25 Maart 21:42
Kaapstad Verander Area

Sondag

21°C / 14°C

Wind 23km/h

Reënval 0

Humiditeit 61%

Maandag

20°C / 15°C

Wind 20km/h

Reënval 0

Humiditeit 74%

Dinsdag

20°C / 15°C

Wind 34km/h

Reënval 0

Humiditeit 62%

Woensdag

22°C / 15°C

Wind 20km/h

Reënval 0

Humiditeit 55%

Donderdag

23°C / 16°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 58%

Vrydag

20°C / 14°C

Wind 18km/h

Reënval 0

Humiditeit 80%

Menings
Max du Preez: Los vrees vir swart trots
Die swartbewussynsprofeet Steve Biko. “Dalk moet iemand Biko se boeke in Afrikaans vertaal en moet ons dit almal lees,” sê Max du PreezFoto: AP

Wit Suid-Afrikaners behoort nie bedreig of ongemaklik te voel oor die opwelling van swart bewussyn en swart trots nie.

Ons moet eerder probeer verstaan waar dit vandaan kom en wat dit beteken.

Ons hoef nie opgewerk te raak as die 13-jarige Zulaikha Patel van Pretoria met haar afro en vuis in die lug haar sterk gevoelens uitspreek oor hoe dit is om ’n swart meisie in ’n meestal wit omgewing te wees nie. Ons moet eerder met respek kyk na swart tieners wat om hul eie menswaardigheid veg.

Ons moenie oorreageer nie as swart landgenote hulle in sterk taal oor swartwees uitlaat en dalk dwarsklappe na ons uitdeel omdat hulle voel wit is steeds die norm in ons gemeenskap.

Dit help nie as wit mense goed sê soos “apartheid is mos al in 1994 begrawe, wat lol julle nou nog” of “kom oor jul rasbeheptheid” nie.

Of, in die geval van skole en universiteite, “julle het mos geweet wat die reëls en die demografie van dié instellings is, hoekom het julle in elk geval daarnatoe gegaan?”

Ons moet eerder nadink oor hoe dit gebeur het dat die swartbewussynsprofeet Steve Biko nou, 39 jaar ná sy dood, meer aangehaal word as ooit tevore.

Hoe is dit dat veral die swart jeug vandag ervaar dat hulle steeds nie tot hul reg kom nie en steeds vervreemd in ’n land met ’n oorweldigende swart meerderheid en ’n hoofsaaklik swart regering voel?

Dalk moet iemand Biko se boeke in Afrikaans vertaal en moet ons dit almal lees.

Ons moet eerder nadink oor hoe dit gebeur het dat die swart bewussynsprofeet Steve Biko nou, 39 jaar na sy dood, meer aangehaal word as ooit tevore.

Ek dink ons moet veel harder probeer om verby ons eie witmiddelklas-probleme en slagoffergevoelens te kyk en ’n slag erkenning te gee dat swart landgenote sedert 1994 méér as ons moes aanpas en toegee; dat ons steeds meestal boaan die voedselketting staan; dat daar inderdaad genoeg rede is vir swart Suid-Afrikaners om te probeer om hulself te laat geld.

Ons beroep ons graag op ons Grondwet met sy handves van menseregte om ons eie regte te beskerm, maar ons vergeet dat dit ook daarna streef om “die verdeeldheid van die verlede te heel en ’n samelewing gegrond op demokratiese waardes, maatskaplike geregtigheid en basiese menseregte te skep” en verklaar: “Elkeen het ingebore waardigheid en die reg dat daardie waardigheid gerespekteer en beskerm word.”

Dit is natuurlik waar dat vele van ons probleme en die gebrek aan ontwikkeling, veral van die swart jeug, voor die deur van opeenvolgende ANC-regerings se onbeholpenheid, korrupsie en wanadministrasie gelê kan word.

Maar dit is nie die hele verhaal nie en dis nie ’n geldige rede waarom swart bewussyn met agterdog bejeën moet word nie.

Die meeste swartbewussyn-aktiviste is in elk geval krities jeens die ANC.

Te veel van ons wit mense tree op asof die lei in 1994 skoongevee is; asof daar ’n 50/50-verdeling tussen wit en swart is – “hulle” en “ons”.

Ek wil hulle herinner aan wat die historikus Hermann Giliomee verlede week geskryf het: “Demografie is lotsbestemming” en die één leuse wat nog altyd in die geskiedenis gegeld het.

Ons is soms só behep met ons “minderheidsregte” en die “onreg” van swart ekonomiese bemagtiging en regstellende aksie dat ons perspektief verloor en die groter prentjie van ons land miskyk.

Dit is in almal, ook die wit minderheid, se belang dat swart landgenote selfversekerd en bemagtig voel.

As dit beteken ons moet meer sensitief wees, beter verstaan en soms meer luister as praat, dan is dit wat ons moet doen.

En ons moet besef dat daar in ’n meer regverdige en egalitêre samelewing ál minder rede vir rasgegronde selfgelding gaan wees.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.