22 Julie 12:42
Kaapstad Verander Area

Saterdag

17°C / 11°C

Wind 22km/h

Reënval 0

Humiditeit 67%

Sondag

17°C / 12°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 61%

Maandag

17°C / 10°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 63%

Dinsdag

14°C / 12°C

Wind 41km/h

Reënval 13mm

Humiditeit 68%

Woensdag

13°C / 9°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 58%

Donderdag

17°C / 8°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 55%

Menings
Molefe-pos wys foute in stelsel

Die omstredenheid wat die inhuldiging van Brian Molefe, voormalige Eskom-baas, as ’n parlementslid verlede week ontketen het, het opnuut die fokus op ons verkiesingstelsel geplaas.

Suid-Afrika het ’n stelsel gekies wat gegrond is op partylyste en proporsionele verteenwoordiging. Partylyste plaas die werklike mag en besluitneming in die hande van partybase wat die laaste sê het oor wie in die parlement sit. Proporsionele verteenwoordiging is daarop gemik om te verseker dat kleiner partye nie heeltemal deur groter partye uitgesluit word nie.

Dit is nie ’n perfekte stelsel nie, maar dit het die land tot dusver relatief goed gedien. Die geval Molefe het ’n groot gemor ontketen onder ANC-takke in Noordwes wat voel hulle is nie in die besluit geken om hom ’n LP te maak nie. Molefe is arbitrêr aan van die ontevrede takke toegewys as LP. Ooreenkomstig die stelsel is dít die prerogatief van die partybase.

In 2002 het oudpres. Thabo Mbeki wyle dr. Federik Van Zyl Slabbert aangestel as hoof van ’n taakspan om die doeltreffendheid van die kiesstelsel te ondersoek. Dit was nadat oudpres. Nelson Mandela in die laaste sitting van die tweede parlement in 1999 opgemerk het dat dit dalk nodig was om te kyk na die kiesstelsel en veral na hoe die verhouding tussen openbare verteenwoordigers en kiesers beter kan werk.

Die Slabbert-kommissie het in 2003 verslag gedoen en onder meer ’n gemengde stelsel van kiesafdelings en proporsionele verteenwoordiging voorgestel. Die voorstelle het wyd byval gevind, maar is nooit toegepas nie. In die voortslepende debat oor ons kiesstelsel word dikwels gepleit vir die toepassing van die Slabbert-voorstelle.

Dit sal nie spoedig gebeur nie. Politieke partye het gewoond geraak aan die mag wat die bestaande stelsel in hulle setel. Met die aanstelling van Molefe as ’n LP het die ANC eenvoudig net weer eens bewys dat regstreekse verantwoording aan kiesers hulle nie geval nie.

As LP sal Molefe maar alte goed besef wie sy brood botter, naamlik Luthulihuis en sy vernaamste weldoener, pres. Jacob Zuma.

Niemand verwag dat Molefe hom enigsins teen die wil van die party sal verset nie. Hy sal doen wat van hom verwag word – en dit is om Zuma ter wille te wees. En die protesterende ANC-takke in Noordwes kan maar protesteer tot hulle blou in die gesig is. Hulle het ingekoop by die stelsel en moet vir lief neem met die gevolge.

Suid-Afrikaners in die breë is egter moeg daarvan dat ’n klein politieke ­elite maak en breek soos hulle wil. Mense smag na groter betrokkenheid by die besluite wat hulle raak.

Ons gebrekkige kiesstelsel voldoen nie aan hierdie behoefte nie en moet verander word om meer verantwoordbaar te wees aan die mense wat die meeste behoort te tel in die politiek – die kiesers.

Ontevrede ANC-takke behoort die kwessie op te neem by die party se beleidskonferensie in Junie en die nasionale verkiesingskonferensie in Desember. Suid-Afrikaanse kiesers moet eenvoudig ’n groter mate van regstreekse verantwoordbaarheid kry van hul openbare verteenwoordigers.

Die krag hiervan is bewys met die munisipale verkiesing verlede jaar toe kiesers partybase die vinger gewys het. In munisipale verkiesings stem ons regstreeks vir ’n kandidaat wat homself of haarself moet verduidelik aan die kiesers en nie net aan die party nie.

Iewers moet ons keer dat politici soos Molefe op ons afgedwing word as blote pionne van die partybase.

Sy aanstelling was skandalig en sinies om die meer laaghartige strewes van sy politieke weldoeners te dien.

Dit moet end kry.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.