24 Julie 18:48
Kaapstad Verander Area

Dinsdag

16°C / 12°C

Wind 33km/h

Reënval 9mm

Humiditeit 69%

Woensdag

14°C / 9°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 56%

Donderdag

18°C / 10°C

Wind 12km/h

Reënval 0

Humiditeit 56%

Vrydag

19°C / 14°C

Wind 27km/h

Reënval 0

Humiditeit 55%

Saterdag

18°C / 14°C

Wind 35km/h

Reënval 0

Humiditeit 60%

Sondag

16°C / 10°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 60%

Menings
Max du Preez: Mooipraat se tyd is verby
Mielies word in die Vrystaat gestroop. Die skrywer redeneer georganiseerde landbou sal gou met groter dringendheid en ’n luider stem ’n waterdigte ooreenkoms met die regering moet aangaan.Foto: JAN HAMMAN

Suid-Afrika gaan hiervandaan een van twee roetes volg: radikale sosio-ekonomiese transformasie volgens Jacob Zuma en sy staatgrypers se model, of inklusiewe ekonomiese groei volgens die Gordhan/Jonas-model.

Ons moet deeglik verstaan dat as dit inklusiewe groei gaan wees, die “inklusiewe” deel daarvan ingrypend, selfs radikaal, moet wees, anders gaan die staatkapers, korruptes en populiste in elk geval uiteindelik die stryd wen.

Die landbou- en sakegemeenskap moet die skrif aan die muur lees en verstaan: Die sosiopolitieke dinamika van die laaste twee dekades het onherroepelik verander. Die keuse is duidelik: Word aktief deel van die inklusiewe groei of word ’n slagoffer van radikale ekonomiese transformasie.

Gordhan het in sy begrotingsrede ’n frase gebruik wat nog lank gaan weerklink: Transformasie sonder groei, gaan die ekonomie, dienslewering en veral die armes benadeel; groei sonder transformasie gaan die gevaarlike ongelykheid versterk. Gordhan het gesê die werklike toets vir die ekonomiese model is of dit werk skep, armoede bekamp en die gaping in ongelykheid verklein.

Die staat was tot dusver erg onbeholpe met grondhervorming en miljarde rande is só gemors. Dit is tyd vir ’n nuwe, gedetailleerde en holistiese plan, gegrond op die nasionale ontwikkelingsplan.

Die leier van die SAKP, Blade Nzimande, het gewaarsku dat die mantra van radikale ekonomiese transformasie wat nou weer kop uitsteek, eintlik maar ’n opportunistiese manier is vir die verryking van ’n klein swart elite.

Die probleem is dat ons doodgewoon nie meer kan voorspel wat volgende gaan gebeur nie. Die magstryd in die ANC het ’n openlike oorlog geword wat elke dag eskaleer. Dít bepaal watter pad gevolg en watter besluite geneem word, nie rasionale beleidsoorwegings nie. En dit gaan minstens tot einde vanjaar met die ANC se leiersverkiesing duur, dalk nog tot middel 2018.

Al wat gewone burgers, die media, opposisiepartye, nieregeringsorganisasies en die private sektor in die maande wat voorlê kan doen, is om uiters waaksaam te wees en die openbare mening en howe te gebruik om te keer dat die Zuma-faksie ons ekonomie onherroepelik skade aandoen. Dit gaan moeilik wees, want die Zuma/Gupta-kabaal het strategiese staatsinstellings tot sy beskikking: die sekuriteit- en intelligensiedienste, die Valke, die Inkomstediens, die vervolgingsgesag en waarskynlik ook die openbare beskermer.

Ons in die middelklas betaal regtig nou baie belasting, nie net die verhoogde inkomstebelasting nie, maar ook die 93c-heffing op elke liter brandstof en, vir sommige, verhoogde maatskappybelasting. Ons het nou die reg om luidkeels beswaar te maak as ons lees dat die waarnemende uitvoerende hoof van Prasa, Collins Letsoalo, sommer vir homself ’n 350%-salarisverhoging gegee het; dat BBP-beveiliging in die laaste drie jaar van Zuma se administrasie tot R6 miljard gestyg het; en dat Eskom vrot is van die korrupsie en dat dít die rede vir die beurtkrag was wat ons ekonomiese groei so gekortwiek het.

Landbouers sal veral wakker moet wees nadat Zuma gesê het hy wil grond sonder vergoeding laat konfiskeer. Die tyd vir wag-en-sien en mooipraatjies maak is verby. Georganiseerde landbou sal gou met groter dringendheid ’n waterdigte ooreenkoms met die regering moet sluit: hulp met heelwat vinniger grondhervorming in ruil vir onbreekbare waarborge vir die behoud van produktiewe plase.

Die staat was tot dusver erg onbeholpe met grondhervorming en miljarde rande is só gemors. Dit is tyd vir ’n nuwe, gedetailleerde en holistiese plan, gegrond op die nasionale ontwikkelingsplan, wat alle aspekte van grondgebruik bekyk en duidelike beleid uitspel. Dit moet planne vir heelwat meer volhoubare kleinboere insluit.

Dié inisiatief kan net uit die landbougemeenskap kom.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.