30 Mei 11:24
Kaapstad Verander Area

Dinsdag

22°C / 12°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 44%

Woensdag

18°C / 14°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 74%

Donderdag

18°C / 13°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 70%

Vrydag

22°C / 12°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 52%

Saterdag

21°C / 16°C

Wind 41km/h

Reënval 0

Humiditeit 64%

Sondag

17°C / 14°C

Wind 15km/h

Reënval 3mm

Humiditeit 65%

Menings
Haal jou hoed af vir hom wat op sy kop dans
Ivor Price

Hulle sê daar kom ’n tyd wanneer elkeen van ons ’n keuse moet maak tussen die gerief van ’n gereelde salaristjek en die vreesaanjaende bevrediging om eerder jou passie uit te leef.

Die meeste van ons het nie die moed om alles prys te gee nie, en tog is ons omring deur dromers wat ondanks al die onsekerhede dinge laat gebeur. Een van hulle is ’n vriend van my, Kurt Minnaar, wat sy onderwyspos – toevallig by my alma mater, die Hoërskool Eben Dönges in Kraaifontein – einde laas jaar opgegee het om eerder innoverende wiskunde-onderrigtegnieke te ontwikkel.

Hy vertel sy eerste vyf jaar as onderwyser was meestal ’n opdraandestryd – totdat hy die moed bymekaar geskraap het om sy passie vir hip-hop en wiskunde te kombineer. Gou het hy bekend geword as die meneer wat letterlik op sy kop dans. Sy leerlinge het als van woordsomme en maaltafels tot kwadraatsvergelykings dans-dans bemeester en vreemd genoeg na al sy wiskundelesse begin uitsien. Glo dit of nie, daar was ook ’n merkbare verbetering in hul uitslae.

Dit moes nogal moed geverg het van Minnaar om die status quo uit te daag en sy eie idees te implementeer – en dit in ’n land waar leerlinge met net 20% vir wiskunde tot ’n volgende graad bevorder kan word. Wilfred Taylor, die skoolhoof, verdien ook hier ’n pluimpie omdat hy vir ’n rebel plek gemaak het.

My pad het in die laaste paar jaar ook met ander rebelle gekruis, soos ’n sakevrou wat ’n toppos in die bankbedryf gelos het om opkomende boere met sakevaardighede toe te rus.

En dan was daar die administratiewe klerk wat ná ’n jare lange gesukkel met sy baas wat nie sy potensiaal of sakevoorstelle wou raaksien nie, op ’n dag sy trots gesluk en toe Uber-taxi’s begin bestuur het. Vandag bedryf hy sy eie klein onderneming en verdien hy omtrent drie keer die geld wat hy voorheen gemaak het.

Ironies genoeg is die meeste werkplekrebelle nie anargiste of moeilikheidmakers nie, maar bloot dromers wat burokratiese reëls bevraagteken en dit hul werk maak om al daai ou werkwyses en selfs gesag uit te daag.

Ironies genoeg is die meeste werkplekrebelle nie anargiste of moeilikheidmakers nie, maar bloot dromers.

Dit is nie noodwendig ’n slegte ding nie omdat die ontwrigting dikwels tot verbeterde sakepraktyke lei. Al wat dit verg, is ’n bestuurder met ’n bietjie geduld vir daai ou of vrou wat alles bevraagteken en daarop uit is om elke nou en dan ’n knuppel in die hoenderhok te gooi.

Baie bestuurders – veral in korporatiewe omgewings – duld dit ongelukkig steeds nie dat mense met hulle verskil nie. Tog is dit van toenemende belang dat die kantoor ’n omgewing is waar mense veilig voel en bemagtig behoort te voel om idees te ruil en maar met liefde met mekaar mag verskil.

’n Werkplek waar almal met als saamstem, is lankal nie meer ’n teken van ’n gesonde omgewing nie.

  • Ivor Price twiet by @ivorprice
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.