25 Maart 21:41
Kaapstad Verander Area

Sondag

21°C / 14°C

Wind 23km/h

Reënval 0

Humiditeit 61%

Maandag

20°C / 15°C

Wind 20km/h

Reënval 0

Humiditeit 74%

Dinsdag

20°C / 15°C

Wind 34km/h

Reënval 0

Humiditeit 62%

Woensdag

22°C / 15°C

Wind 20km/h

Reënval 0

Humiditeit 55%

Donderdag

23°C / 16°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 58%

Vrydag

20°C / 14°C

Wind 18km/h

Reënval 0

Humiditeit 80%

Menings
Barnard Beukman: Derde Weg dringend gevra vir uitgeputte taaldebat
Barnard Beukman

Hy wil weemoedig in sy hande ween as hy oor die universiteite se taalkwessie ’n “koerant oopslaan en nogmaals ’n analise, artikel, brief of rubriek sien”, só snuifgetrap is dit al, volgens Gerhard van Huyssteen, skrywer van Beeld se verpligte-uitknip-en-hou-taalrubriek, Woordwisseling, op Vrydae.

Moontlik is dit omdat die taaldebat nog vasgevang is in die mantra van genl. J.B.M. Hertzog, wat vroeg in die vorige eeu net twee moontlikhede uitgestippel het: “Die een is om afstand te doen van hul taal en dus volkskarakter en die tweede is om as mense met eer en self­­re­spek vir die behoud van hul taal te stry.”

Om buite konteks te gaan leen by die destydse politieke dogma van ’n jong Tony Blair sou beteken dat hier ’n ander uitweg nodig is, ’n nuwe Derde Weg.

Dit moet die skaakmat van idees breek om plek te maak vir nuwe, kreatiewe denke en geesdrif. Dit hoef nie ’n soort oormatig gebalanseerde middelgrond te wees nie, maar kan selfs op ’n heeltemal nuwe rigting dui.

En dan het die geskorste SAUK-joernaliste die afgelope week vir ons almal ’n historiese les in inklusiwiteit geleer.

Een gevaar van so ’n nuwe weg is gewoonlik dat dit uit twee rigtings teengestaan word.

Volgens die ontleders is dit die ou linkses, want hulle kon nog nooit iets laat werk nie. En die nuwe regses, want hulle kon nog nooit iets doen wat werklik goed is nie.

Oor wat so ’n Derde Weg vir Afrikaans kan behels, is dit oor na almal wat in of tussen Hertzog se twee moontlikhede vasgevang sit, om dit te help uitkap.

Dit hoef ook nie ’n groot en dramatiese en nuwe insig te wees nie. Nuttige elemente wat reeds geopper is, kan steeds op die tafel wees soos om ten volle te gaan benut wat vir Afrikaans beskikbaar bly by universiteite en meer bronne te skuif na private instellings. Baie meer aktiewe steun te gee vir inisiatiewe soos Afrikaans.com (gaan kyk vandag nog aanlyn) en die Virtuele Instituut vir Afrikaans.

Deur net een meer Afrikaanse koerant per week as gewoonlik te koop, of een meer tydskrif per maand, of een meer boek per halfjaar, kan die taal se spierkrag drasties verhoog. Of deur ’n maandelikse inskrywing op Netwerk24 en deelname aan die ATKV en soortgelyke organisasies se vele inisiatiewe – gaan kyk, almal het webwerwe.

Iewers sal elkeen ’n gepaste plekkie kry om ’n verskil te maak. Ouers kan twee keer dink voor hulle Afrikaanse skole heeltemal versaak.

En die geskorste SAUK-joernaliste het die afgelope week vir ons almal ’n historiese les in inklusiwiteit geleer. Hoewel hul stryd oor vryheid van spraak en media gaan, is verskeie Afrikaanssprekendes betrokke – met RSG, Monitor en Spektrum in die middelpunt van die storm – op ’n manier wat Suid-Afrikaners oor die hele spektrum aan dieselfde kant saamgebind het.

Dalk is dit die Derde Weg.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.