26 Junie 14:20
Kaapstad Verander Area

Maandag

18°C / 10°C

Wind 8km/h

Reënval 0

Humiditeit 60%

Dinsdag

15°C / 12°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 78%

Woensdag

14°C / 10°C

Wind 12km/h

Reënval 11mm

Humiditeit 61%

Donderdag

16°C / 9°C

Wind 20km/h

Reënval 0

Humiditeit 65%

Vrydag

15°C / 12°C

Wind 16km/h

Reënval 7mm

Humiditeit 84%

Saterdag

16°C / 10°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 76%

Menings
Laat Nr. 1 en die trogvreters gly

Een van die snydendste ontledings wat gemaak kan word, is dat ­Brian Molefe die gesofistikeerde weergawe is van Hlaudi Motsoeneng en dat Lynne Brown ’n hoëdefinisie- weergawe van Faith Muthambi is.

Die een lieg net soos die ander.

Hlaudi, die eens hoofnar van die SAUK, het hard probeer om die hedendaagse propaganda-hoëpriester te wees onder Jacob Zuma.

Nou dat dit aan die lig gekom het dat Nommer Een vrywaring gesoek het by die sjeiks van die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) en Dubai sy tweede tuiste wil maak, hoop ’n mens dat daar vir Hlaudi ook plek op die Gupta-straler is. Met ’n man wat geen naskoolse kwalifikasies het nie, kan Hlaudi aangestel word om saans die Guptas en Zuma se skouers te masseer, want hy was goed om die waarheid te masseer.

Die VAE het natuurlik nie ’n uitleweringsooreenkoms met Suid-Afrika nie en as Nommer Een en sy trogvreters nou voete in die wind slaan, is die kanse nul dat hierdie man sy dag in die hof kan kry.

Dis presies wat Idi Amin gedoen het. Amin het ook na die Midde-Ooste gevlug toe die wêreld vir hom warm geword het. Snaaks hoe diktators mekaar nadoen.

’n Mens is ieder geval al so Zuma-voos dat ’n mens amper vir die sjeiks wil sê, gee die man net politieke asiel en laat die man Dubai toe verkas en sy ­piña coladas onder ’n boom op ’n nagemaakte strand drink. Gee Zuma wat hy vra en siem salla biem laat hy net verdwyn uit Suid-Afrika. Asseblief.

Want geen demokratiese land kan so gestroop word deur een man en die Guptas nie.

Zuma het ons land spreekwoordelik vir die 30 silwerstukke verkoop.

Snaaks hoe Zuma die Grondwet kan skend en sy ampseed verbreek, maar na die pype van die Guptas kan dans.

Daar was eintlik geen staatskaping nie: Suid-Afrika is deur Zuma op ’n silwer skinkbord aan die Guptas weggegee. Die ANC is by die vurk in die kruispad. Hulle het net eintlik twee keuses. Óf hulle kies Zuma, óf hulle kies Suid-Afrika. Kies hulle Zuma, sal die geskiedenis hulle beoordeel as lamsakkig en lafhartig.

Want geen demokratiese land kan so gestroop word deur een man en die Guptas nie.

Dit maak ook nie eintlik meer saak wat die ANC doen nie. Hulle gaan nooit werklik herstel van die stink reuk wat om die ANC se koppe dartel nie. Te lank het hulle Zuma en die staatskapers beskerm. Wanneer hierdie Zuma/Gupta-kaartehuis ineen gaan tuimel, durf ons nooit vergeet wie die verdedigers van hierdie lotjie was nie.

Maar terug na die patetiese Molefe en Brown. Molefe is niks beter as Hlaudi wanneer dit by versinsels kom nie. Eers het hy bedank as uitvoerende hoof van Eskom. Toe word gesê hy is weg met ’n goue handdruk van R30 miljoen. Toe is dit weer vervroegde aftrede en die laaste was dat hy met onbetaalde verlof was. Gaan vlieg ’n vlieër. Snert. Niemand glo julle meer nie.

Hierdie oor-en-weer-liegtery van die nuwe elite soos Molefe en Brown is endemies van die Zuma-administrasie.

Die minagting wat hulle vir die demokrasie toon, is skrikwekkend.

Brown wil nou haar hande in onskuld was, maar sy is aandadig aan hierdie deurmekaarspul. Vir wie wil Brown nou bluf om ’n ondersoek in te stel na staatskaping by Eskom?

Ons weet mos in wie se diens Molefe gestaan het. Ons weet mos ook wie ministers aanstel en afdank. En dit is nie Zuma nie. Dis die Guptas wat hierdie land regeer. Hulle is die regte base van Molefe, Brown en Zuma.

Lynne Brown, jy en jou gabbas moet weet Suid-Afrika het nie meer tyd vir grappies en speletjies nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.