Stel ons op die proef, vir nuus wat jy kan vertrou. Registreer vir 30 dae gratis
Menings
Beroepspolitici kan ons redders uit JZ-kloue wees
Barnard Beukman

Almal ken die spesie.

Dit gaan grootliks oor ’n plek in die parlement en die salaris.

Beginsels en beleid is gewoonlik lastige administrasie wat veral verkiesingstyd gedoen moet word. En dit kan maklik verruil word as daar beter beroepsgeleenthede by ’n ander party is. 

Daardie siening het ’n aandeel daarin gehad dat kiesers hul rug op sulke politici begin keer het en dat hulle onkonvensionele keuses maak, selfs in Amerika, Frankryk en Brittanje.

Ja, daar was intense debatte oor grondverdeling, witmonopoliekapitaal, die onafhanklikheid van die Reserwebank en radikale ekonomiese transformasie op die ANC se afgelope beleidskonferensie. 

In baie opsigte het die byeenkoms inderdaad vir pres. Jacob Zuma se kamp skeefgeloop. Hy kon nie sy Bell Pottinger-mantra afgedwing kry soos hy graag sou wou nie.

Maar weg van die konferensievloer se gewoel en nog voordat dit gebeur het, was dit al die afgelope maande uit gesprekke duidelik dat veral die ANC-voetsoolpolitici bang is daar gaan heelwat minder van hulle in 2019 herkies word.

Dit het ’n groot onrustigheid geskep oor vir wie daar nog plek op partylyste gaan wees en wie die paal gaan haal as die ANC heelwat minder stemme kry. 

Die oorblywende 157 dae tot die ANC se leiersverkiesing gaan soos ’n riller, boeiend maar ook angswekkend, wees.

En toenemend word die Zuma-kamp as ’n meulsteun om die nek vir wenpolitiek by die stembus gesien en word alternatiewe soos adj.pres. Cyril Ramaphosa oorweeg.
LP’s en wetgewerlede wat nog ’n termyn wil dien, sien hom toenemend as ’n sterker opsie om meer sitplekke te kan behou en meer as 50% van die stemme te kry, wat 100% van die kabinetsposte verseker.

Vandaar ook die onderliggende spanning wat toenemend tussen die ANC-koukus in die parlement en die nasionale leierskap uitslaan. 

Dit pas waarskynlik nie hul strategie om ’n gewaagde skuif te maak wanneer die opposisiepartye se wantrouemosie binnekort op die agenda is nie. 

Dus gaan net dié van hulle wat wel gereeld in hul streke kom en die nodige invloed bv hul takke het, die spel kan beïnvloed. En dit is ook net sommige wat die moeite doen.

Maar die druk om persoonlike oorlewing tot elke prys, wat hulle juis so gehaat maak by baie, kan die finale golf skep wat Ramaphosa nodig het om die paal te haal.
Die meeste ANC-gespreksgenote glo die laaste tyd dit gaan maar enduit hy teen dr. Nkosazana Dlamini-Zuma wees. 

Hulle lys ander moontlikhede of “kompromiskandidate” soos volg: Zweli Mkhize (stewig en die sterkste buiteperd, maar te verbeeldingloos en gemiddeld), Lindiwe Sisulu (heeltemal te lig vir die rol en sukkel in haar portefeuljes), Jeff Radebe (te neutraal wanneer dit saak maak), Baleka Mbete (kom ons bly ernstig), Mathews Phosa (sy tyd is verby), van die premiers, soos Ace Magashule en David Mabuza (hul invloed is belangrik, maar word oorskat).

Die oorblywende 157 dae tot die ANC se leiersverkiesing gaan soos ’n riller, boeiend maar ook angswekkend, wees. 

Meer oor:  Jacob Zuma  |  Salaris  |  Parlement
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.