30 Mei 11:26
Kaapstad Verander Area

Dinsdag

22°C / 12°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 44%

Woensdag

18°C / 14°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 74%

Donderdag

18°C / 13°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 70%

Vrydag

22°C / 12°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 52%

Saterdag

21°C / 16°C

Wind 41km/h

Reënval 0

Humiditeit 64%

Sondag

17°C / 14°C

Wind 15km/h

Reënval 3mm

Humiditeit 65%

Menings
Dié parlementslede is wel hul sout werd
Janet Heard is Media24 se parlementêre redakteur.

Talle van die 400 parlementslede (LP’s) word nie gesien of gehoor nie en verdien nie hul jaarlikse salarispakket van R1,03 miljoen met byvoordele nie.

Maar ’n hele klomp ploeter nie bloot voort nie. Hulle het ’n impak en die onlangse werkverrigting van LP’s in die ad hoc-komitee wat die SAUK ondersoek en groot publisiteit geniet het, is ’n voorbeeld van doelgerigtheid.

Daar is presteerders oor die politieke spektrum heen, maar ’n handvol oorwerkte LP’s van kleiner partye verdien spesiale vermelding. Pleks van om deur die groter partye verswelg te word, duik hul bekende gesigte oral op, dikwels met weloorwoë insette.

Die ANC het 249 lede, die DA 89 en die EFF 25, maar kleiner partye het nie die luukse van ’n LP wat hulle oral verteenwoordig nie.

Hulle is yl oor meer as 50 komitees heen gesaai, met die IVP wat as die vierde grootste party 10 lede het, en die ander tussen een en ses.

Mncedisi Filtane is as die hardwerkendste LP benoem.

Hierdie partye moet elke dag moeilike besluite oor die parlementêre program neem. Liezl van der Merwe, IVP-sweep, is byvoorbeeld ’n lid van twee komitees – vroue in die presidensie en maatskaplike ontwikkeling, wat weens die skandaal rondom Sassa se maatskaplike toelaes ’n drukkoker was. Sy is ’n alternatiewe lid van telekommunikasie en posdienste, asook van kommunikasie, wat verlede week ’n tussentydse SAUK-raad gekies het. Elke Woensdagoggend moet Van der Merwe drie vergaderings gelyktydig bywoon – die hoofsweepvergadering, maatskaplike ontwikkeling en telekommunikasie.

Dié 36-jarige LP het deurgaans toerekenbaarheid oor die probleem met maatskaplike toelaes gevra – nie net noudat die krisis breekpunt bereik het nie, maar al minstens ’n jaar lank. Sy het die kwessie in die komitee en die nasionale vergadering (NV) geopper en twee keer vrae aan die minister en ook aan die president gestel. Vanmiddag gaan sy ’n dringende debat oor die krisis in die NV lei.

Van der Merwe mis dikwels troues, familievieringe en aandete-afsprake en neem rieme dokumente huis toe sodat sy die volgende dag geteikende vrae en argumente kan formuleer.

Haar kollega Narend Singh was verlede week oudergewoonte oral teenwoordig en het tersaaklike vrae gestel en skerpsinnige opmerkings gemaak in die NV en toe Lynne Brown die portefeuljekomitee oor openbare ondernemings voorgelig het oor Eskom en haar “probleemkind”, SA Express.

Ander LP’s wat talle balle in die lug hou, sluit in die IVP se Mkhuleko Hlengwa, wat op 29-jarige ouderdom die jonger generasie LP’s verteenwordig, asook die UDM se Nqabayomzi Kwankwa, ’n bankier van beroep wat ’n aktiewe rol in die huis en minstens drie komitees speel, insluitend die staande komitee oor finansies.

Kwankwa se kollega Mncedisi Filtane is as die hardwerkendste LP benoem nadat hy volgens navorsing van die parlementêre moniteringsgroep die meeste komiteevergaderings (70) in 2015 bygewoon het.

Cope se Deidre Carter tel onder ander energieke LP’s van minderheidspartye met ’n groot voetspoor in die parlement.

Die kleiner partye verteenwoordig ’n paar stukke van die parlement se veelparty-legkaart, maar vanweë sommige van hul lede se konsekwente toewyding sal die parlement sonder hulle onvolledig – en armer – wees.

Heard is parlementêre redakteur.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.