25 April 18:27
Kaapstad Verander Area

Woensdag

20°C / 15°C

Wind 22km/h

Reënval 0

Humiditeit 76%

Donderdag

19°C / 15°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 80%

Vrydag

22°C / 14°C

Wind 12km/h

Reënval 0

Humiditeit 63%

Saterdag

26°C / 16°C

Wind 22km/h

Reënval 0

Humiditeit 45%

Sondag

22°C / 16°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 58%

Maandag

18°C / 14°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 76%

Menings
Nathan Trantraal: Well done as jy in dié dae nog tyd vir games het
Foto:

Ek admire mense wie hulle self kan allow om distracted te kan wod deu ’n nuwe craze. Pokémon Go, Twitter, Facebook, Candy Crush, doesn’t matter.

Ek admire hulle, wan ek dink jy moet sieke ’n baie stêk mens wies as jy kan games speel tewyl jou hys afbrand. Die waarheid is, ek is paralysed deu fear, ek wietie of ek virrie deu moet haloep en of ek soese kind onne die kooi moet gan lê en hoep die vuur sien my nie. Ek wiettie mee hoe ommie nuus objectively te kyk ’ie, ek wiettie mee hoe om te sê, dai is hulle en ek is ek’ie, en’it het niks met my te doen’ie. ’It voel alles vi my asof it happen in my vookame. Ek sien nou hoe complicit die media is, ek sien nou hoe mense ge-persecute wôd innie headlines, innie selle way racists hulle flashlights op jou point as jy innie nag veby hulle hys stap en jy is vekere colour.

Ek dink an dai mense wat in Nice nou doodgemaak was, dai man het niks met Islam te doen gehad ’ie, assit soe was, sal hulle lankal soe gesêrit. Wattie koerante instead doen is hulle run headlines soes “Man kills 80 people in Isis inspired attack”. Hulle wil hê ôs moet ôs eie connections maak. Hulle wil North Africans in France vêder demonize, en’it wêk, wan niemand het tyd ommie nuus te decipher nie, hulle is biesag met anne goed, en Pokémon Go is rêrag maa net een van dai goed.

Syria is destroyed en jy kan mette straight face praat oo ’n “Psyduck”, how truly admirable. Ek kan net conclude dat grootmense wie games kan speel in die tye meer faith het as ek, hulle wiet die wêreld was altyd hie en sal altyd hie wies, hulle wiet daa isse anne boring grootmens wie die problems gan solve.

Ek try rêrag ’ie om vi iemand wie in sy thirties is te sê wat om te doen ’ie, ek mean is sieke normal om vi Pikachu in real life te wil meet, maa ôs het noggie ees begin dink an die pad vorentoe nie, helfte van die regte history is nog classified.

Ek wietie of it die beste idea is om nou distracted te raak deu ’n pursuit vi Jigglypuffs ’ie. Ek mean maa as jy in jou twenties is, begin jy rêrag te dink oo jou future, as jy in jou thirties is, begin jy dink an jou kinnes se futures.

Ek kyk elke dag my kind an en dink hoe ’n horrible en selfish ding ’it is om ’n kind innie wêreld te bring. Jissie, die wêreld isse scary plek, ek wiettie offit altyd soe wassie, maa daa wasse tyd wat ek baie hopeful gevoel ’et, toe ek nog ’n kind was, toe ek gedink ’et daa is responsible adults in charge.

Ek wiet’ie ees mee wat angan in Suid-Afrika nie, is als soe kak deumekaa, as ekkit kyk, sien ek net ’n klomp evil clowns. Hulle ammel remind my van It, hulle remind van Predator 2, dai een waa daa klomp predators is, nie net een nie. Ek moet wegkom, yt die land yt, maa wantoe?

Ek het onlangs ’n droem gehad. Ek stap innie Kaap innie CBD en alles is rustig, alles is orait, ek het geld op my, ek, my broe en my ma het gan shopping. En dan begin die mense vi niks reason te baklei ennie polisie stiek yt en begin mense in helicopters te druk en te arrest. Ek haloep, wan ek soek my ma en my broe. Wanne ek my ma kry, staan sy ookant die pad en soes ek wil oogan, spoel daa ’n groot wave tussen ôs deu. En wanne ek omdrai, sien ek ’n massive, massive, massive, massive ­wave rise oo die hele Kaap, en al wat ek tyd het om te dink voo it val is: “As ek net an iets kan vashou, sal ekkie vedrink’ie.”

Ek het drie dae na dai niks geslaap, te bang om te droem, wan ek kannie swem’ie en ek was nog altyd bang vi seewate. Dai is hoekom ek mense admire wat nou nog tyd vi games het, wan hulle sien ’ie die massive wave wat ankom ’ie. Of miskien sien hulle ’it, miskien wiet hulle maa net iemand annes sal it stop.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.