27 Julie 00:27
Kaapstad Verander Area

Donderdag

17°C / 8°C

Wind 15km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 55%

Vrydag

20°C / 13°C

Wind 24km/h

Reënval 0

Humiditeit 54%

Saterdag

18°C / 13°C

Wind 23km/h

Reënval 1mm

Humiditeit 64%

Sondag

20°C / 12°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 59%

Maandag

21°C / 13°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 52%

Dinsdag

16°C / 14°C

Wind 21km/h

Reënval 0

Humiditeit 68%

Menings
Minister Dlamini laat 17 m. armes in SA in die steek

Pres. Jacob Zuma is nie die enigste openbare ampsbekleder wat as ’n “one-man wrecking ball” bestempel kan word nie, skryf Alicestine October. Daar is ook een aan’t afbreek in die departement van maatskaplike ontwikkeling, wat dieselfde openbare verontwaardiging as bewerings oor staatskaping verdien.

Alicestine October

Bathabile Dlamini, minister van maatskaplike ontwikkeling, is al baie dinge genoem. Meer onlangs was sy in die spervuur oor haar beweerde drinkgewoontes en duur smaak in hotelle. Maar ’n mens kan haar dít dalk nog vergewe.

Wat egter die felste openbare verontwaardiging verdien, is die totale onbeholpenheid met die voorbereiding vir die oorgangsfase wanneer die maatskaplike sekerheidsagentskap Sassa self die betalings van maatskaplike toelae oorneem. Die kontrak met die bestaande diensverskaffer verstryk einde Maart vanjaar.

Wat ook openbare verontwaardiging regverdig, is die gebrek aan leiding deur ’n departement wat vir nagenoeg 17 miljoen arm Suid-Afrikaners voog staan.

’n Mens wonder soms wat sou gebeur as staatsamptenare en ministers of ander in die politieke elite-voedselketting gedwing word om vir ’n maand op ’n maatskaplike toelaag te oorleef. Sal onshulle dán meer respek en dringendheid aan die dag lê oor ’n kwessie wat dreig om letterlik die kos van die armes se tafel te neem?

Sedert verlede jaar het opposisiepartye en organisasies soos die Black Sash gewaarsku oor die gebrek aan inligting oor Sassa se planne vir die uitbetaal van toelae. Dit was tot dusver ’n verbete stryd teen ’n muur van ongeërgdheid. Die toelae van miljarde rande aan die nagenoeg 17 miljoen Suid-Afrikaners is dikwels dié mense se enigste bron van inkomste. Teen 1 April sal Sassa self dié uitbetalings hanteer.

Dlamini en Sassa het tot dusver met moord weggekom.

Die konstitusionele hof het die bestaande kontrak in 2014 reeds ongeldig verklaar en Sassa kans gegee om ander planne te maak. Maar teen laat verlede jaar het Sassa self in die parlement erken dat hy te ambisieus oor dié planne was. Maar waar was die openbare verontwaardiging of kollektiewe histerie tóé?

Tot dusver was dit spoeg en plak vir LP’s, organisasies sonder winsbejag en ander rolspelers om ’n geheelbeeld te kry van wat presies aangaan. Selfs banke wat tot dusver by die uitbetaling van die toelaes betrek is, is steeds onseker oor waar hulle in dié nuwe planne inpas.

Business Day het Dinsdag geskryf minstens vier banke wil vir dié kontrak tender.

Dlamini het egter aan LP’s, wat haar in November verlede jaar met vrae hieroor gepeper het, gesê die inligting is vanuit ’n regsoogpunt sensitief. Toe sy en Sassa verlede week weer voor die parlement se portefeuljekomitee oor maatskaplike dienste moes verskyn, is die vergadering gekanselleer. Die amptelike rede was weens ’n ANC-lekgotla, maar dit het later bekend geword dat die minister in Ethiopië is.

Dlamini, wat ook president van die ANC-vroueliga is, sou volgens die liga ’n kantoor skep wat “vroue in die diaspora” sal ondersteun. Haar kantoor het egter later probeer wal gooi en gesê sy was daar as deel van ’n amptelike regeringsafvaardiging in aanloop tot die Afrika-unie se beraad.

Hoe dit ook al sy, een van die komitee se belangrikste vergaderings is afgestel vir partypolitieke doeleindes en nagenoeg 17 miljoen Suid-Afrikaners is steeds nie veel wyser nie.

Minister en Sassa kom met moord weg

Dit was ook nie die eerste keer dat Dlamini “dros” omdat sy “ander verpligtinge” het nie. Haar departement se rekord tot dusver boesem ook nie veel vertroue in by die publiek dat stelsels gereed is om die proses doeltreffend en met integriteit te bestuur nie. Die departement het miljoene rande verloor in die vorige boekjaar omdat ’n openbare geleentheid waarop sy begunstigdes sou toespreek, gekanselleer moes word.

Onder Dlamini se leierskap is nagenoeg R1,1 miljard aan belastinggeld in een boekjaar al onreëlmatig bestee.

In die parlement se staande komitee oor openbare rekenings, Skoor, is gesê dit was glo omdat pres. Zuma haar elders benodig het. Onder Dlamini se leierskap is nagenoeg R1,1 miljard aan belastinggeld in een boekjaar al onreëlmatig bestee. Niemand is verantwoordbaar gehou nie. Onder dié onreëlmatighede tel lyfwagte wat ten duurste aangestel is vir onder andere Dlamini en haar woordvoerder en kontrakte vir veiligheid by Sassa-kantore wat aangegaan is. Dié veiligheidskontrakte het belastingbetalers nagenoeg R414 miljoen gekos met voorskrifte van die Openbare Finansiële Bestuurswet wat omseil is.

Dlamini en Sassa het tot dusver met moord weggekom in – wat bestempel kan word – as blatante minagting van armes en hul reg om te weet wat om te verwag wanneer 1 April aanbreek.

Maar dit is nie net die departement en sy minister wat hulle oënskynlik aan minagting skuldig maak nie. Opposisiepartye is op ’n manier self hieraan skuldig – al is dit in ’n mindere mate. Sekere partye het tot dusver hul stryd probeer voer binne die gange van die parlement, die geveg op papier laat uitwoed asook in die topstrukture van dié departement. Maar dit is nie waar en hoe dié geveg gewen sal word nie. Dit is met die steun van die einste mense vir wie daar geveg word.

Talle stemme het al opgeklink namate die drama ontvou het. Die opposisiepartye het geraas. Die departement en sy minister het hul gang gegaan ondanks dié verontwaardiging. Dít alles sonder dat die luidspreker gehou word voor die monde van dié wat eintlik gehoor behoort te word – die begunstigdes wie se kos op die tafel ter sprake is.

’n Mens wonder ook hoeveel van dié mense is eintlik bewus van hoe die oorgang húlle kan raak.

Dít is die les in hoe politieke leiers en burokrate jaar ná jaar, termyn ná termyn, straffeloos hul plig versaak teenoor die einste mense wie se belange hulle moet verteenwoordig.

Dié mense bly oningelig of daar word vír hulle gepraat en nie noodwendig saam met hulle nie. Dié swaard van paternalisme val hier na albei kante toe – die regering én die opposisiepartye wat hulle vir ’n spesifieke saak beywer en só wys dat paternalisme dikwels met goeie bedoelings kom. Maar ’n mens kan nie juis goeie bedoelings eet nie, kan jy?

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.