24 Maart 14:08
Kaapstad Verander Area

Vrydag

20°C / 16°C

Wind 44km/h

Reënval 0

Humiditeit 58%

Saterdag

22°C / 14°C

Wind 25km/h

Reënval 0

Humiditeit 46%

Sondag

22°C / 15°C

Wind 23km/h

Reënval 0

Humiditeit 62%

Maandag

20°C / 17°C

Wind 23km/h

Reënval 0

Humiditeit 67%

Dinsdag

21°C / 16°C

Wind 35km/h

Reënval 0

Humiditeit 63%

Woensdag

24°C / 16°C

Wind 22km/h

Reënval 0

Humiditeit 54%

Menings
Murray La Vita: Wat probeer jy red wanneer jou huis brand?
Murray La Vita

Iemand vertel my onlangs van ’n vrou op daardie skilderagtige Oos-Vrystaatse dorp Rosendal wie se huis in ’n brand verwoes is.

Wat ’n onvoorstelbare verlies. Wanneer ek my probeer indink wat ek sou probeer red indien ek vinnig uit ’n brandende huis moet vlug, kry ek dit nie reg om ’n besliste lys te maak nie. In my gedagtes gryp ek ’n geliefde skilderytjie van Johannes Meintjes, ’n beursie, my paspoort . . . Maar uiteindelik besef ek dit is die verlies van boeke wat vir my die ergste sou wees. Terwyl ek op die internet soek na inligting oor die verwoesting van die groot koninklike biblioteek van Alexandrië, kom ek op iets interessants af en laat vaar ek eers my leeswerk oor daardie afgryslike kulturele tragedie van die antieke wêreld.

Dit is ’n webwerf met die naam www.theburninghouse.com. Die skepper van die werf vra: “Wat sal jy saam met jou neem as jou huis brand? Dis ’n konflik tussen wat prakties, waardevol en sentimenteel is. Wat jy sal neem, weerspieël jou belangstellings, agtergrond en prioriteite. Dink daaraan as ’n onderhoud wat uit een vraag bestaan.”

Hierop volg ’n hele aantal reaksies waarin mense ’n foto plaas van wat hulle sou wou red, vergesel van ’n paragraaf of twee en in sommige gevalle bloot ’n lys van besittings.

Silvia (18) van Spanje, ’n ontwerpstudent, wil ’n Sherlock Homes-hoed, foto’s uit haar ouers se kinderdae en jeug, en ’n sketsboek en skryfgereedskap uit die vlamme red.

Die dinge wat Kaleo Darling (19) van Hawaii sou gryp, sluit in bikini’s en “ ’n gesteelde klip­familie”. Ek lei af laasgenoemde is die twee ovaalvormige klippies waarop gesigte geverf is wat op die foto tussen ’n tekening van ’n blondekopmeisie met die naam Emma en ’n paar tekkies lê.

Die lysie van Klaries van Daele (58), ’n ­“nannie” van Brugge in België, ontroer my: “My eerste handgemaakte kwilt; ’n doos met ou familiefoto’s; my pa se skeerbakkie met my ma se horlosie [dit lê in die bakkie]; ’n teddiebeer wat my broer vir my gegee het toe ek as tien­jarige baie siek was; my ouers se trouregister; my gunstelingboek.” (Op die foto is ’n verweerdesagteband-eksemplaarvan Simone Signoret se Adieu Volodia.)

En dan is daar Stef (23), ’n boekhouer van Adelaide in Australië. Haar huis hét al afgebrand. Sy skryf: “Jy dink nie aan jou gunstelingboek of kameratoerusting nie, al het jy hoeveel daaraan bestee. Dít is nie die dinge waaroor jy sal huil nie; die dinge waaroor jy later nog sal huil as jy aan hulle dink nie.”

Sy het ’n foto van ’n ligbruin-en-wit teddiebeer geplaas wat op grys plaveisel lê. Daaroor skryf sy: “Hierdie teddiebeer het ek gekoop nadat my huis afgebrand het. Hy is lieflik en ek was dankbaar teenoor hom toe ek niks gehad het nie, maar hy is net nie dieselfde nie.”

Sy sê nie dieselfde as wat nie. Seker ’n vorige teddiebeer wat in die brand verwoes is?

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.