21 Augustus 04:39
Kaapstad Verander Area

Maandag

16°C / 13°C

Wind 28km/h

Reënval 8mm

Humiditeit 79%

Dinsdag

14°C / 12°C

Wind 25km/h

Reënval 7mm

Humiditeit 64%

Woensdag

14°C / 11°C

Wind 24km/h

Reënval 4mm

Humiditeit 75%

Donderdag

14°C / 12°C

Wind 25km/h

Reënval 3mm

Humiditeit 60%

Vrydag

16°C / 12°C

Wind 25km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 64%

Saterdag

17°C / 11°C

Wind 26km/h

Reënval 0

Humiditeit 65%

Menings
Henry Jeffreys: Nou waai die alliansie-hare

Die persepsie dat die Valke se optrede teen die minister van finansies, Pravin Gordhan, geïnspireer word deur ’n misplaaste lojaliteit teenoor pres. Jacob Zuma, wil eenvoudig nie wyk nie.

Die ANC-alliansie is duidelik in ’n oorlog met homself gewikkel, wat op sigself nie ’n slegte ding is nie. Sowel die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP) as die vakverbond Cosatu is openlike kritici van die Valke se optrede teen Gordhan. Die SAKP se sekretraris-generaal, dr. Blade Nzimande, het die naweek die aksie van die Valke bestempel as ’n poging om die tesourie te kaap – ’n baie ernstige aanklag.

Nzimande se adjunk in die SAKP, ­Jeremy Cronin, het ná afloop van ’n vergadering van die party se sentrale komitee gesê die ANC is vir hulle nog die beste party om die land te regeer, maar die regerende party moet aandag gee aan die boodskap van die kiesers in die onlangse munisipale verkiesing. Die ANC het erg veld verloor teen opposisiepartye in dié verkiesings.

Die skade wat die Valke met hul optrede teen Gordhan aanrig, word ook uiteindelik deur ander invloedryke ANC-rolspelers raakgesien en gekritiseer. Verlede week het adj.pres. Cyril Ramaphosa hom onomwonde by ­Gordhan geskaar.

Ramaphosa het onder meer gesê ’n regering wat in ’n oorlog met homself gewikkel is, kan nie goed regeer nie. By dieselfde byeenkoms het die voormalige direkteur-generaal van buitelandse sake Sipho Pityana, onder applous, gesê Zuma moet bedank omdat hy nie sy rol na wense vervul nie. Dít in die teenwoordigheid van die adjunk-president, verskeie ander kabinetslede en provinsiale ANC-elites.

Die knuppels is dus duidelik in die alliansie-hoenderhok.

Ramaphosa se opmerkings mag nie toegelaat word om ongesiens of ongehoor verbygaan nie.

Dit sal hom beslis binne die ANC onder druk bring van Zuma-lojales, maar dalk dryf dit die stryd binne die party op die spits. Zuma het wel verlede week aangedui dat Gordhan sy steun het en (korrek) aangedui dat hy nie by magte is om in te meng in enige ondersoeke deur teenmisdaadinstansies (soos die Valke) nie. Dit laat egter ’n gevoel van te min te laat.

Gordhan sal hom die een of ander tyd aan die gesag van die Valke moet onderwerp en gehoor gee aan hul versoeke, soos enige ander burger.

Tog moet die Valke se manier van dinge doen bevraagteken word.

Gordhan is die minister verantwoordelik vir die sensitiefste portefeulje in die regering, wat veral in hierdie donker ekonomiese tye iéts moet beteken. Die minste wat die Valke behoort te doen, is om baie duideliker te wees oor wat presies die saak is wat hulle teen Gordhan ondersoek. Tans is dit nog in duister gehul.

Die Valke moet sekerlik bewus wees van die sensitiwiteit rondom Gordhan se posisie en die skade wat enige onsekerheid rondom hom kan meebring. Hulle moet dus nie kla as mense hulle verdink van verskuilde agendas wat meer met die politieke spel as met reg en geregtigheid te doen het nie. Die Valke moet versigtig wees om nie gesien te word as dat hulle hulself bo die reg of die openbare belang plaas nie.

Dit is egter die president wat die grootste verpligting het.

Hy moet sy invloed gebruik om die mense wat lojaal is teenoor hom, maar hul mes in het vir Gordhan, tot orde te roep. Niemand behoort onder die indruk te wees dat hy hul aktiwiteite enigsins goedkeur of ter wille is nie.

Enige doelbewuste ondermyning van die minister van finansies vir goedkoop politiekery behoort vir almal verwerplik te wees.

Ook vir die staatshoof.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.