30 Mei 05:31
Kaapstad Verander Area

Dinsdag

22°C / 14°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 46%

Woensdag

19°C / 14°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 72%

Donderdag

19°C / 13°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 71%

Vrydag

21°C / 13°C

Wind 20km/h

Reënval 0

Humiditeit 52%

Saterdag

20°C / 16°C

Wind 37km/h

Reënval 0

Humiditeit 71%

Sondag

17°C / 14°C

Wind 13km/h

Reënval 3mm

Humiditeit 70%

Kommentaar
Die Burger: Kommentaar
Woordfees help dat die kunste volhoubaar bly

Die pas afgelope Woordfees het vanjaar nogmaals ’n enorme bydrae gemaak om te sorg dat die kunste (ook en dalk veral in Afrikaans) ’n volhoubare bedryf is waar gehalteproduksies tot ’n groter gehoor spreek en só ook ’n stem in die nasionale debat in Suid-Afrika is.

Eerstens geluk dus met ’n puik program. En tweedens, geluk met die wyse waarop weer bewys is dat Afrikaans – as gróót deel van die feesaanbod – jou nie diskwalifiseer om deel van die nasionale debat te wees nie.

Tydens verlede jaar se fees is verskeie geleenthede ontwrig deur protesgroepe wat breedweg met die #FeesMustFall-beweging geassosieer is. Vanjaar was dié soort voorvalle – waar ontwrigting dalk met protes verwar is – grootliks afwesig.

Met die afloop van verlede jaar se fees het Die Burger die punt gemaak dat die fees deel van die breër universiteitslandskap by Maties is en daarom sou protes, gegewe spanning op die kampus oor Afrikaans en ander sake, seker te wagte wees.

Die kunste, ook die Woordfees, móét ook ’n voertuig vir protes wees, maar ’n belangrike onderskeid moet getref word: Protes en ontwrigting is nie dieselfde ding nie. Protes en die miskenning van ander se grondwetlike regte (byvoorbeeld vryheid van spraak) is ook nie dieselfde ding nie.

Die uitdaging wat Die Burger indertyd gerig het, was dat daar eerder gekyk word hoe protes deel van die volgende Woordfees-program kon word, synde die kunste by uitstek ’n middel tot protes is.

Daarom is dit bemoedigend dat die afwesigheid van ontwrigting by vanjaar se fees (dis nou behalwe dalk vir ’n tierende Suidoos), aangevul is met produksies soos The Fall, waarin diep gedelf is oor die onderliggende elemente, emosies en belewenisse van kampusprotes. Baie sou deur só ’n produksie uit hul gemaksone gestoot word.

Die feit dat die fees nie net in die middedorp aangebied is nie maar ook in Khayamandi, Cloetesville en Idasvallei, het gedien as fisieke vergestalting hiervan. Só is een feesdorp geskep waar wit, bruin én swart feesgangers uit hul gemaksones gestoot kon word. Dít is presies wat die kuns­te in ’n land soos Suid-Afrika moet doen. Die Burger is ’n publikasie van Media24, ’n medeborg van die Woordfees.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.