23 Julie 00:37
Kaapstad Verander Area

Sondag

17°C / 11°C

Wind 20km/h

Reënval 0

Humiditeit 61%

Maandag

17°C / 8°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 64%

Dinsdag

14°C / 12°C

Wind 40km/h

Reënval 9mm

Humiditeit 63%

Woensdag

13°C / 9°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 59%

Donderdag

17°C / 8°C

Wind 13km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 56%

Vrydag

17°C / 13°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 51%

Menings
Leopold Scholtz: ‘Demokrasie’ by Russe net Poetin se idees

Wat behels die demokratiese stelsel? Nie wat die mense in Amerika en Europa daaronder verstaan nie – dít is ’n “pseudo-demokrasie”.

Dit is wat deesdae toenemend in die kringe rondom pres. Wladimir Poetin van Rusland gehoor kan word. Soos by Aleksander Bastrikin, hoof van die Russiese ondersoekkomitee, ’n magtige liggaam wat ’n soort alternatiewe openbare vervolgingsgesag vorm, regstreeks aan Poetin verslag doen en volgens kritici sy persoonlike justisie-apparaat vorm.

Bastrikin het vandeesweek ’n artikel in die koerant Kommersant geskryf wat ongetwyfeld ook Poetin se idees weerspieël. Dit wys dat Rusland op pad na ’n totalitêre diktatuur is.

Rusland moet hom van die Westerse “pseudo-demokrasie” en dié se “pseudo-liberalisme” afwend, skryf Bastrikin. Die demokrasie moet op die algemene belang gerig word, nie op absolute vryheid en die willekeur van individuele lede van die samelewing nie.

Dus pleit hy vir ’n streng ideologiese opvoeding van die jeug ooreenkomstig Poetin se idees om hulle weerbaar te maak teen die Westerse ideologiese aanslag. Dit moet strafbaar word om “historiese feite” te ontken, soos dat die Krim hom in 2014 “vrywillig” by Rusland aangesluit het.

(Dit volg trouens op ’n groeiende veldtog om Josef Stalin se historiese erfenis te rehabiliteer en sy misdade te ontken.)

Bastrikin het ook ’n beperking op toegang tot die internet in die vooruitsig gestel.

Bastrikin het ook ’n beperking op toegang tot die internet in die vooruitsig gestel. Die internet word vir die Weste se ideologiese offensief teen Rusland misbruik, meen hy.

As pertinente voorbeelde noem hy die argwaan in die Weste dat Russiese soldate vir die neerskiet van Malaysian Airlines se vlug MH17 van Amsterdam na Kuala Lumpur in Julie 2014 verantwoordelik was, die suspisie dat Russiese agente die dissident Aleksander Litwinenko met die gifstof polonium vermoor het, en die bewerings dat Rusland Fifa omgekoop het vir die gee van die Wêreldbekersokkertoernooi van 2018.

Hy skryf veral Amerika bestee jaarliks “miljarde” aan die opstook van “anti-Russiese gevoelens” in Rusland se buurlande. Hy beweer ook dat die uiteenval van die Sowjetunie einde 1991 “ ’n element was van die eerste, voorlopig nog verborge fase van die inligtingsoorlog” teen Rusland.

Woorde soos dié vind geredelik ingang by die breë Russiese publiek. Die Russe is ’n uiters trotse volk. Ondanks die feit dat die kommunisme en die nasionalisme teoreties teenpole was, is die Russiese nasionalisme voor 1991 juis gevoed deur die feit dat hul land, danksy die kommunisme, ’n supermoondheid was.

Dus was die smadelike einde van die Sowjetunie en die feit dat die moondheid in 15 brokstukke (waarvan Rusland die grootste is) uiteengeval het, vir die Russe ’n verskriklike vernedering.

Die meeste Russe beskou state wat nou onafhanklik is, soos die Oekraïne en Wit-Rusland, nie eens as aparte lande nie, maar as deel van hulself.

Poetin teer duidelik hierop om sy eie mag te versterk.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.