur sy geskel en onmanierlikheid opval, wil die land uit die Europese Unie lei, die gulden herstel, alle moskees sluit en die besit van die Koran verbied – alles onhaalbare drome.

Die regse populiste gaan vordering maak, maar ver van ’n deurbraak bly.

Erger nog, hy het in die verkiesingsveldtog te kenne gegee dat hy die demokrasie en die regstaat wil beperk om die bedreiging van die Islam die hoof te bied. Met ander woorde, hy wil die Nederlandse “vryheid” beskerm deur dieselfde vryheid aan te tas.

Dit is eintlik logies, want Wilders gedra hom in sy party soos ’n absolute diktator. Sy party hou nooit kongresse nie en het slegs één lid – hy self. Niemand in die PVV kan hom tot verantwoording roep nie.

Die vrees was voorts dat ’n PVV-deurbraak ’n voorbode vir ’n regs-populistiese deurbraak in die Franse en die Duitse verkiesing van later vanjaar sou wees.

Die Nederlandse uitslag stem ooreen met die voorspellings vir Frankryk en Duitsland. Die regse populiste gaan vordering maak, maar ver van ’n deurbraak bly.

In Nederland het die kiesers oorweldigend gestem vir partye wat in of rondom die politieke sentrum geleë is. Dit was ’n verstandige keuse, want Europa het leiers nodig wat met hul verstand regeer, pleks van dié wat meen emosionele krete en beledigings is die manier om te lei.

Waartoe dergelike optrede kan lei, het Duitsland en Italië in die vorige eeu in die persone van Adolf Hitler en Benito Mussolini gesien. Dit sien Suid-Afrika tans ook met die vlaag populisme wat in verskillende gedaantes oor die land spoel.

Die beste antwoord op ekstremisme is nie méér ekstremisme nie. Dit is veel eerder in ’n verstandige en prinsipiële gematigdheid geleë.

Meer oor:  Geert Wilders  |  Nederland  |  Politiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.