22 Augustus 20:37
Kaapstad Verander Area

Woensdag

14°C / 11°C

Wind 18km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 78%

Donderdag

14°C / 11°C

Wind 27km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 59%

Vrydag

16°C / 11°C

Wind 24km/h

Reënval 0

Humiditeit 61%

Saterdag

18°C / 10°C

Wind 24km/h

Reënval 0

Humiditeit 56%

Sondag

19°C / 11°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 57%

Maandag

21°C / 10°C

Wind 9km/h

Reënval 0

Humiditeit 61%

Menings
Eerder ‘wanneer’ as ‘of’ vir Zuma
Leopold Scholtz

Hoe lank moet Suid-Afrika nog opgeskeep sit met die grootste ramp wat die land nóg in sy moderne geskiedenis getref het? Bedoelende die giggelende pres. Jacob Zuma.

Die duisende e-posse van die familie Gupta wat die laaste weke uitgelek en vir die een onthulling ná die ander sorg, laat geen twyfel nie: Die Guptas het die regering nie alleen probéér kaap nie, maar daarin gesláág.

Dis verstommend hoe brutaal hulle te werk gegaan het. Hulle het hul miljoene soos elmboë gebruik om struikelblokke uit die pad te stamp en politieke – en daardeur ekonomiese – mag te verwerf.

Dan het Bell Pottinger, die Londense firma wat miljoene betaal is om die ANC se beeld te poets, die durf om die begrip witmonopoliekapitaal as ’n soort vloekwoord in die Suid-Afrikaanse politieke diskoers in te dra!

Uit die uitgelekte e-posse blyk intensiewe kontak tussen Bell Pottinger se hoof en die ANC-leiers, onder meer oor die vraag hoe om die Guptas se rol te verdedig (so asof die Guptas nie eerder van Indiërmonopoliekapitaal beskuldig kan word nie).

Hoe ook al, ná die oopvlek van die e-posse kan niemand meer oor ’n paar dinge twyfel nie: Ten eerste, dat die Guptas Zuma en ’n groot deel van die regering en die ANC besit.

Tweedens, dat ’n groot deel van die regering en die ANC uit korrupte skurke bestaan.

Drie: Daar is meer as voldoende prima facie-getuienis om Zuma en heelparty regeringslede op klagte van korrupsie en omkopery in hegtenis te neem.

Nou is die vraag: Kan Zuma afgesit word?

In beginsel kan drie weë ingeslaan word: Zuma kan op grond van die tans bekende getuienis formeel in hegtenis geneem en van korrupsie aangekla word; die ANC kan besluit om hom te “herontplooi”; of die grondwetlike pad kan gevolg word.

Wat die eerste betref: Die harde feit is die regsgronde op grond waarvan Zuma en sy meelopers in hegtenis geneem en afgesit kan word, is minder belangrik as die politieke werklikheid.

Nou is die vraag: Kan Zuma afgesit word?

Daardie werklikheid is dat enige poging om dit te doen tans teen die ANC se belang is. Dieselfde politieke werklikheid troef ook die “herontplooiing” van die president.

Soos dr. Pieter Mulder vandeesweek in ’n uitstekende artikel op Netwerk24 aangedui het, het Zuma op die onlangse vergadering van die ANC se nasionale uitvoerende komitee ’n paar kwaai nederlae gely. Dit beperk sy politieke beweegruimte en gesag.

Maar aangesien die ANC tog in Desember ’n nuwe leier moet aanwys, is geoordeel dat ’n afsettingsprosedure vir die party meer skade as voordeel sal inhou. En dus is daarvan afgesien – altans voorlopig.

Ten derde: Die Grondwet (artikels 89 en 102) maak voorsiening vir die afsetting van die president deur die parlement. Maar solank die ANC, synde verreweg die sterkste party, redeneer soos in die vorige paragraaf uiteengesit, sal dit nie gebeur nie.

Dis nou eenmaal wêreldwyd ’n feit: Partybelang is feitlik altyd belangriker as landsbelang. Dit beteken dat Suid-Afrika minstens tot Desember met ­Zuma opgeskeep is. In beginsel kan hy as partyleier herkies word, al moet hy aanstaande jaar as president aftree. Dit sal waarskynlik nie gebeur nie.

Sy eie plan B is om sy gewese vrou, Nkosazana Dlamini-Zuma, in sy plek te kry om hom te beskerm. Die ander kandidaat, wie se kanse nou toeneem, is Cyril Ramaphosa.

Wat ook gebeur, die kanse is goed dat Zuma se dae getel is.

  • Scholtz is ’n onafhanklike kommentator.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.