Stel ons op die proef, vir nuus wat jy kan vertrou. Registreer vir 30 dae gratis
Menings
Dinge het met pienk Bultrui begin skeefloop
BlouWillem

Dit was gisteroggend by die kerk maklik om te sien wie Saterdagnag die Rooibokke se pajamatoets in Argentinië en die bokssirkus in Las Vegas op TV gekyk het.

Dis die ouens wat nie by die kerk was nie.

Gelukkig het ek veral met boks so deur die jare my lesse geleer.

Ek weet jy sit nie van eenuur die nag af soos ’n meerkat voor ’n gat en wag vir iets om te gebeur nie, want daar gaan niks op aarde aan voor omtrent sonop nie.

Genadig het die Rooibokke darem deurge-trek, maar ek hoop nie ons gaan ooit weer beproef word met dáái aaklige ou kledingstukkie nie.

Soos Dik Daan sê, die meeste van die probleme in ons ou landjie (Kroektas, rommelstatus, werkloosheid, slapeloosheid, losbandigheid, SA Vlugdiens, voël- en bulgriep, runderpes en droogtes) het begin nadat die Bulle destyds met daai simpel pienk trui begin speel het.

En met TV-programme deesdae so vrot dat die skoolkinders saans skelm uit die TV-kamer wegsluip om te gaan huiswerk doen, glo ek al hoe meer aan die genesende krag van boekevat.

En as ek praat van ’n boek, dan praat ek nie van daai ding wat met knoppies werk en soos ’n klein “laptoppie” lyk nie. Ek praat van ’n ding wat op papier gedruk is en wat jy kan saamneem na die kleinste plekkie in die huis, of bed toe as niemand anders ’n bed met jou wil deel nie.

Ek en my ou maters het selfs ons eie boekklub begin.

Ek weet dis seker nie goed vir die boekbedryf nie, maar ons koop en ruil uit.

Terloops, sou Disgrace se immuniteit aansteeklik wees?

My liefde vir ’n boek is maar deur my oorlede ou moedertjie gevorm en haar geskenkboeke ’n opsomming van my lewe: Vaaljas die eensamedonkie, Enid Blyton se Knikkop-reeks, Trompie, Die Uile, Joof en sy maats, Swart Kat, Rooi Jan, die Franse Vreemde Legioen, Doc Immelman, FA Venter, Wat elke seun moet weet, Te vinnig innig, 365 dinge wat elke man moet weet, Men in Midlife Crisis en Aftree sonder sorge.

Dis natuurlik nie dié liewe oumensie se skuld dat ek op my eie Heinz Konsalik se Dogter van die duiwel, Mark Condor, Suster Theresa, Scope, Sewe dae by die Silbersteins en uiteindelik dáái Playboy van Maart 1967 ontdek het en nie sonder sorge sal kan aftree nie.

En met behulp van al hierdie leeswerk het ek ook uiteindelik geleer dat teen die tyd dat jy ’n vrou soos ’n boek kan lees, jy te oud is om ’n biblioteek te begin.

Terloops, sou Disgrace se immuniteit aansteeklik wees? En as die SA Vlugdiens nou vliegtuie verkoop om sy boeke te laat klop, gaan die vlughawebusse wat jou altyd vliegtuig toe gevat het nou sommer deurstoot Kaap toe?

En as die nuusleser op TV jou saans met ’n “Good evening” groet, hoekom gebruik hy dan die volgende halfuur om vir jou te verduidelik hoekom dit nie is nie?

Meer oor:  Blouwillem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.