26 Junie 21:05
Kaapstad Verander Area

Dinsdag

15°C / 12°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 78%

Woensdag

15°C / 12°C

Wind 11km/h

Reënval 10mm

Humiditeit 62%

Donderdag

16°C / 9°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 68%

Vrydag

15°C / 12°C

Wind 20km/h

Reënval 9mm

Humiditeit 81%

Saterdag

16°C / 10°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 71%

Sondag

16°C / 12°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 78%

Menings
ANC-LP’s sal nie teen Zuma stem

Hoe meer pres. Jacob Zuma gestriem word vir sy onbesonne besluite en die druk vir hom om sy pos te ontruim toeneem, hoe meer wys hy vir sy kritici die middelvinger. Die vinger is nie net gerig op opposisiepartye nie, maar ook op invloedryke leiers van sy eie party.

Suid-Afrika het reeds ’n prys betaal vir sy roekeloosheid met die afgradering deur die graderingsagentskap Standard & Poor’s (S&P) van die land se soewereine skuld na rommelstatus. Die land beleef ’n seminale oomblik.

Ons het verlede week ’n paar ongekende oomblikke beleef. Eers het die ANC se sekretaris-generaal, Gwede Mantashe, te kenne gegee dat die lys van veranderinge aan die kabinet wat Zuma met die party se topses-leiers gedeel het voor sy kabinetskommeling verlede Donderdagnag “van elders” gekom het. “Van elders” is wyd vertolk as komende van die Gupta-familie.

Mantashe se opmerkings is gevolg deur adj.pres Cyril Ramaphosa wat gesê het hy was gekant teen die president se besluit en dat hy sy standpunt in die openbaar sou verklaar. Ook die ANC se tesourier-generaal, Zweli Mkhize, ’n bekende Zuma-vertroueling, het sy misnoeë te kenne gegee.

Zuma het hom min hieraan gesteur en ongesteurd voortgegaan om sy nuut aangestelde ministers ingesweer te kry. Opposisiepartye is nou behoorlik op die oorlogspad met dreigemente van ’n georkestreerde parlementêre mosie van wantroue in Zuma.

Dis waarskynlik die eerste keer dat die belange van opposisiepartye en leidende ANC-leiers in lyn is met mekaar. Dit is egter onseker of die posisies van Ramaphosa, Mantashe en Mkhize omgeskep kan word in daadwerklike stappe om van Zuma ontslae te raak. Sal hulle byvoorbeeld in ’n mosie van wantroue teen hom stem? Waarskynlik nie, selfs al sou dit in ’n geheime stemming wees.

Zuma se optrede het die rand meer as 5% van sy waarde laat verloor. Die JSE het honderde miljarde rande se waarde prysgegee.

Dit was wel nie op dieselfde skaal as met Zuma se vorige vergryp – die middernagtelike afdanking van Nhlanhla Nene as minister van finansies in Desember 2015 nie.

Die bal is in die ANC se baan. Zuma is hul maaksel en hulle kán hom stuit.

Dit het dalk te doen met die feit dat Zuma se optrede dié keer nie so onverwags was nie.

Die vraag is, wat nou? Die bal is in die ANC se baan. Zuma is hul maaksel en hulle kán hom stuit. Die party het twee baie belangrike vergaderings vanjaar – ’n beleidskonferensie in Junie en ’n verkiesingskonferensie in Desember. Zuma sál Desember deur iemand vervang word as ANC-leier. Hy hoop dit sal iemand wees wat hom in sy aftrede goedgesind sal wees en hom sal beskerm teen vervolging op honderde hangende klagte van korrupsie.

Sulke beskerming sal waarskynlik nie van Ramaphosa, ’n moontlike opvolger, kom nie. Die kanse is groter dat die ander gunsteling om hom op te volg, sy voormalige vrou Nkosazana Dlamini-Zuma nie ongeneë sal wees om hom te beskerm nie.

Dis dalk een van die redes waarom die ANC nie nou teen hom sal optree nie. Hy sal nie meer lank in die rondte wees om nóg skade aan te rig nie.

Intussen is dit belangrik dat die opposisie en die burgerlike samelewing die druk op Zuma hou. Die opposisiepartye se beplande mosie van wantroue in die president sal waarskynlik onsuksesvol wees. Hulle sal minstens vyftig ANC-LP’s moet oorreed om teen hul leier te draai. Daar is geen bewys dat dit haalbaar is nie. Inteendeel, daar is meer as voldoende presedent dat die ANC bankvas agter Zuma sal staan.

Dit laat ’n wrang smaak in die mond, maar dit is, helaas, die realiteit van ons politiek.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.