18 Augustus 22:09
Kaapstad Verander Area

Saterdag

20°C / 10°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 52%

Sondag

18°C / 12°C

Wind 23km/h

Reënval 0

Humiditeit 57%

Maandag

15°C / 12°C

Wind 31km/h

Reënval 10mm

Humiditeit 81%

Dinsdag

14°C / 11°C

Wind 37km/h

Reënval 6mm

Humiditeit 64%

Woensdag

13°C / 10°C

Wind 24km/h

Reënval 6mm

Humiditeit 79%

Donderdag

13°C / 10°C

Wind 34km/h

Reënval 0

Humiditeit 58%

Menings
Koppelteken se planne is gereed
Max du Preez

Die dokter met die dubbeldoornaam kan maar die koppelteken uit haar van haal. Sy is pure Zuma. Al raak ons van die Ander Zuma ontslae, gaan die koppelteken-een dalk nog baie jare ons president wees.

Dr. Nkosazana Dlamini-Zuma moes sekerlik versigtig koppe getel en somme gemaak het voordat sy begin het met haar veldtog om die nuwe ANC-leier te word.

Ek het ’n paar maande gelede gedink sy sou probeer om haar nie te naby aan die tradisionele patronaatnetwerke van haar eksman te posisioneer nie; dat sy nie dié deel van die ANC wat krities teenoor pres. Jacob Zuma staan, sou wou vervreem nie en steun uit albei kampe sou probeer trek.

Ek was verkeerd. Daar is nie ’n sweempie daarvan sigbaar nie.

Sy het die week nadat sy uit Addis Abeba teruggekeer het, haar pens en pootjies by die tradisionele Zuma-ondersteunersgroep gevoeg: die ANC se vroue- en jeugligas en die premierliga, ’n plattelandse Zuma-groep gelei deur drie provinsiale premiers.

Sy moes uitgewerk het dat dít die ANC-kamp met die grootste steun is wat haar in Desember op die ANC se verkiesingskongres die nuwe president van die party gaan maak.

Dit het dalk ook by haar ’n rol gespeel dat sy die mildelike geldelike steun van die Gupta-familie sou hê as sy haar só posisioneer.

Ná die eerste groot protesoptog voorverlede week het sy op Twitter gereageer op Zuma-sikofante se kritiek en Zuma se eie aanklag dat die optog rassisties was.

Hulle moet saam met ons marsjeer vir ons grond wat hulle gesteel het.

Sy het getwiet dat “ons nie deel is van hierdie gemors (rubbish) nie. Hulle moet saam met ons marsjeer vir ons grond wat hulle gesteel het.” Sy het later gesê dié twiet was vals, maar dit het intussen geblyk nie die geval te wees nie.

Kort daarna het sy verklaar dat universiteite die studente leer dat Suid-Afrika “net ’n demokrasie sal word as die opposisie regeer”.

’n Dag of wat later het sy van ’n verhoog af die sogenaamde model C-skole gekritiseer omdat hulle kwansuis jong mense leer dat die ANC korrup is.

En toe waarsku sy dat die regbank hersien moet word, want dit help die DA dink hulle regeer.

Sy word nou met groot geesdrif deur die wilde jakkalse van die jeugliga as sy gekose kandidaat vir leierskap onderskryf.

Dit is nou die jeugliga wat à la Mugabe al hoe meer as Zuma se skoktroepe begin optree.

Sy is so tuis in die Zuma-kamp en só deel van sy kultuur dat sy selfs aanvaar het dat die presidensiële beskermingsmag haar beskerm, selfs al is sy bloot ’n gewone landsburger.

Dit is dus duidelik dat sy meen ­Zuma se drie populistiese resepte gaan werk: Hamer daarop dat swart mense se grond gesteel is en eis dat dit sonder vergoeding afgeneem moet word; bepleit radikale ekonomiese transformasie; en gee die wit mense die blaam vir alles wat verkeerd gaan.

Dit is ook duidelik dat sy nie te hard gaan probeer om steun onder die stedelike swart elite te kry nie en eerder op tradisionele mense gaan fokus, en dat sy niemand gaan laat vergeet dat sy ’n Zoeloe is nie.

As Dlamini-Zuma wel in Desember die nuwe ANC-leier word, gaan Zuma beslis sy termyn tot middel 2019 probeer uitdien.

’n Zuma as staatshoof en ’n Koppelteken-Zuma as partyhoof.

Hy moet hoop dié situasie, en die feit dat die ma van vier van sy kinders dan waarskynlik in 2019 president van die land gaan word, hom gaan help om uit die tronk te bly en sy en sy klan se miljarde veilig gaan hou.

  • Du Preez is ’n joernalis.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.