19 Februarie 13:51
Kaapstad Verander Area

Sondag

22°C / 16°C

Wind 55km/h

Reënval 0

Humiditeit 56%

Maandag

24°C / 16°C

Wind 39km/h

Reënval 0

Humiditeit 57%

Dinsdag

26°C / 18°C

Wind 34km/h

Reënval 0

Humiditeit 53%

Woensdag

26°C / 18°C

Wind 21km/h

Reënval 0

Humiditeit 54%

Donderdag

25°C / 19°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 56%

Vrydag

22°C / 18°C

Wind 27km/h

Reënval 0

Humiditeit 73%

Menings
Gert Coetzee: Allister Coetzee is alles-in-een

Flippie Coetzee, Grahamstown Swallows se losskakel, was ’n ware footballer wat die spel gedikteer en teenstanders aan die raai gehou het. Was dit nie vir apartheid nie, sou hy ’n Springbok-legende op losskakel kon wees. En die meisies was gaande oor hom, berig Sunday Times.

In Flippie, ’n onderwyser, se gesin was hy en sy seuns gereeld aan ’t speel met ’n bal, of dit nou in sokker, rugby, krieket of tafeltennis was. Met rugby nommer een. Van sy drie seuns lyk Allister, wat van kleintyd Toetie geheet het, die meeste na sy pa en soos die ander kinders is hy ’n knap sportman.

Vir die einste Allister (52) is ’n kringloop in sport, wat op Swallows se Lavender Valley-sportterrein begin het, voltooi met eergister se aankondiging dat hy die nuwe Springbok-rugbyafrigter is.

Nou begin sy moeilikste sportpad.

Coetzee het kennis, ondervinding en ’n bewese rekord in rugby, ook op internasionale vlak, maar ’n Bok-afrigter het veel meer nodig. ’n Dik vel, ’n koel kop en borshare van staal, is enkele van die dinge wat sou kon help in dié taai pos waarvan die bekleër die waarmaker in ’n kits van ’n nasie se verwagtinge moet wees.

In ander lande is dit moeilik. Vra vir Steve Hansen, Eddie Jones, Warren Gatland, Joe Schmidt en ander breiers.

In Suid-Afrika kan dit ’n nagmerrie, ’n mynveld en ’n selfmoord-sending wees. Tensy die afrigter elke toets klinkend wen, en die Kiwi’s telkens verneder. Of daarin slaag om die Wêreldbeker te wen, soos Kitch Christie in 1995, danksy spandinamika (met Tiaan Strauss wat die prys betaal het), of Jake White in 2007, danksy ’n gelukkige wedstrydloting waarin Suid-Afrika nie teen die Wallabies, All Blacks of Frankryk gespeel het nie.

Soos vir ander internasionale afrigters is spankeuse, (dan eers) kapteinskap, spelstyl, afrigtingspan en media-hantering die gewone uitdagings vir die Bok-afrigter. Anders as sy eweknieë elders sit hy ook met die tameletjie van oorsese spelers. En oral is die wenfaktor belangrik, maar in Springbok-rugby is nederlae ’n sonde.

En die grote T-faktor – transformasie – is die ander plofbare bestanddeel in die onheilige konkoksie. Hiermee het Coetzee ’n voorsprong deurdat Suid-Afrika se beste spelers lankal nie meer net wit is nie. Hy moet hulle net kies en die T-faktor só uit die weg ruim.

En die grote T-faktor – transformasie – is die ander plofbare bestanddeel in die onheilige konkoksie.

Anders as Heyneke Meyer (onthou hom nog?) wat met bejaarde karperde soos Jean de Villiers, Victor Matfield, Morné Steyn en Fourie du Preez (onthou hulle nog?) aangesukkel het WB 2015 toe.

“Kies sportspanne op meriete, anders twyfel die spelers of hulle in die span hoort. Dit beïnvloed selfvertroue, en ’n span wat met selfvertroue speel, speel goed, maak nie saak wie dit is nie,” het Hansen, All Black-afrigter, ná die nuus oor Coetzee se aanwysing gesê.

Wie ore het . . . Coetzee het juis by die Stormers talentvolle swart spelers soos Siya Kolisi, Nizaam Carr en Scarra Ntubeni betrek. En hy was nie bang om “klein” spelers, soos Cheslin Kolbe, Gio Aplon en Joe Pietersen in te span nie. Coetzee is die twaalfde Springbok-afrigter (Gerrie Sonnekus uitgesluit) ná 1994. Statisties gesproke lyk dit of Christie, Nick Mallett, White en Peter de Villiers die beste gevaar het, maar die syfers verreken nie die sterkte van die spanne teen wie gewen is nie. Op internasionale vlak gee ’n afrigter se rol as kopdokter, mentor, taktikus, samesnoerder en generaal deurslag. Coetzee is ’n eenstop-pakket. Saru lyk of dit die kluts kwyt is, maar hopelik kry hy reg om die nuwe afrigter te bemagtig en nie te rem nie.

Dis al asof wyle oom Flippie se seun net dié man is wat gaan slaag waar ander liederlik gefaal het . . .

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.