26 April 13:44
Kaapstad Verander Area

Woensdag

20°C / 16°C

Wind 21km/h

Reënval 0

Humiditeit 78%

Donderdag

20°C / 15°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 76%

Vrydag

22°C / 15°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 66%

Saterdag

27°C / 17°C

Wind 21km/h

Reënval 0

Humiditeit 41%

Sondag

20°C / 17°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 77%

Maandag

19°C / 15°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 83%

Kommentaar
Kommentaar
Hier lê nou ’n vurk in die pad vir die DA voor

Die DA staan voor ’n moeilike besluit ná premier Helen Zille se onbesonne twiet.

Laat dit duidelik gesê word: Kolonialisme was ten eerste ’n geskiedkundige verskynsel wat enorme verlies en lyding onder die onderworpenes daarvan veroorsaak het, ook hier in Suid-Afrika.

Om dan in ’n twiet (beperk tot 140 karakters) uit te wei oor die vermeende “voordele” daarvan sou noodwendig as ’n miskenning van ’n baie pynlike geskiedenis gelees word. Hiervoor moet groot begrip wees – des te meer in ’n party wat roem op sy veelrassige aard en hom aan kiesers as ’n alternatiewe regering voorhou.

Die spanning wat die Zille-twiet veroorsaak, in én buite die DA, het egter ook te make met die belewenis van baie wit mense dat dit wat hulle het om te bied in die huidige bestel misken word.

Ook hiervoor moet begrip wees, al is ’n verdediging van kolonialisme of apartheid die verkeerde manier om oor dié probleem te praat.

Nou sit die DA met ’n Gordiaanse knoop.

Zille se historiese bydrae in die stryd teen apartheid en in die projek om gelyke regte vir mense van alle rasse gevestig te kry, is bo verdenking. Dit geld ook haar bydrae in die DA om die party as ’n tuiste vir kiesers van alle rasse uit te bou.

Dit is egter juis wat die DA se besluit oor Zille se toekoms so kompleks maak. As die DA hoop om in die verkiesing van 2019 verder te groei, kan hy allermins bekostig om swart steun te verloor.

Baie kiesers, én sommige van Zille se kollegas, sal eis dat sy van haar amp onthef word. Terselfdertyd kan die party nie bekostig om sy konserwatiewer ondersteuners, wat hy veral danksy die eenwording met die NNP verkry het, te vervreem nie. As Zille onthef word, sal dit vir baie ’n bevestiging wees van die persepsie dat die DA ’n “ANC Lite” is.

Die besluit wat die DA (én Zille) oor haar toekoms neem, sal ’n rigtende invloed uitoefen op nie alleen die toekoms van dié party nie, maar bes ­moontlik ook op die karakter van ons nasionale debat. Mag die episode in dié opsig dan ook dien as herinnering dat die noodsaak om onderlinge begrip tussen mense van verskillende rasse te kweek, nog veel belangriker is as die aanteken van goedkoop politieke punte.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.