21 Februarie 16:14
Kaapstad Verander Area

Woensdag

26°C / 18°C

Wind 21km/h

Reënval 0

Humiditeit 49%

Donderdag

26°C / 19°C

Wind 18km/h

Reënval 0

Humiditeit 49%

Vrydag

22°C / 18°C

Wind 29km/h

Reënval 0

Humiditeit 75%

Saterdag

21°C / 18°C

Wind 43km/h

Reënval 0

Humiditeit 66%

Sondag

24°C / 16°C

Wind 26km/h

Reënval 0

Humiditeit 54%

Maandag

23°C / 18°C

Wind 30km/h

Reënval 0

Humiditeit 70%

Menings
Gert Coetzee: Hoe Gupzumas SA wou skaak
As die Grondwet die probleem is, moet dit geplettervat word.

Wat het ’n oorlogsmisdadiger, ’n sakegesin van Indië, die dalende rand, ’n kasarm by Nkandla, ’n Noord-Kaapse oud-ANC-LP met ’n brandrissie-tong en ’n geheime ondersoek-eenheid in die Suid-Afrikaanse Inkomstediens met mekaar te doen? Alles, al is dit onregstreeks.

Met die oppergesag van die reg, regsverhewendheid, magsposisionering en beheer oor toegang tot die geldtrommel as toetsstene in die ontvouende politieke satire wat nou binne die liewe ANC-bewindsparty uitwoed. En “kleptokrasie” en “grabification”, albei woorde uit die nuwe Rand Daily Mail (nou aanlyn) se artikel oor pres. Jacob Zuma en sy meesters se plan vir die “kaping van Suid-Afrika”, as strewe, alhoewel vrate altyd hul gulsigheid heftig ontken.

Soos in “The Grinch who stole the money”. Net, die verweefde drade in die magsparty se gravitale uitskuddery teen hoë revolusies is minder ontrafelbaar as taai spaghetti in ’n wenteldroër.

Eers: Kleptokrasie – luidens die RDM ’n woord wat Pravin Gordhan, minister van finansies (weer) gebruik – dui op ’n stelsel waarvan die leiers hulself verryk en bemagtig deur van die ander te steel. En “grabification”, soos van die SAA (lees: Dudu Myeni) spreek vanself.

Die tafereel van die “magsmatriks rondom Jacob Zuma” wat die RDM re-konstrueer bied ysingwekkende lees-stof. Hoe die presidensiële marionet on-der orkestrasie van sy Saxonwold-vrien-de opperbeheer oor magsinstrumente en die geldkas met die aanstelling van die onbekende Des van Rooyen (net hy dink hy’s bekend) as minister van finansies ingelui het. Weens die aardtrillinge, eko-nomies en andersins, van die bekookte stap, staan dié futiele poging nou as 9/12 – die dag van inploffing – bekend.

Met Van Rooyen as hoeder oor die beursie sou die skaking met “Machiavelliaanse vasberadenheid”, luidens RDM, voortgaan. Dit sluit die toekenning van die kernkragprogram van 9 600 MW aan Rusland, grabifikasie van die SAA en ander staatsbeheerde ondernemings en beheer oor Suid-Afrika se media in.

Ensovoorts. Toe ontspoor die plan.

Die ekonomie het geprotesteer, die rand geval en die ANC se tegnokrate en meritokrate het uit hul diepe slaap ontwaak. Die wig is ingedryf en die nimlike Des het die trekpas gekry.

Nou is die slagordes in die ANC opgestel – met Pravin Gordhan as gesig van die behoudende faksie teenoor Die Giggelaar en diesulkes oorkant.

En Die Party kry toenemend pak slae. Daarom dat hy soos die ou wat homself in ’n hoek vasgeverf het, ’n gat deur die muur wil breek om te ontsnap. As die Grondwet die probleem is, moet dit geplettervat word. Soos in die Omar al-Basjir-sage waarin die ANC nou weens verdagte vriende in die appèlhof pak gekry het – eintlik ’n kantspel in die groot drama.

Maar nes Nommer Een se onverwagse Nkandla-toegewing in die Grondwethof in Januarie oor die openbare beskermer se onafhanklikheid, is dit ’n sege vir die oppergesag van die reg.

Dan is die tydsberekening van die Valke se skielike verbete ondersoek na Gordhan oor die koverte eenheid in die SAID wat glo op Suid-Afrikaners gespioeneer het, erg toevallig. Eergister het die rand verder getuimel. En die kredietgradeerder Moody’s is in die land.

Naas beweringe dat die Guptas aan Mcebesi Jonas en Fikile Mbalula ministerkappe aangebied het, laat weet die bekkige Vytjie Mentor, vroeër van Kimberley, uit Thailand die Guptas het dieselfde truuk vroeër op haar probeer trek. Met ou Stortkop byderhand.

Die beste van die rolprent “Hoe die Gupzumas Suid-Afrika wou skaak”, sou wees om die langverwagte “Die Einde” te kon sien.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.