21 Augustus 08:41
Kaapstad Verander Area

Maandag

16°C / 13°C

Wind 28km/h

Reënval 8mm

Humiditeit 79%

Dinsdag

14°C / 12°C

Wind 25km/h

Reënval 7mm

Humiditeit 64%

Woensdag

14°C / 11°C

Wind 24km/h

Reënval 4mm

Humiditeit 75%

Donderdag

14°C / 12°C

Wind 25km/h

Reënval 3mm

Humiditeit 60%

Vrydag

16°C / 12°C

Wind 25km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 64%

Saterdag

17°C / 11°C

Wind 26km/h

Reënval 0

Humiditeit 65%

Menings
ANC ‘bang en op verdediging’
Rapule Tabane

Die gebeure van die afgelope week het min of meer verloop soos in dié rubriek voorspel is. Dit was veral die geval met die inhoud van pres. Jacob Zuma se staatsrede, wat besaai was met verwysings na radikale ekonomiese transformasie en die grondkwessie, en ontdaan van enige nuwe beleidsvoorstelle.

Wel redelik verrassend was die ongekende veiligheidsvlakke op die dag van die staatsrede. Ons het oor die jare heen toenemende veiligheid beleef, maar dit was erger as ooit tevore.

Daar is heeltemal oorboord gegaan met die ontplooiing van meer as 400 weermaglede, veral in verhouding tot die bedreiging waarvan ons almal bewus was: 25 EFF-LP’s.

Met die ontplooiing van weermaglede, die beperkings op die media in die parlement en die oprigting van meer versperrings by die parlementêre terrein, het die ANC soos ’n party onder beleg opgetree. Hierdie party het 62% van die stemme in 2014 verower, maar tree dikwels op soos ’n minderheidsparty wie se regte aangeval word.

Die buitengewone maatreël om gewone polisielede wat gewoonlik om die parlement ontplooi word te ignoreer om “taai” buitestanders te huur, het nie net parlementêre personeel ontmoedig nie, maar verg verdere ondersoek.

Dit is slegs ’n gebrek aan vertroue wat dié gedrag kan meebring.

Die blote feit dat die staatsrede gehandel het oor ’n onderwerp wat die ANC vir ’n hele wyle vermy en selfs lede geskors het as hulle dit geopper het, het boekdele gespreek. Nadat die ANC gesien het hoe die EFF homself polities deur beloftes oor ’n radikale ekonomiese program en ’n onversetlike standpunt oor grond posisioneer, probeer die ANC dié ruimte nou weer opeis.

Daar was ’n tyd toe die ANC homself ’n samelewingsleier genoem het. Sy populêre leuse is: “Die ANC lei! Die ANC leef!” Nou lyk dit of die party op die verdediging is, asof hy aangeval word.

Waar hy die kans het om wanpraktyke van ampsdraers te onthul, soos in die nuwe metropole onder DA-beheer, het die party homself nie voldoende laat geld nie. Toe Herman Mashaba, burgemeester van Johannesburg, in die strate van Rosettenville ID-dokumente van mense op straat gevra het om onwettige inwoners die stryd aan te sê, was die ANC nêrens in sig om daarop te wys hy oorskry sy magte nie.

Daar word ingevolge geen wet van Suid-Afrikaners verwag om altyd ID-dokumente by hulle te hê nie, derhalwe het geen burgemeester die reg om daarop aan te dring nie.

Die meeste van die ANC-LP’s het hul reaksie op die staatsrede aan aanvalle op hul DA-opponente gewy. Toe die ANC se laaste spreker die debat afgesluit het, het die grootste deel van sy toespraak ’n aanval op die DA behels.

Die waarnemende premier van KwaZulu-Natal, Sihle Zikalala, het die DA onmiddellik begin aanval: “Om stemme te werf, maak die DA daarop aanspraak dat hy die belange van swart mense verteenwoordig, tóg het hy hulle in die praktyk onderdruk.” En so meer.

Talle ander voorbeelde illustreer die beleggingsmentaliteit. Toe die DA ’n oomblik van stilte vra vir 94 psigiatriese pasiënte wat in Gauteng dood is, het die speaker, Baleka Mbete, geweier bloot omdat die DA dit voorgestel het. Deur dit te doen, het Mbete kleingeestig voorgekom en talle in die ANC het ook haar oordeel bevraagteken.

Dit is slegs ’n gebrek aan vertroue wat dié gedrag kan meebring. En as die ANC so bang, vreesbevange en op die verdediging is terwyl hy aan die bewind is, kan ’n mens nie help om te wonder hoeveel meer dit die geval sal wees wanneer hy besef hy staan op die punt om die mag te verloor nie?

  • Tabane is politieke redakteur van City Press.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.