24 Junie 07:20
Kaapstad Verander Area

Saterdag

15°C / 9°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 63%

Sondag

16°C / 11°C

Wind 20km/h

Reënval 0

Humiditeit 64%

Maandag

18°C / 10°C

Wind 9km/h

Reënval 0

Humiditeit 60%

Dinsdag

17°C / 13°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 69%

Woensdag

15°C / 13°C

Wind 40km/h

Reënval 10mm

Humiditeit 79%

Donderdag

14°C / 9°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 64%

Menings
Maimane wys wat in hom steek

Mmusi Maimane het Dinsdag gewys waarom hy die regte leier vir die DA is in hierdie onstuimige era van twiets. Hy het die strydbyl begrawe met sy voorganger as DA-leier, Helen Zille, wat met ’n onoordeelkundige twiet oor kolonialisme die DA in ’n krisis gedompel het.

Peter Bruce het Sondag ’n waar ding in Sunday Times oor die sage geskryf. Helen Zille, het Bruce geskryf, is die verlede van die party, terwyl Maimane die toekoms is.

Maimane het dit met sy besliste en oordeelkundige optrede gister geregverdig. Hy het erken daar is ongetwyfeld baie van Zille om te waardeer, maar die party én die land is groter as sy. Zille het die laaste tyd gewys dat sy nie graag luister nie, een van haar weinig mindere karaktertrekke.

Maak geen fout nie: Hierdie was ’n baie gekompliseerde kwessie vir die DA. Zille was duidelik buite orde. Sy het die DA groot skade berokken en Maimane se leierskap onder groot druk geplaas. Hy het egter sy misnoeë in baie duidelike taal te kenne gegee en die Zille-terugkap getrotseer, die teken van ’n goeie leier. Sy besluit om haar te vervolg, is sterk deur Zille se ondersteuners gekritiseer.

Dit is ’n werklikheid van die Suid-Afrikaanse politiek dat as die DA eendag die land wil regeer, hy eenvoudig swart kiesers sal móét oortuig om vir hom te stem. En dít is Maimane se uitdaging as leier.

Helen Zille, het Bruce geskryf, is die verlede van die party, terwyl Maimane die toekoms is.

Hy het homself nou al male sonder tal bewys as ’n leier in eie reg wat nie die seën van sy wit kollegas nodig het om homself te laat geld nie. Zille se reaksie op die DA se optrede teen haar het die fokus op Maimane gesit en hóm die probleem gemaak, soos wat gesien kon word in die reaksies van veral wit DA-ondersteuners en -lede.

Die politiek word dikwels beskryf as die kuns van die moontlike. Maar dit gaan ook oor die onmoontlike. Met haar twiet het Zille met die onmoontlike geflankeer.

Daar is sekere goed wat eenvoudig nie moontlik is in ons politiek nie. Soos om waarderend te twiet oor hoe goed kolonialisme kwansuis was vir Suid-Afrika. Die einste kolonialisme wat aan die wortel van al die historiese kwaad in Suid-Afrika lê.

Dis ongelooflik dat Zille nie kon sien hoe haar twiet iemand soos Maimane sou ontstig nie. Met dié opmerking het sy getoon dat sy hom nie regtig geken of verstaan het nie.

Was hierdie ’n kwessie oor ras? Beslis. Het gister se ontknoping van die herrie die DA uit die ras-moeras gekry? Nee. Dit is per slot van rekening Suid-Afrika hierdie.

Wit en swart Suid-Afrikaners het ’n diep uiteenlopende ervaring van kolonialisme en dié se kind, apartheid. Wit en swart was albei aan die ontvangkant van albei stelsels. Swart mense aan die kant van ontneming en die smart en lyding wat daarmee gepaardgegaan het en wit mense aan die kant van al die voordele wat voortspruitend was uit wit bevoordeling.

Die DA sal nooit weer dieselfde wees nie. Die Zille-herrie het die kwessie van ras waarmee die DA dalk te gemaklik omgegaan het, reg in die middel van die DA-kamer geplaas as die olifant wat nie geïgnoreer mag word nie. Maimane sal dit móét aanspreek.

Hy het gister bewys hy is daartoe in staat. Hy het ’n visie vir Suid-Afrika, anders as sy teenstander in die ANC, pres. Jacob Zuma.

Die Zille-twiet was vir hom ’n groot, maar nie onoorbrugbare uitdaging. Hy was dit nie net aan die DA nie, maar ook aan die land verskuldig om dit met insig en wysheid te beredder. Dít het hy gedoen.

Sterkte, Mmusi. Onthou, jy is die toekoms van die DA – en ’n Donald Trump is jy nie!

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.