24 Junie 07:20
Kaapstad Verander Area

Saterdag

15°C / 9°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 63%

Sondag

16°C / 11°C

Wind 20km/h

Reënval 0

Humiditeit 64%

Maandag

18°C / 10°C

Wind 9km/h

Reënval 0

Humiditeit 60%

Dinsdag

17°C / 13°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 69%

Woensdag

15°C / 13°C

Wind 40km/h

Reënval 10mm

Humiditeit 79%

Donderdag

14°C / 9°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 64%

Menings
Gedrag moet verander, #woorde skiet te kort
Jo van Eeden

‘Vleis! Vleis! Vleis! Vleis! Vleis!” skreeu die groep jong mans terwyl hulle die een wat pas ’n bedwelmde meisie in ’n koshuiskamer verkrag het verwelkom in hul kring van “broederskap”.

Dié toneel uit die kykNET-drama Sara se geheim beeld ’n situasie op ’n kampus uit.

“Ontgroening,” noem ’n mens dit.

Of in bendetaal “inisiasie”, daardie rite wat ’n nuweling moet deurgaan om te wys hy is aanvaarbaar vir die groep, byvoorbeeld deur die verkragting van ’n tweejarige kleuter.

Afspraakverkragting. Kinderverkragting. Bendeverkragting.

Wat beteken dit om ’n man te wees in 2017? Wat leer ons vir ons seuns?

Ons woordeskat is deurtrek met beskrywings vir hierdie daad wat ’n vrou onteer. Stroop. En soms breek.

En nes jy dink jy doen alles in jou vermoë om ’n veilige omgewing vir jou meisiekind te skep, klim die wolf in eie geledere uit sy skaapvel. Bloedskande. Statutêre verkragting.

Suid-Afrikaners het die laaste paar weke weer in afgryse verenig teen misdaad teen vroue en kinders ná die moorde op Courtney Pieters, Hannah Cornelius, Karabo Mokoena en Thembisile Yende.

Nadat Mokoena deur haar vriend vermoor en verbrand is, het woedende vroue Twitter laat ontplof met #allmenaretrash.

Dit is natuurlik nie waar nie. Alle mans is nie verkragters of moordenaars nie.

Alle mans is nié so nie, want vroue sou selfs méér weerloos gewees het in die afwesigheid van mans wat wéét hoe om ’n vrou met respek te behandel.

Hoe het die konteks verander waarin hierdie misdade gepleeg word?

Is daar deesdae méér van hierdie aanvalle of weet ons net meer daarvan?

Wat ons die laaste paar weke gesien het, is hoe sosiale media ingespan is om bewustheid te kweek van geweld teen vroue en kinders. Maar maak hutsmerke werklik ’n verskil? Wat sou die reaksie byvoorbeeld destyds op Twitter gewees het oor #GertvanRooyen?

Keer pienk strikkies en hempies kinderverkragting? Sien ons ’n afname in dié misdade in die jaarlikse 16 dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders?

En die belangrikste vraag: Wat beteken dit om ’n man te wees in 2017? Wat leer ons vir ons seuns?

Ons het ’n kultuur van verkragting. Kultuur, synde “dis hoe ons dinge hier doen”. Niemand leer jou dit nie – jy leer dit uit die optrede van ander.

Jy sien Pa klap Ma sodat sy haar plek ken. En Sussie krimp ineen as haar nuwe kêrel haar slegsê omdat sy met ’n ander ou durf gesels het.

Die kultuur gaan nooit verander as ons een ding #sê en ’n ander ding doen nie. Gedrag moet verander. Gebeur dit nie, gaan ons voortleef in ’n gemeenskap van mans en vleis.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.