25 Maart 21:32
Kaapstad Verander Area

Sondag

21°C / 14°C

Wind 23km/h

Reënval 0

Humiditeit 61%

Maandag

20°C / 15°C

Wind 20km/h

Reënval 0

Humiditeit 74%

Dinsdag

20°C / 15°C

Wind 34km/h

Reënval 0

Humiditeit 62%

Woensdag

22°C / 15°C

Wind 20km/h

Reënval 0

Humiditeit 55%

Donderdag

23°C / 16°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 58%

Vrydag

20°C / 14°C

Wind 18km/h

Reënval 0

Humiditeit 80%

Kommentaar
Kommentaar
Volksblad sê: Hoe gaan ons VS-ekonomie red?

Die Vrystaatse regering het ’n plan om die ekonomiese omstandighede in die Vrystaat om te draai.

In normale omstandighede kan dié woorde van Tiisetso Makhele, woordvoerder van premier Ace Magashule, soos musiek in elke Vrystater se ore klink, maar die geskiedenis het al geleer dat sulke woorde veral uit regeringsgeledere baie keer holklinkend met leë beloftes is.

Sekerlik elke inwoner van die provinsie is saam met Roy Jankielsohn en die DA “geweldig hartseer” oor Statistieke Suid-Afrika se skokkende syfers dat 68 000 Vrystaters in 2016 hul werk verloor het, die hoogste in die land.

Van dié 68 000 poste is meer as 64 000 in die formele sektor.

Dit is so dat die knellende droogte wat die land die afgelope twee jaar teister, die ekonomie ’n geweldige knou toegedien het, veral wat die landbousektor betref. Ná goeie reën die laaste paar weke en lande wat geil staan, lyk die vooruitsigte weer beter. Om egter die skade naastenby te herstel, gaan nie oornag gebeur nie.

Die regering sal met daadwerklike planne vorendag moet kom om 485 000 werkloses
uit ’n werksmag van 1 160 000 mense in die arbeidsmark terug te plaas en sodoende te verseker dat tienduisende gesinne daagliks kos op die tafel het.

Mense wat nie werk het nie, verval in armoede. Dié kombinasie lei tot ’n toename in misdaad, het die geskiedenis ons ook geleer.

Alida Kok skryf hiernaas in Brandpunt dat tussen 2015 en 2016 18 673 moorde in Suid-Afrika gepleeg is. As jy geld het, kan jy betaal om jou veiligheid – én jou lewe – in ’n mate te verseker. Maar as jy arm is, is jy uitgelewer aan dié skrikwekkend eskalerende neiging.

Makhele praat van die ANC se radikale ekonomiese transformasieprogram, radikale belegging in infrastruktuur en nywerhede wat geskep gaan word.

Die Vrystaatse gemeenskap wil baie graag weet wat dit behels, want almal sien uit na ’n provinsie waar werkloosheid uitgeroei word (as mense werk en kos op die tafel het, is die behoefte om te steel en te moor baie minder), waar dienste gelewer word en korrupsie nie bestaan nie.

Hoe gaan ons dit doen, premier Ace?

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.