18 Augustus 22:07
Kaapstad Verander Area

Saterdag

20°C / 10°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 52%

Sondag

18°C / 12°C

Wind 23km/h

Reënval 0

Humiditeit 57%

Maandag

15°C / 12°C

Wind 31km/h

Reënval 10mm

Humiditeit 81%

Dinsdag

14°C / 11°C

Wind 37km/h

Reënval 6mm

Humiditeit 64%

Woensdag

13°C / 10°C

Wind 24km/h

Reënval 6mm

Humiditeit 79%

Donderdag

13°C / 10°C

Wind 34km/h

Reënval 0

Humiditeit 58%

Menings
My writing is soese pit bull terrier oppe leash

Ek het klomp deadlines, maa ek doen wat ek altyd doen as ek depressed raak. Ek gan sit op my kooi met my laptop en kyk anime films. Ek sit ees Ghost in the Shell an, maa dan raak ek van voor af depressed oo die whitewashed Hollywood ver­sion daavan wat next wiek in cinemas re­lease gan wôd. Ek soek diep in My Videos-folder, en kry iets wat ek jare laas gekyk et, Bubblegum Crisis. Is oek ’n anime, wan ek hettie krag virre real life actor nie.

Ek kommie vê met Bubblegum Crisis ’ie, wan die universe waa in it set is, ’n futuristic Tokyo wat geographically en culturally divided was deu ’n massive earthquake en waa die class disparity at an all time high is, remind my van apartheid.

Ek pause ees vi Bubblegum Crisis, dan click ek die rooi krysie innie righthand corner om VLC Media Player toe te maak. Ek expand al die minimized windows op my taskbar. Media Player Classic is vi twie dae nou al paused, by die end credits van The Missing Picture, ’n documentary oorie Khmer Rouge. Ek maak dai toe. Ek expand Mozilla Firefox, en maak dai toe.

Firefox lat my wiet ek het 15 tabs oep en of ek certain is ek willit ammel toemaak, ek issie certain ’ie, ek maak it anyway toe. Ek maak alles toe wat oep is, en dan right-click ek op die desktop en deselect show desktop icons, soedat net die desktop wallpaper wys. It isse Banksy stencil, dai een vannie Queen wie met haa muff oppie prostitute se kop sit. Ek kannie deal met al die documents wat op my computer screen sit wat ekkie kan onthou hoekom ekkit gesave ’et ie, daa is about twie manuscripts se worth van writing wat daa lê en my ankyk wat ek wiet ek gan nooit wee lies of na kyk ’ie.

Firefox lat my wiet ek het 15 tabs oep en of ek certain is ek willit ammel toemaak, ek issie certain ’ie, ek maak it anyway toe.

Ek doen instead wat ek altyd doen, ek maak ’n nuwe Word Document oep. Ek is alwee fed up met wit mense en dink ek gan nou iets vitriolic skryf om myself bieter te lat voel. Instead kom dié yt :

Cloak and dagger

Ek ken wit mense / wie nie hulle vel ­gebryk / vi protection ie, / maa soese ­cloak vol daggers / Regte radicals, social­ists / Die soot wie hulle eie, ou parents / vedrink innie badkame sink / sône om gevra te wôd / om soe te maak / Ek ken wit mense wie / during apartheid / passing ­Polisie vans met / Molotov cocktails gegooirit / asof it normal was / Soes mense wat confetti gooi / oppie passing parade

Ek voel disappointed in myself. Ek kan nooit skryf wat ek voel ’ie, net wat ek dink. My writing is stubborn soese pit bull terrier oppe leash. It beweeg altyd in sy eie direction, ek kan maa net follow. Ek veloo lus virrie poem, ek is moeg van skryf oo wit mense vi wit mense.

Ek druk ctrl-shift-s op my keyboard,
save dai document oppie desktop waa it kan vedwyn tussen ie anne wit en blou thumbnails, wat my remind van office workers inne groot gebou. Ek los dai poem daa om eendag delete te wôd, ek los it daa om te dink it gan eendag wegbriek van die anne thumbnails en iets belangrik doen, it gannie, die computer gan crash eendag of it gan oud raak en dan gan ek my films, my music ennie poems copy wat an manuscripts behoot en die rest gan ek net daa los innie endless donke.

Ek is moeg van woorde rond te gooi. ’n Poem offe column issie ’n regte fight ’ie, it voel soes chemical warfare. It voel bad virrie atmosphere. Maa ek try wee ommie poem te skryf.

Bubblegum crisis

Ek is moeg van wit / Ek willie woord ytspoeg / Soes bubblegum/ wat al sy flavour veloorit / en nou net vaguely soet proe / Die woord het al sy colour veloo / Ek willit ytspoeg wan it maak / my jaw lam om
anhoudend / oo en oo daa an te kou, / Maa as ekkie woord ees ytspoeg / besef ek wee hoe lieg ek voel / van binne, dan besef ek ees / hoe honge ek is / Maa honge vi wat? issie vraag / Vi regte kos dink ek, vi vleis / honge vi bloed, suppose ek

Ek druk ctrl-shift-s, en ek navigate na My Documents, na ’n folder genaamd: “Good enough for emergencies”. Issie folder waa ek fragments van writing save, wat ek kan gebryk as building blocks, as ek ’n deadline het, maa ek is te depressed om te skryf.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.