24 Julie 18:48
Kaapstad Verander Area

Dinsdag

16°C / 12°C

Wind 33km/h

Reënval 9mm

Humiditeit 69%

Woensdag

14°C / 9°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 56%

Donderdag

18°C / 10°C

Wind 12km/h

Reënval 0

Humiditeit 56%

Vrydag

19°C / 14°C

Wind 27km/h

Reënval 0

Humiditeit 55%

Saterdag

18°C / 14°C

Wind 35km/h

Reënval 0

Humiditeit 60%

Sondag

16°C / 10°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 60%

Menings
Hou jou kant van die saak reg
Leopold Scholtz

’n Vuurwarm diplomatieke rusie het die laaste dae tussen Nederland en Turkye uitgebreek wat nogal effens helderheid kan gee oor die verhouding tussen die Afrikaanssprekende minderheid en die meerderheid in Suid-Afrika.

Die agtergrond is dat Turkye op 18 April ’n referendum hou oor pres. Recep Tayyip Erdogan se voorneme om die land se grondwet só te verander dat demokrasie prakties afgeskaf word. Aangesien sowat 10 miljoen Turke tans in Europa woon, is dié groep van belang as stemme vir Erdogan.

Dus stuur hy sy ministers na lande soos Nederland, Duitsland, Frankryk, België, Oostenryk en Denemarke om propaganda vir sy saak te maak.

Nie een van dié lande is geesdriftig daaroor dat propaganda vir die afskaffing van die demokrasie op hul grondgebied plaasvind nie. Tog het Duitsland en Frankryk Turkse ministers langtand toegelaat om vergaderings toe te spreek.

Nederland is egter op die hoogtepunt van ’n felle verkiesingstryd, een waarin die klassiek-konserwatiewe premier, Mark Rutte, die regs-populistiese aanslag van die omstrede Geert Wilders die hoof bied. As ’n Turkse minister toegelaat is, sou dit stemme vir Wilders beteken het – en dus het Rutte ’n stokkie daarvoor gesteek.

Terwyl die onderhandelings agter die skerms aan die gang was, het Erdogan histeries uitgeroep dat Nederland die “oorblyfsels van die Nazi’s, fasciste” is. Daarmee het hy ’n grens oorgesteek en is twee ministers toegang tot die land geweier.

Dié saak het die groeiende kloof tussen Turke in Nederland en die oorspronklike bevolking pynlik bevestig. Honderde Turke het gewelddadig in Rotterdam en Amsterdam betoog en is met ewe veel geweld deur die polisie uitmekaargejaag.

Die betrekkinge tussen die Turke en die Nederlanders is al lank krapperig. Die Turke ervaar, reg of verkeerd, by die Nederlanders ’n onwilligheid om hulle as gelykes te aanvaar en hul taal, godsdiens en kultuur te respekteer.

Verlede jaar is ’n nuwe politieke party met die naam Denk opgerig spesifiek om die belange van die Turke te behartig. Vroeër vandeesweek is berig dat die party die besture van moskees onder druk plaas om gelowiges aan te moedig om vir Denk te stem met die emosionele argument dat Turke wat dit nié doen nie, hul afkoms en identiteit verloën.

As jy ’n ware Afrikaner is, sal jy vir die NP, die KP of die HNP stem; anders is jy ’n volksverraaier.

Amper soos Afrikaners vroeër bearbei is: As jy ’n ware Afrikaner is, sal jy vir die NP, die KP of die HNP stem; anders is jy ’n volksverraaier.

Nou is daar natuurlik groot verskille tussen die situasie van die Nederlandse Turke en die Afrikaners in Suid-Afrika. Die Turke het maar in die 1960’s hier begin aangekom en word steeds as “inkommers” gesien; die Afrikaners is al 365 jaar in Suid-Afrika en is, objektief gesien, ewe inheems as watter swart burger dan ook.

Maar die subjektiewe belewenis vertoon wel ooreenkomste. Ook in Suid-Afrika sê byvoorbeeld die EFF en die Afrikanistiese vleuel van die ANC dat die wit mense en die Afrikaners nie regtig in die land tuishoort nie en dat hulle liefs na Europa moet teruggaan.

Die vraag is: Hoe hanteer jy dit?

Die Europese les is dat dit aansienlik makliker is om te agiteer teen wat gesien word as ’n uitheemse groep. Maar die antwoord dat jy jou dus as inheems moet bewýs, is makliker gesê as gedaan.

Immers, die Jode in Duitsland was teen 1933 die beste geïntegreer van alle Jode in Europa. En tog het die Nazi’s hulle geteiken.

Al wat ’n mens kan doen, is om aan te hou praat en jou eie kant reg te hou. ’n Maklike antwoord is daar nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.