30 Mei 05:29
Kaapstad Verander Area

Dinsdag

22°C / 14°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 46%

Woensdag

19°C / 14°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 72%

Donderdag

19°C / 13°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 71%

Vrydag

21°C / 13°C

Wind 20km/h

Reënval 0

Humiditeit 52%

Saterdag

20°C / 16°C

Wind 37km/h

Reënval 0

Humiditeit 71%

Sondag

17°C / 14°C

Wind 13km/h

Reënval 3mm

Humiditeit 70%

Menings
Max sê aan Helen: 'Doen die eerbare'
Helen Zille besoek Helenvale in Nelson Mandelabaai tydens verlede jaar se verkiesingsveldtog.Foto: Werner Hills

Die enigste uitkoms van die Helen Zille-Twitter-sage wat die DA nie ’n nekslag gaan toedien nie, is dat sy so gou moontlik uit al haar politieke posisies bedank en uit die politiek tree.

Dit sal ’n hartverskeurende einde aan ’n roemryke politieke loopbaan beteken.

Al wat erger kan wees, vir haar en haar party, is dat sy gaan baklei om aan te bly, haar wit ondersteuners gaan mobiliseer en uiteindelik geblameer word dat sy haar party se groeipotensiaal gekelder het.

As sy nie bedank nie en die DA besluit om haar nie te skors nie, gaan Mmusi Maimane en al die belowende swart leiers in die DA hul geloofwaardigheid verloor en nie maklik weer beskuldigings dat hulle maar net swart pionne van ’n wit magsblok is, suksesvol kan afweer nie.

As sy wel geskors word, gaan die histerie onder baie wit DA-ondersteuners hoog loop en gaan dit die party in ras-gedefinieërde kampe verdeel.

Zille se sonde is tweeledig. Eerstens was dit ’n verstommende oordeelsfout om te dink iets so sensitief en kompleks soos die nalatenskap van kolonialisme hoegenaamd sinryk op ’n medium soos Twitter aangepak kan word.

En dit is nie dat sy nuut is op Twitter nie – sy het al verskeie kere tevore daar kleigetrap en elke keer gekla dat sy misverstaan word.

Tweedens was die bewoording van van haar twiets só ondeurdag dat ’n mens kwalik kan glo sy is ’n ervare, gesofistikeerde politikus.

Sy het goed met haar reeks twiets begin deur te sê ons kan by Singapoer ’n les of twee leer, dié land was immers ook gekoloniseer en is nou baie suksesvol.

Maar ek kon my oë nie glo nie toe ek sien Zille daal toe na die vlak waar sy water in pype en vervoerinfrastruktuur as bewys aanvoer dat kolonialisme ook positiewe gevolge gehad het.

Die ou, kru tegnologie-argument: As die wit Europese kolonialiste nie 360 jaar gelede en die Britte ’n eeu of wat later hier op die suidpunt van Afrika aangekom het nie, sou die stomme swart burgers vandag nog in die Ystertydperk geleef het, so wees dankbaar.

Hoe het Zille gedink sou haar swart landgenote hierop reageer?

G’n wonder nie verstokte ras-fundamentaliste soos Steve Hofmeyr en Kallie Kriel het dadelik tot Zille se redding gekom.

Hier is Kriel se breinflits op Twitter: “As jy koloniale infrastruktuur sonder erkenning gebruik, is dit plagiaat.”

’n swart DA-leier het gevra of ’n verkragte vrou nou moet sê dit was nie net sleg nie, want haar kind is daaruit gebore.

Sy en Hofmeyr se meelopers het verder baljaar: swart mense wat selfone gebruik, motors besit, sokker speel en televisie kyk, moet wit koloniale oorheersing daarvoor bedank.

Is dit nie vreemd nie dat Afrikaners, self slagoffers van Britse kolonialisme en ’n groep wat hulself nie as setlaars nie, maar as inheemse burgers beskou, kolonialisme so driftig verdedig?

Watter punt het Zille probeer maak? Dis mos nie in dispuut nie dat koloniale besetting oor baie millennia wêreldwyd as ’t ware deel van die menslike kondisie was en dat tegnologie en kennis dwarsdeur die geskiedenis tussen beskawings en groepe uitgeruil is?

Die nalatenskap van kolonialisme en hoe die gekoloniseerdes daaroor voel, is ’n onderwerp wat te veelkantig is om selfs in seshonderd woorde oor te besin.

Net ’n paar vinnige punte: ’n swart DA-leier het die naweek gevra of ’n verkragte vrou nou moet sê dit was nie net sleg nie, want haar kind is daaruit gebore.

Iemand anders het gevra of Namibiërs nou behoort te sê die Suid-Afrikaanse oorlog teen hulle het darem ook positiewe kante gehad, want hulle het nou paaie wat die ou Suid-Afrikaanse Weermag gebou het.

Doen die eerbare ding, Helen.

  • Du Preez is ’n joernalis.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.