24 Maart 14:11
Kaapstad Verander Area

Vrydag

20°C / 16°C

Wind 44km/h

Reënval 0

Humiditeit 58%

Saterdag

22°C / 14°C

Wind 25km/h

Reënval 0

Humiditeit 46%

Sondag

22°C / 15°C

Wind 23km/h

Reënval 0

Humiditeit 62%

Maandag

20°C / 17°C

Wind 23km/h

Reënval 0

Humiditeit 67%

Dinsdag

21°C / 16°C

Wind 35km/h

Reënval 0

Humiditeit 63%

Woensdag

24°C / 16°C

Wind 22km/h

Reënval 0

Humiditeit 54%

Menings
Laat gemeente besluit oor gays
Leopold Scholtz

Die debat oor of homoseksuele huwelike ook in die NG Kerk gesluit mag word, is belangrik.

Nie net in die NG Kerk nie. Ek ervaar dit ook as ouderling in die Protestantse Kerk in Nederland (PKN), die land waar ek ter wille van my Nederlandse vrou afgetree het. Die Nederlanders het ’n interessante manier om dit te hanteer. Hulle het van oudsher ’n kultuur van beraadslaging en kompromis, en dit geld ook vir dié kwessie.

Ordinansie 5 van die PKN-kerkorde (oor die erediens) bevat dié artikel (3.1): “De inzegening van een huwelijk van man en vrouw als een verbond van liefde en trouw voor Gods aangezicht geschiedt in een eredienst.

Dit word in artikel 4 genuanseer: “De kerkenraad kan – na beraad in de gemeente – besluiten dat ook andere levensverbintenissen van twee personen als een verbond van liefde en trouw voor Gods aangezicht kunnen worden gezegend.

Hier is twee verskille.

By die eerste word uitdruklik na man en vrou verwys, waarvan die huwelik ingeseën kan word. By die tweede ontbreek die verwysing na geslag ewe uitdruklik, en word gepraat van geseën.

Stilswyend maak die kerkorde die deur oop, behoudens sekere voorwaardes, vir homoseksuele huwelike. Die kerkraad moet dit goedkeur, en hy moet die gemeente eers raadpleeg.

In ’n sekere sin sou jy kon sê die PKN kyk anderpad as die gemeentes homoseksuele huwelike in die kerk wil laat sluit.

Daar is ’n gevoel by sommige dat die implisiete diskriminasie verwyder moet word. Maar dié voorstel sal ’n lang pad deur die ringe moet loop voor dit by die sinode uitkom, en dis hoogs onseker wat daarvan gaan word.

Die tweede bepaling het nog ’n implikasie, wat ook vir die NG Kerk relevant is. Van oudsher is dit in die gereformeerde tradisie primêr die gemeente wat die kerk is, nie soseer die ring of sinode nie. Die kerk bestaan uit ’n aantal gemeentes “in korrespondensie”, waarmee nie briefwisseling bedoel word nie, maar gemeentes wat in hul belydenis voldoende ooreenstem.

Die gemeente is die baas, nie die ring of die sinode nie. Ringe en sinodes bestaan ter koördinasie van die kerk.

In die loop van die jare het veral die sinodes – eintlik teen die reformatoriese tradisie in – ’n veel belangriker rol begin speel as wat oorspronklik die idee was. Die gemeente, soos verteenwoordig deur die kerkraad, is selfstandig.

Dié tradisie weerklink in die PKN se houding oor homoseksuele huwelike. Dis die plaaslike kerkraad in raadpleging met die gemeente wat daaroor besluit, nie die sinode nie.

Dit sou in beginsel ’n rigting vir die NG Kerk kon aandui. Dis ’n rigting wat, as ’n mens die nuusberigte daaroor reg lees, in elk geval deur sommige gemeentes ingeslaan gaan word, al sê ander ook wat.

Maar dan bly steeds die kernvraag: As die Bybel hom teen homoseksualiteit uitspreek, kan selfs die plaaslike gemeente dit dan gedoog?

Myns insiens sou dit ’n fout wees om die Bybel meganisties pleks van dinamies te lees. Paulus sê weliswaar (Rom. 1:27) dat praktiserende homoseksuele die dood verdien, iets wat selfs vir die mees verbete homo-haters deesdae darem te dik vir ’n daalder is. Uit dieselfde Bybel is in die verlede immers ook slawerny, vroue-diskriminasie en rassediskriminasie goedgekeur.

Deel van die kern van die Christelike etiek sien ’n mens ewenwel in Rom. 13:9-10, waar Paulus die Tien Gebooie behandel, en dan tot dié gevolgtrekking kom: “Daarom is die liefde die volle uitvoering van die wet.” Dit moet vir die kerk ook in sy behandeling van homoseksuele mense geld.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.