23 Augustus 14:01
Kaapstad Verander Area

Woensdag

14°C / 12°C

Wind 19km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 78%

Donderdag

14°C / 12°C

Wind 28km/h

Reënval 3mm

Humiditeit 60%

Vrydag

16°C / 11°C

Wind 26km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 63%

Saterdag

16°C / 11°C

Wind 25km/h

Reënval 0

Humiditeit 63%

Sondag

18°C / 12°C

Wind 33km/h

Reënval 0

Humiditeit 54%

Maandag

20°C / 9°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 51%

Menings
Max du Preez: Apart woon is apart doen
’n Kennisgewing ingevolge die Groepsgebiedewet wat tydens apartheid gegeld het. Foto: Argief

So lank as wat Suid-Afrikaners apart van mekaar woon, sal hulle apart van mekaar lewe – en dink, en doen. Dit is die een faset van apart-heid waaraan ons die laaste twee dekades byna niks gedoen het nie.

Dit is baie moeilik om ongelykheid in ’n samelewing te versag, dalk onmoontlik om heeltemal ongedaan te maak sonder om die ekonomie te vernietig.

In Suid-Afrika is ongelykheid nie net onder die hoogste ter wêreld nie, dit is ook die gevaarlikste foutlyn wat ons toekomstige stabiliteit bedreig.

Meer as enige ander nasie het ons boonop die probleem dat ongelykheid ’n sterk ras-element en wortels in ons bittere verlede het.

Terwyl ons na ekonomiese modelle en metodes soek om ekonomiese ongelykheid en armoede te bekamp, behoort ons alle moontlike stappe te doen om die stygende swart en bruin gegriefdheid aan te pak, die afgrond tussen bevolkingsgroepe kleiner te maak en ’n sin van nasionale identiteit te bevorder.

Die eerste Groepsgebiedewet is destyds in 1950 deur die wit parlement aanvaar en het in die daaropvolgende 40 jaar in verskeie gedaantes daarvoor gesorg dat wit, bruin, swart en Indiër weg van mekaar af woon.

Die laaste weergawe van die wet is al in 1991 herroep, maar stads­beplanners oraloor het meestal bloot die ou paradigma bly volg en ons woon vandag nog meestal weg van mekaar – in die meeste gevalle ver weg van mekaar.

Ek het dié week hieraan gedink toe ek deur die Vrystaat gereis het: Die een spierwit dorp ná die ander met ’n township (baie plattelanders praat nog van die “lokasie”) en ’n plakkerskamp ’n ent weg, gewoonlik aan die ander kant van die nasionale pad of die spoorlyn.

Met die vlug terug Kaapstad toe kon ek die strakke residensiële segregasie in die Skiereiland uit die lug beskou en soos ek van die lughawe af huis toe ry, het ek geweet: hiér bly meestal bruin mense, hiér bly meestal swart mense, en hiér is die wit woonbuurte.

Ek dink die herontwerp en herverbeel van ons stedelike leefruimtes is net so belangrik, dalk belangriker, as grondhervorming wat landbougrond aanspreek.

Sowat ­sewe uit tien Suid-Afrikaners woon in stede en navorsing het gewys dat die meeste van hulle geen belangstelling het om te gaan boer nie, maar beslis onder beter omstandighede in die stede en­ ­dorpe wil bly.

Dit gaan nie net oor nasiebou en menswaardigheid nie, daar is sterk ekonomiese redes waarom ons die praktyk dat armer klasse so ver van die sentrums van ekonomiese aktiwiteit woon, moet verander. Hoeveel stories het jy nie al gehoor van werkers wat vier of vyf uur lank elke dag na en van die werksplek reis nie?

Dit gaan ingrypende kopskuiwe, vars idees, heelwat konsultering en ’n ton politieke wil kos om dié probleem aan te pak, maar dit moet dringend gedoen word.

Alle stede en dorpe moet dit doen, maar kom ons neem Kaapstad hier as ’n voorbeeld. Die staat wil uiteindelik die 2,5 vierkante kilometer waarop die Pollsmoor­gevangenis gebou is, verkoop, want dié plek is in ’n baie swak toestand. Dit is strategies tussen Tokai en die M3 geleë.

Dan is daar die yslike stuk grond tussen Century City en die woonbuurte Rugby, Brooklyn en Milnerton waarop die Ysterplaat-lugmagbasis nou is. Dit raak aan die oop stukke grond in Culemborg, wat aan Transnet behoort, wat weer raak aan die groot stuk oop grond by Oude Molen, aangrensend aan Pinelands.

Dié eiendomme kan tienduisende gesinne huisves. Die ideaal sou wees om dit só te ontwikkel dat welvarende mense, middelklas-mense en mense in die werkersklas almal ’n tuiste kan vind en in harmonie in dieselfde omgewing kan woon.

  • Max du Preez is ’n joernalis, skrywer en politieke kommentator.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.