29 Maart 23:04
Kaapstad Verander Area

Donderdag

22°C / 17°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 62%

Vrydag

18°C / 15°C

Wind 24km/h

Reënval 0

Humiditeit 82%

Saterdag

20°C / 14°C

Wind 26km/h

Reënval 0

Humiditeit 71%

Sondag

20°C / 15°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 75%

Maandag

20°C / 16°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 77%

Dinsdag

20°C / 16°C

Wind 20km/h

Reënval 0

Humiditeit 78%

Menings
Iemand lieg vir Gordhan oor VS
Gert Coetzee

In sy begrotingsrede het Pravin Gordhan, finansminister, gesê in Mangaung is die lughawe-ontwikkelingsnode aan die gang en 8 500 bekostigbare wooneenhede word hier gebou. Iemand lieg vir hom.

Rondom die Bram Fischer-lughawe gaan niks aan nie. Die nuwe brug oor die N8 met die afrit na die lughawe en die kinkelpad na Maselspoort is voltooi, die Naval Hill-opgaardam gebou om water per pypleiding hierheen te lewer en Raceway Park se huise staan al lankal waar die Bloemfonteinse perdewedrenklub se paviljoen en baan eens was. En ’n private hospitaal vir oorplanting van organe is naby die lughawe in aanbou. Verder niks.

Nes The Edge-restaurant op Naval Hill wat nog heeltyd leeg staan. Die kabelkarontwikkeling van hier na die Arthur Nathan-swembad waarvan niks gekom het nie. Of die onbenutte hospitaal naby die N1 by Trompsburg. Hoewel premier Ace Magashule in sy provinsiale rede – by Vrede in Februarie – gesê het die Albert Nzula-hospitaal by Trompsburg gaan teen
15 Junie vanjaar open. Dis eersdaags.

Die voorgenome ontwikkeling by die lughawe in die sogenaamde N8-korridor was die plan van Thabo Manyoni, oudburgemeester van Mangaung, wat glo ook aspirasies vir die ANC-leierskap (en Vrystaatse premierskap) gehad het. En ná 2016 se plaaslike verkiesing in die parlement weggebêre is, waar sy Mangaungse bydrae nie vir hom – en vir die stad – kan punte aanteken nie.

Die kwessie is hoeveel geld onbenutte of onvoltooide projekte die land kos.

Met Magashule wat op die vyfjaarlik-se nasionale ANC-konferensie in Desem-ber vanjaar vir hoër louere in die party – en die regering? – beskore is, is die vraag wie sy opvolger as premier gaan wees. Tate Makgoe (al vir meer as 20 jaar ’n wetgewerlid en in sy hoeveel-ste LUR-termyn) en Butana Komphela, nou LUR vir gesondheid, sou na kandi-date klink. Met Magashule wat – selfs van ’n afstand – die Vrystaatse toutjies sou trek, is Sam Mashinini, nou LUR vir ekonomie, kleinsake-ontwikkeling, toerisme en omgewingsake, die politikus om dop te hou.

In elk geval, Manyoni het hoeveel voorleggings oor ontwikkelings by die lughawe en elders in die stad aan Bloemfonteinse sakelui gedoen. Integrasie was deels die lughawe-ontwikkeling se doel. Sodat die mense van Thaba Nchu en Botshabelo na die stad kon skuif. Die ongelukkige aanstelling van die nou verdwene Kaba Kabagambe as beplanningshoof van Mangaung met miljoene rande aan konsultante het die planne gestuit.

Hopelik is dit net tydelik van die baan. Mangaung (Bloemfontein, Botshabelo, Thaba Nchu) en die hele Vrystaat het ’n lewenskuur broodnodig.

Die kwessie is hoeveel geld onbenutte of onvoltooide projekte die land kos. Terwyl die skuld aangroei en aangroei.

Magashule het in sy rede uitgewei oor die skole, klinieke, paaie en grond- en ander projekte wat die provinsiale regering gaan lewer. En nog strategieë (vir onder meer korrupsiebestryding), veldtogte en transformasiedoelwitte.

Soos dit ’n regering betaam.

Uit die begrotingsrede van Elzabe Rockman, LUR vir finansies, blyk dit die meeste geld word vir maatskaplike ontwikkeling en administrasie aangewend. Die voorneme – soos elders berig – dat die gesondheidsdiens reggeruk gaan word, is veral welkom.

Die Vrystaat – soos Noord-Kaap – is ’n provinsie met onbeperkte potensiaal.

In die Noord-Kaap broei ’n stryd om die volgende ANC-leierskap tussen Sylvia Lucas (met Alvin Botes in haar kamp) en Zamani Saul (met Deshi Ngxanga as sy magsmakelaar).

Terwyl albei provinsies eintlik in ’n welsynstaat verval het. Politiek en wanaanwending van geld kos ons.

Al gaan vertel wie watter stories ook al aan die minister van finansies.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.