29 Mei 23:03
Kaapstad Verander Area

Dinsdag

22°C / 14°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 47%

Woensdag

19°C / 14°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 71%

Donderdag

19°C / 13°C

Wind 18km/h

Reënval 0

Humiditeit 70%

Vrydag

22°C / 14°C

Wind 21km/h

Reënval 0

Humiditeit 50%

Saterdag

20°C / 16°C

Wind 36km/h

Reënval 7mm

Humiditeit 69%

Sondag

16°C / 14°C

Wind 13km/h

Reënval 2mm

Humiditeit 65%

Menings
Die kwetterklas gons behoorlik oor die politiek

Wat dink jy? Waarheen nou? Gaan die eks dit regkry? Sal “hulle” ’n deal met JZ maak?

Waar gons dit nie om menings, oplossings, opruiery, nuuskierigheid, bangmaak nie? Die chattering classes (kwetterklas?) word só genoem waar politieke skinder hoogty vier.

MARTIE RETIEF-MEIRING

Dis nou die tyd om weer jou geskiedenis oor die revolusies van die wêreld, die diktators, die sosiale opsweping, die opkoms en die val van heersers te lees.

Die visuele beelde van die tyd moet analiste, sielkundiges en historici vasgenael hou: Koppe waai, skares op straat. En dan amper teatraal sielig: Die president in ’n T-hemp en bont jakkie verdwerg in ’n diep, oorgrote kunsleerstoel. ’n Wit allamagtige kitscherige stoel van kunsleer. Spierwit. ’n Mugabe-oomblik? Dan praat, snuif en hê-hê onse prez in Zoeloe. Reg so. Stamhoof in Westerse klere?

Rillende spanning elders: ’n Onwaardige polisiehoof word gelas om op sy swaard te val. Hy wil nie. Die gekwetter begin drome sien van algehele “skoonmaak” onder verdagte hoëlui. Maar: Hoeveel kommissies van ondersoek nog, hoeveel vertragings in besluite? Hoeveel rande vlieg landuit?

Ons maak ons afleidings. Maar wat weet ons? Niks verhoed ons om voorstelle te maak nie: kibboetse om die grondeiskwessie te help oplos; ’n ekonomiese Kodesa; volkskongresse; finansiële aansporings om onderwys te swot; partykoalisies.

Hoe meer ons oplos, hoe uitspattiger raak ons. Straatoptogte moet volgehou word. Iemand het ’n app of iets ontwerp sodat ons ons parlementslede op enige dag en enige tyd met vrae kan peper. Verantwoordbaar hou.

Onvermydelik kweel oueres dat ons (synde sogenaamde Afrikaners) al ná die Anglo-Boereoorlog aan Britse imperialisme uitverkoop is. En, soos ’n nadraai: weer in 1994 aan ’n ander soort imperialisme.

Ouers en grootouers praat van emigrasie; opvallend wil jonger mense nie daarvan hoor nie. Immers, sê ons, is die jong generasie kundig, rasioneel en verstaan hulle die moderne staat.

Onvermydelik kweel oueres dat ons (synde sogenaamde Afrikaners) al ná die Anglo-Boereoorlog aan Britse imperialisme uitverkoop is. En, soos ’n nadraai: weer in 1994 aan ’n ander soort imperialisme.

Waagsamer kwetteraars voorsien ’n pakt of ’n Mthembu, Maimane, Malema saam-saam in die toekoms. O die blote gedagte. Hopelik sal die kleredrag in die parlement ’n ander aanskyn hê – hoewel die rooi overalls die Huis nogal soos ’n guitige “kinderbarnie” opkikker.

’n Toeris van Brittanje wat ons Zuma Must Fall-opmars in Stellenbosse strate aanskou het, het met (lyk my) bewondering gesê: “At least your­ politics are dynamic and engaging.” (Dit was wel voor Theresa May se besluit om ’n blitsverkiesing te hou.)

Dynamic. Engaging. Dis iets om aan te dink terwyl ons die volgende strate-toe beplan. ’n Wenk: Dink lekkerder plakkate uit, soos die een van die meisie by ons: My mama said to be careful of this guy. Of dalk minder Zapiro-rig: Hey hamba, man, we want to live.

Of net: Zuma, zoem weg.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.