22 Augustus 09:19
Kaapstad Verander Area

Dinsdag

14°C / 12°C

Wind 23km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 62%

Woensdag

14°C / 11°C

Wind 18km/h

Reënval 2mm

Humiditeit 78%

Donderdag

15°C / 12°C

Wind 27km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 58%

Vrydag

16°C / 11°C

Wind 24km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 61%

Saterdag

18°C / 10°C

Wind 21km/h

Reënval 0

Humiditeit 57%

Sondag

20°C / 12°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 57%

Menings
Die lagie vernis tussen wit en swart is dun
Ivor Price

Soms kan hierdie land jou hart breek. Die een oomblik staan jy nog verwonderd oor die feit dat ons ten spyte van alles redelik goed oor die weg kom, en net daarna bars ’n donderstorm uit wat amper ’n week lank woed.

Nog ’n dag, nog ’n rassestorm hier aan die suidpunt van Afrika – dié keer oor ’n voorval in ’n Spur van alle plekke. Jy moet weet dit is laat in die aand as ons nou al in eetplekke tekere gaan asof ons nie in die afgelope 23 jaar geleer het om mekaar met vergewensgesindheid en deernis te behandel nie.

Selfs erger is die skaamtelose vuishoue, baie daarvan openlik rassisties, wat sedertdien op sosiale media rondgeslinger is.

’n Video van die bekgeveg tussen ’n man en ’n vrou versprei vinniger as ’n veldbrand teen die hange van Tafelberg – en binne oomblikke word daardie fyn lagie vernis tussen ons en hulle met redelike aggressie afgekrap.

Die resultaat? Ons sukkel weer om mekaar in die oë te kyk, asof ons in ’n oogwink die skakerings van die kleur van die liefde vergeet het.

Hoe gebeur dit dat die rassekwessie steeds so sentraal staan in die lewe van postapartheid-Suid-Afrika? Hoe is dit moontlik dat goeie mense – verreweg die meeste van ons – bereid is om so gou weer bokshandskoene aan te trek om houe in die rassekryt uit deel? Is ’n toekoms waarin ons net doodgewoon mens kan wees dan net ’n blote fantasie? Was die reënboognasie waarvan Madiba gedroom het dan net ’n bemarkingsfoefie?

Dit is duidelik dat ons nie langer op politici kan staatmaak om ons na die beloofde land te lei nie. Nee, hier sal ons self moet inspring – en bitter gou ook. Nelson Mandela is dood, en daar was nog nie weer ’n leier wat hom deurlopend vir versoening oor grense heen beywer het nie.

Kyk maar net na al die rasgevegte wat, of dit nou so bedoel is of nie, in die onlangse verlede aangevuur is deur almal van Julius Malema van die EFF, Helen “Kolonialisme” Zille van die DA en Mduduzi Manana van die ANC.

Ons woon in ’n land waar Manana – ’n adjunkminister – nie eens op die vingers getik is nadat hy in ’n debat oor plaasaanvalle (vermoedelik met verwysing na wit mense) “begrawe hulle lewend” geskree het nie.

Ons glimlagte is lank nie meer opreg nie. Ons het duidelik die kuns van voorgee vervolmaak, want van binne is ons stukkend, geskaad en geskend deur die nagevolge van ’n geskiedenis wat ons nooit sal kan vergeet nie. Maar ons sal vorentoe móét beur en mekaar aanspreeklik móét hou . . .

Ek blameer myself. Ek blameer jou ook, want hoeveel van ons is regtig bereid om ons naaste op die vingers te tik wanneer rassisme en rassevoordeel nou en dan sy aaklige gesig wys? Ons kan nie langer maak of ons dit nie gehoor of gesien het nie, want doen ons dit, tuimel ons stadig maar seker die afgrond in.

  • Volg Price op Twitter by @ivorprice.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.