24 Maart 14:08
Kaapstad Verander Area

Vrydag

20°C / 16°C

Wind 44km/h

Reënval 0

Humiditeit 58%

Saterdag

22°C / 14°C

Wind 25km/h

Reënval 0

Humiditeit 46%

Sondag

22°C / 15°C

Wind 23km/h

Reënval 0

Humiditeit 62%

Maandag

20°C / 17°C

Wind 23km/h

Reënval 0

Humiditeit 67%

Dinsdag

21°C / 16°C

Wind 35km/h

Reënval 0

Humiditeit 63%

Woensdag

24°C / 16°C

Wind 22km/h

Reënval 0

Humiditeit 54%

Menings
Blouwillem: Toe skoot klap, hol ons saam met Wayde
Blouwillem

Mensig, praat nou van ’n gewayde oomblik dié week!

Ek en vroulief het dié oggend soos daar in die jare toe ou Awie Lawweskagnie nog in die hanekraai-ure die Bokke se toetse uit Nieu-Seeland uitgesaai het, die ou wekkertjie vir kwart voor drie gestel en ons voor die TV tuisgemaak.

Die vorige aand láát al die fles koffie reggesit. So vroeg en koud dat ons die TV se buis met ’n warmwatersak moes aanmoedig, maar toe die skoot klap, is ons saam met ons mannetjie uit die blokke.

En toe onse vaalseun daai eerste draai vat, lê ek saam met hom so skeef op my Lazy Boy-leunstoel soos ’n ou wat tussen Sabie en Graskop motorfiets ry.

In die agterste vlak hardloop ek langs hom tussen die TV-kas en die side board en toe hy daai laaste draai vat, eenkeer vinnig in sy tru-spieëltjie kyk en toe teruggooi in ’n laer rat, toe’s ek vier treë voor hom.

Nou ja, die res is geskiedenis. Hy’s drie treë voor die drankkabinet by my verby, maar ek het nie omgegee nie. Trouens, ek is toe daar uitasem langs die drankkabinet, en ja, toe verander ek sommer ons ou koffietjies na ’n dubbel polisiekoffie.

Dik Daan vertel eenkeer van sy buurman wat elke maand sy trouvideo agteruit speel om dié deel te kyk waar hy wat buurman is sy bruid vir sy skoonpa teruggee.

Wel, net so sit ek nou al vir amper ’n week en kyk oor en oor na daai deeltjie waar die slim kommentator vertel hoe die “moeë” Wayde se “tired tyres” nou enige oomblik gaan afval en hoe vaalseun dan sowaar terugskakel na nóg ’n laer rat en die ander spul na parkeerplek laat soek.

Terloops, die toelatingsvereiste vir universiteite is aangepas.

Nee kyk, daai was nou so liplekker soos Caster en malvapoeding!

Oor die Bokke se getjommel in Mbokblêra sal ek eers kommentaar lewer nadat ek later vandag die een en ’n kwart minuut lange hoogtepunte op TV saam met Toetie Kortzee se tegniese span en die bagasiemeester ontleed en die res van die video agteruit in stadige aksie bestudeer het. Intussen weerhou ek my van enige kommentaar op grond van regsadvies ingewin oor potensiële lasteraksies.

Ja, #Feesmustfall, oftewel #Feestemoetval! Met Nommer Een wat weer besluit het dat verhoging in klasgeld vir die voëls is, wag ek en my ou maters nou in spanning dat die boodskap van gratis en verniet en pasella universiteitsopleiding moet deurkom, sodat ons kan gaan inskryf.

Om ons op grond van ons gevorderde jare te weier sal sekerlik “onkonstitioneel” en wreed wees.

Terloops, die toelatingsvereiste vir universiteite is aangepas. Jy moet óf “kat” die eerste keer reg kan skryf óf “onkonstitusioneel” binne die eerste drie jaar. En, my Kroon, ons wil natuurlik ook weer plek in ons ou koshuis hê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.