29 Junie 04:14
Kaapstad Verander Area

Donderdag

16°C / 9°C

Wind 23km/h

Reënval 0

Humiditeit 67%

Vrydag

14°C / 12°C

Wind 13km/h

Reënval 9mm

Humiditeit 86%

Saterdag

16°C / 12°C

Wind 10km/h

Reënval 0

Humiditeit 80%

Sondag

15°C / 11°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 75%

Maandag

16°C / 12°C

Wind 10km/h

Reënval 0

Humiditeit 81%

Dinsdag

16°C / 12°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 80%

Menings
Max du Preez: Keer nóú SA se Simson
Max du Preez

Pres. Jacob Zuma en sy ondersteuners in die ANC, die kabinet en die sakesektor dryf Suid-Afrika genadeloos op pad na ’n kredietafgradering na rommelstatus in Desember en ’n gevolglike diep ekonomiese resessie.

Dit is soos om twee treine in slow motion op mekaar te sien afpyl. Almal wéét hier kom ’n helse botsing, maar niemand doen iets daaraan nie. Inteendeel, die drywers gee al meer vet hoe nader ons aan die ramp kom.

Dit gaan baie sleg vir Suid-Afrika wees, maar dit is nog slegter nuus vir die ANC self en sy kanse om ná 2019 steeds aan die bewind te wees.

Tensy ons binnekort en drasties van koers verander, word ons deur ’n skerp toename in werkloosheid en armoede in die gesig gestaar wat waarskynlik tot groter onstabiliteit gaan lei.

Dis moeilik om ’n wending te voorsien terwyl Zuma nog onbeheers regeer.

’n Mens kan Zuma se motivering nog verstaan. Hy veg verbete om uit die tronk te bly, om die tentakels van patronaatskap waarop sy mag berus in stand te hou en om sy clan en sy vriende se snoete nog ’n jaar lank onversteurd in die trog te hou.

Hy is heeltemal bereid om soos die Bybelse Simson die pilare van Tempel Suid-Afrika om te trek en die hele plek in duie te laat stort.

Dalk kan ’n mens Zuma se foxter­riërs se gedrag ook verklaar. Ministers soos Mosebenzi “Pinocchio” Zwane, Bathabile Dlamini en Des van Rooyen weet dat sonder hul blinde lojaliteit aan Zuma en die Gupta-familie hulle hoogstens ANC-agterbankers sou wees.

Adjunkminister Kebby Maphatsoe, die sogenaamde MK-veterane, die premiers van die Vrystaat, Noordwes en Mpumalanga en die ANC se vroue- en jeugligas besef ook dat hul toekoms sonder Zuma maar bleek en hul beursies dun lyk.

Maar wat van die res van die ANC se leierskapstrukture? Die skade wat Zuma se trekpas aan die minister van finansies in Desember aan die ekonomie aangerig het, het mos helder en duidelik vir selfs ongeletterdes gewys wat die gevolge is as die markte en beleggers die skrik op die lyf gejaag word.

En tog is dit wat hulle doen: Hulle laat toe dat die Valke op Pravin Gordhan jag maak al is dit duidelik dat geen strafregtelike aanklagte ter sprake kan wees nie; hulle kyk toe hoe die status van die nasionale tesourie, die Reserwebank en die bankstelsel aktief ondermyn word, en hulle is tjoepstil oor die blatante kaping en misbruik van staatsondernemings.

Zuma se grootste prestasie is dat hy in agt kort jare daarin geslaag het om die heel slegste kant van die 104 jaar oue bevrydingsbeweging na vore te bring en tot die rand van selfvernietiging te lei.

’n Treinongeluk-in-wording is nie die enigste metafoor waaraan die gedrag van die regering en die regerende party ’n mens laat dink nie.

’n Dronk, ­chaotiese hillbilly-begrafnis is ’n ander; en dan is daar Hompie Kedompie wat van die muur afgeval het en nie weer aanmekaar gesit kan word nie.

Die tyd is nie aan die kant van adjunkpresident Cyril Ramaphosa en ander wat Zuma se korrupte kabaal teenstaan nie.

Elke dag dat die heksejag op Gordhan voortgaan en die gulsige vingers om die keel van die nasionale tesourie stywer klem, is ’n dag nader aan ons ekonomiese ruïnering.

Dit sal in alle Suid-Afrikaners se belang wees as die krisis binne enkele weke tot ’n punt gebring word. Die voortslepende onsekerheid en verlies aan respek vir die staat is erger as selfs ’n Zuma-oorwinning.

Die burgerlike samelewing en die sakesektor sal die druk nou met mening moet laat oplaai.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.