26 April 07:52
Kaapstad Verander Area

Woensdag

19°C / 14°C

Wind 21km/h

Reënval 0

Humiditeit 78%

Donderdag

19°C / 15°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 79%

Vrydag

22°C / 14°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 64%

Saterdag

26°C / 17°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 44%

Sondag

21°C / 16°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 70%

Maandag

19°C / 15°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 77%

Menings
Max du Preez: Realpolitik vereis dat ons inspring

’n Obskure, afgetrede Engelse tannie van KwaZulu-Natal het eiehandig daarvoor gesorg dat elke Suid-Afrikaner met ’n bleek vel in die beskuldigdebank geplaas is. Die aanklag: rassisme. #WhiteSupremacy. Daar was ’n orgie op sosiale media wat elke wit mens ­voëlvry verklaar het; ’n heksejag waarin verskeie omstanders ook geteiken is.

Maar die nasionale histerie wat gevolg het op Penny Sparrow se vergelyking van swart mense met ape, was dalk nie net sleg vir ons land nie.

Een van die Twitter-celebrities wat hoofsaaklik op rassekwessies kommentaar lewer, Victor Dlamini, het gister getwiet: “Die lisensie vir rassisme is gekanselleer.” Hy is reg. Rassisme gaan van nou af beslis gevolge vir die plegers daarvan hê.

Dit is 2016 – 26 jaar nadat FW de Klerk die dood van apartheid en die vrylating van Nelson Mandela aangekondig het. Hoe is dit moontlik dat ons ná al die jare nog nie wit rassistiese houdings en uitlatings tot ’n handvol wanaangepastes kon beperk nie?

Hoe is dit moontlik dat ons ná al die jare nog nie wit rassistiese houdings en uitlatings tot ’n handvol wanaangepastes kon beperk nie?

Wat my meer ontstel het as Sparrow se walglike uitlating, was die reaksie van baie wit mense op die reaksie wat dit ontlok het. Nie net kon hulle nie insien hoekom swart Suid-Afrikaners so diep beledig en gegrief voel nie, hulle het boonop probeer sê Sparrow se uitlating was nie erger as die “rassisme” van swart mense nie – en dan noem hulle swart ekonomiese bemagtiging, regstellende aksie en plaasmoorde as voorbeelde.

Ander, meer subtiel, het verklaar dat Sparrow se uitlating onsensitief is, maar dat sy die reg het om dit te maak. Nou sit nou die skoen aan die ander voet . . .

Wel, miskien hóórt al ons bleekvelle in die beskuldigdebank. Ons het toegelaat dat die kanker van rassevooroordeel, blatant en subtiel, aanhou groei nadat ons ’n demokrasie geword het. Ons het dit in ons eie geledere geduld. Die haters het ons geïntimideer met hul aanklagte van politieke korrektheid en gatkruipery.

Ons het nie die pakt wat ons in 1994 met ons Grondwet saam met alle ander Suid-Afrikaners gemaak het, eerbiedig nie.

Die woeste storms rondom rassisme was ook ’n katarsis vir baie swart mense om ’n slag skerp en in die openbaar daarop te reageer – en in baie gevalle beledigings terug te gooi. Ons moet dit probeer verstaan. Waar ons nou in die beskuldigdebank staan, moet ons ernstige introspeksie doen. Ons moet opstaan en verantwoordelikheid neem, sonder voorbehoude en verskonings en verduidelikings.

Ons moet deeglik besef dat ons by ’n keerpunt staan en dat ons toekoms ernstig beïnvloed gaan word deur na watter kant die water gaan afloop. Om rassisme in eie geledere uit te roei, is net die begin.

Julius Malema het Sondag gevra: “Hoekom is dit dat wit mense so maklik met walging na ons kyk en ons menswees ondermyn? Die antwoord lê in die strukturele organisering van swart lewens, die materiële toestande waaraan swart mense onderwerp word.”

Hopeloos oorvereenvoudig soos Malema graag doen, maar nie sonder ’n greintjie ongemaklike waarheid nie. En ons kan maklik (en nie sonder rede nie) die vinger na ’n onbeholpe ANC-regering wys, maar realpolitik eis dat ons self inspring en die struktuur van ons samelewing help verander; dat ons die “ekonomiese bevryding” van die swart meerderheid help bevorder en ongelykheid help aftakel. Dit is nie net reg nie, dit is in ons eie belang.

Intussen moet ons waak teen die tirannie van sosiale media en, sonder om apologeties jeens rassiste oor te kom, wal gooi dat vrye spraak nie ’n slagoffer word nie. Ons durf nie toelaat dat populiste en opportuniste ons oordonder nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.