29 Mei 07:46
Kaapstad Verander Area

Maandag

20°C / 12°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 56%

Dinsdag

21°C / 14°C

Wind 8km/h

Reënval 0

Humiditeit 49%

Woensdag

20°C / 15°C

Wind 12km/h

Reënval 0

Humiditeit 64%

Donderdag

18°C / 14°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 72%

Vrydag

21°C / 14°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 59%

Saterdag

18°C / 14°C

Wind 28km/h

Reënval 0

Humiditeit 78%

Menings
Húlle is my elders, dit moet tog nie end kry
Annemarie van der Walt

Kry end daarmee, brom ek vir myself, met die geit om alewig elders te wil wees as waar jy is.

Want dit is Woordfees-tyd in Stellenbosch en ek voel soos ’n kind met drie of wat blikkies Creme Soda en sewe pakke Smarties agter die blad terwyl daar oral stemme opklink van talle mense en om elke hoek en draai iets aan die gebeur is: Effens in die war, met die bloed bruisend in die kop en asof daar swerms vlinders uit die vingerpunte wil ontsnap.

Terwyl ek lighoofdig is van smul aan die suikersoet klanke van my taal, is dit ironies dat ’n gunsteling Engelse digreël telkens by my opkom, dié van die Amerikaanse digter Delmore Schwartz (1913-1966): “Those who live by the word / die listening . . .”

Hier leen ’n mens jou ore van vroegdag tot laatnag uit aan die skrywers en digters en akteurs; luister jy soms lugtig, soms met oorgawe, na die magdom verskillende tongvalle en menings.

Basta met jou, preek ek vir die spieël met die verstarde oë.

Dan vang ek myself op soek na stilte in die gedrang; wil ek eerder seker maak ek spring die dood deur woorde vry, en sluip na ’n verste buitewyk om tot verhaal te kom.

Dis dieselfde storie elke keer as ek ná hoeveel maande se uitsien om weer in ’n stad te kom, kort voor lank ’n U-draai wil maak terug na waar my piepklein dorp soos ’n bosluis aan die bergrug klou.

Basta met jou, preek ek vir die spieël met die verstarde oë. ’n Mens kan darem wraggies nie so verskrik wees deur die gebrek aan uitsigte en einders nie.

Vat ek die dag die wandelpad oor die ooptes, wonder ek kort voor lank of ek nie eerder al langs die bergstrome moes hou nie, en andersom.

Gaan ek op ’n padreis en oornag in gesellige gastehuise, tuur ek tot laatnag deur ’n venster in die rigting waar ek vandaan kom.

Staan ek op ’n strand en kyk na die deining van die see, is daar iewers agter my ooglede ’n herinnering aan die roerloosheid wat ’n mens slegs in ’n woestyn kry.

Tja, ek hét al deur Eckhart Tolle se Power of Now gewerk. Dit is ’n boek vol wyshede, maar tot my skaamte moet ek erken daardie nóú glip meestal deur my vingers soos ’n onpenbare droom, ’n wysie met drie of wat note wat vanuit ’n huis opklink waar jy vinnig verbystap, of die druppende roep van ’n swartkopwielewaal wat onsigbaar bly.

Daar is egter een uitsondering: Wanneer die kinders oor die drumpel stap en dit voel asof ek meteens tot myself, en tot ruste, kom.

In ’n stil hoek op die Woordfees-terrein gaan soek ek iets daarvan in die kinders se stemme op ons afgespreekte beltye.

Ek kry dit in hul onderskeie vertellings van die alledaagse, die tydelike lighoofdigheid van al die vreemdes se woorde sypel weg en ek voel tuis in ons eie woordeskat.

Dit moet tog nie end kry nie, dié ding dat hulle my elders is.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.