26 Junie 21:03
Kaapstad Verander Area

Dinsdag

15°C / 12°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 78%

Woensdag

15°C / 12°C

Wind 11km/h

Reënval 10mm

Humiditeit 62%

Donderdag

16°C / 9°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 68%

Vrydag

15°C / 12°C

Wind 20km/h

Reënval 9mm

Humiditeit 81%

Saterdag

16°C / 10°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 71%

Sondag

16°C / 12°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 78%

Menings
Hoe kan hy lei as hy nie eens ’n hond het nie?

Die Amerikaners sê dit nie reguit nie, maar hulle het snuf in die neus en hulle is knorrig.

Van alles wat fout is met hul nuwe president, is dit die één ding wat hulle regtig laat twyfel of Donald Trump in die Withuis hoort. Ja, dit is glo waar. Die man het nie ’n hond nie.

Barack Obama het vir Sunny en Bo gehad, George W. Bush twee terriërs en ’n spaniël, en Clinton ’n labrador genaamd Buddy.

En nou is daar Trump, die eerste Amerikaanse president in 130 jaar sonder ’n vierpootvriend (selfs al wek sy haardos soms die indruk dat daar ’n platgestrykte poedel op sy kop sit).

Reeds voor sy verkiesing het Hillary Clinton, op grond van Trump se hardkoppige onnoselheid oor ekokwessies en diereregte, gewaarsku dat hy ’n gevaar inhou vir diere oral. Intussen het verslag-gewers sy twiets gefynkam en bevind hy verwys net na honde as hy in ’n bui vir beledigings is. Met daai woedende klein vingertjies tik hy gereeld oor opponente wat by hom geld bedel “soos ’n hond”, ­afgedank is “soos ’n hond”, of in ’n
debat nie ’n woord kon uitkry nie en staan en stik het “soos ’n hond”.

Die sogenaamde Presidential Pet Museum reken dit is slegte geluk om sonder ’n woef die Withuis te betrek.

Dinge lyk nie goed vir Trump nie. Die sogenaamde Presidential Pet Museum reken dit is slegte geluk om sonder ’n woef die Withuis te betrek.

Die vorige hondlose Amerikaanse president, William McKinley (1897-1901), het in sy tweede termyn aan bloedvergiftiging gesterf ná ’n sluipmoordpoging. Dat hy ’n nog erger lot gespaar is, het moontlik te doen met die feit dat hy katte, ’n papegaai genaamd Washington Post en ’n swetterjoel hoenders gehad het. Daarenteen besit Trump, wat glo ’n fobie het oor kieme, waarskynlik nie eens ’n goudvis nie.’n Mens onthou onwillekeurig dat een van Trump se voorgangers, Woodrow Wilson (1913-1921), vas geglo het in die hond as ’n morele kompas.

“As jou hond nie na jou toe wil kom as jy hom roep nie, moet jy jou gewete ondersoek,” het hy op ’n keer gesê.

Die hondeliefhebbers onder ons sal argumenteer dat ’n mens hieruit kan aflei ’n president sonder ’n hond is gelyk aan ’n president sonder ’n gewete. Ons eie Jacob Zuma lyk na ’n goeie gevallestudie.

’n Paar jaar gelede het Zuma woedend uitgevaar teen swart mense wat honde besit, met honde aan leibande rondloop en hulle na veeartse neem. Hulle is net besig om wit mense na te boots en dis hoog tyd dat sulke nonsens nou stop, het hy geraas. Niks kon hom van sy standpunt laat afsien nie, selfs nie wyle Alf Kumalo se foto van ’n jong Nelson Mandela wat buite sy huis in Soweto met sy hond speel nie.

Dus: Zuma, in wie se hart daar altyd plek is vir nog ’n vrou en nog ’n skelm vriend, hou nie van honde nie. Hy hou ook nie van mense met honde nie. Die les hier is dat die hond weliswaar die mens se beste vriend is, maar nog meer spesifiek: ook die stemgeregtigde kieser se beste vriend. Om te stem vir ’n president sonder ’n hond, is om te stem vir ’n honde-
lewe. Dit help nie om agterna te tjank nie.

Ons almal moes van beter geweet het.

* Dr. Sonja Loots doseer Nederlandse en Afrikaanse letterkunde aan die Universiteit van Kaapstad.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.