30 April 18:37
Kaapstad Verander Area

Maandag

19°C / 16°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 82%

Dinsdag

20°C / 15°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 71%

Woensdag

22°C / 15°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 68%

Donderdag

21°C / 16°C

Wind 12km/h

Reënval 0

Humiditeit 68%

Vrydag

18°C / 16°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 74%

Saterdag

17°C / 16°C

Wind 22km/h

Reënval 0

Humiditeit 81%

Menings
Bly jy of gly jy uit Zumastan, my vriend?

So, gaan ons bly of gly?

Ons is leierloos, taalloos en eersdaags dalk grondloos en Zille-loos. O ja, ons sal ook sonder Spur se gratis hamburgers op Maandae moet oorleef.

Dus kan ons mos maar gly, of hoe? As jy wil Engels wees, kan jy dit net sowel in Amerika gaan word. Of in Engeland, Australië of Nieu-Seeland. As jy bly, moet jy maar elke dag jou hap Zuma-gif inkry saam met al die ander slegte nuus – en ’n al beter kans staan om die slagoffer te word van misdaad.

As Zuma die week Pravin Gordhan gaan fire, gaan dit amper te laat wees om te waai. Jou geld gaan oornag gehalveer word. Selfs Zim, waar jy al in dollars moet hoes, gaan te duur word.

Dis net die misdadigers wat nog lekker hier kan bly. Soos die verdagte in die O.R. Tambo-rooftog wat in die hof getuig het hy verdien R400 000 per maand.

Ek bly dus net hier. En ek bly trots Afrikaans en Suid-Afrikaans . . .

En elke dag kry ek ’n aanmaning van die SABC om my TV-liksens te betaal, of hulle gaan my toesluit. Maar Hlaudi Motsoeneng, wat die plek met miljarde rande skuld gelos het, kry ’n konsert in Qwaqwa wat heel waarskynlik met my en jou geld betaal is. Hlaudi, boet, onthou jy die dae toe ek en jy nog toebies in die einste Qwaqwa se strate gedeel het?

Ons kon darem ook lekker weglê aan die ou apartheidstaat se kos as ons hoofman T.K. Mopeli se toesprake in sy tuisland-parlement moes dek. Alles het dramaties verander, en tog het niks regtig verander nie, of hoe, Hlaudi? Vals leiers in kakie het nou vals leiers met Rolex-horlosies geword.

As jy bly, gaan jy al hoe meer geteiken word omdat jy wit of bruin en Afrikaans is, ’n Indiër, ’n plaaseienaar, sakeman (swart, wit, bruin en Indiërs word aangeval en vermoor bloot omdat hulle besighede het), of bloot “bevoorreg” getjap is, terwyl die eintlike bevoorregtes miljarde steel. Jy gaan net een van die huilendes op die dek van die Titanic word wat vinnig sink aan die hand van ’n onbevoegde, dwase leier.

As jy na Trump Valley koers kies, kies jy ’n land met ’n leier wat ook skaars lees en pas ’n uitvoerende bevel geteken het om die “oorlog teen steenkool te stop” en letterlik oorlog teen die omgewing verklaar het. Een vernietig sy eie land, ’n ander hierdie brose planeet. Jy bly uitgelewer aan dwaasheid.

Die uitgewekenes na Doer Onder kies ook nie net ’n land wat se rugby en krieket vrotter as ons eie land s’n is nie, maar daar baklei die Saffers nou so erg onder mekaar omdat hulle mekaar as “aaklig” bestempel, dat jy nie Zuma of Malema nodig het om jou bier te bederf nie.

Ek bly dus net hier. En ek bly trots Afrikaans en Suid-Afrikaans ondanks ’n president wat my wil weg hê en my plaas wil vat. Hierdie land en sy oorgenoeg eerlike, goeie en hardwerkende mense sal dwaasheid oorwin. Al wat moet waai, is Zuma, die plunderaars en moordenaars.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.