22 Augustus 20:37
Kaapstad Verander Area

Woensdag

14°C / 11°C

Wind 18km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 78%

Donderdag

14°C / 11°C

Wind 27km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 59%

Vrydag

16°C / 11°C

Wind 24km/h

Reënval 0

Humiditeit 61%

Saterdag

18°C / 10°C

Wind 24km/h

Reënval 0

Humiditeit 56%

Sondag

19°C / 11°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 57%

Maandag

21°C / 10°C

Wind 9km/h

Reënval 0

Humiditeit 61%

Menings
Om ’n nuwe land uit ANC se puin te bou
Charles Smith

‘Ek is ’n Afrikaner-Afrikaan.”

Hiermee eggo ek Breyten Breytenbach se stelling toe hy die internasionale Zbigniew Herbert-prys in Pole in ontvangs neem: Dit is waarmee ek kan identifiseer.

Terwyl mense so vinnig gryp na sogenaamde profete en lekepredikers wat vinnig tot profete verklaar word, kan ’n mens sê Breytenbach is vir baie Afrikaners, Afrikane en Europeërs ’n profeet wat nog altyd met sy troppie woorde voorgeloop het, terwyl dit voel of alles om ons steier.

Jy kan hier dit saam uitspel: Ek is Afrikaner, ek is Afrikaan, ek is van Europese oorsprong, ja, maar my voorsate is wit, Oosters, swart, Khoi en San, ons bloed is hier vermeng; hier het ons geveg en hier het ons vrede gemaak.

En hier moet ons die monsters wat ons saamwees bedreig, sáám in die oë kyk en bepraat: Ek met die taal wat my voorouers hier geslyp het soos klippe in die Grootrivier en soos klei gebrei en gevorm deur die digter. Hier sal ek bly en omgee.

hoe kan ek in die wêreld lewe

en nie verantwoording daarvoor aanvaar?

Só lees ek in Yk (p.134) en dit moet ons mantra wees: om om te gee vir die wêreld en alles in en om dit – mens, dier, plant.

Ook profeties die woorde van prof. Francis Petersen, nuwe rektor van die Universiteit van die Vrystaat (UV), toe ons joernaliste saam met hom ontbyt geniet: “Ons moet Bloemfontein en die Vrystaat herver­-beel . . .” ’n Stad, ’n vrye staat, vir almal. Herbou uit die pyn en puin van ’n ANC-bewind, het dit in my brein geflits: Wie gaan daar wees om op te staan en te bou? Ons beleef moeilike tye met ’n regering wat sy eie land plunder.

’n Stad, ’n Vrystaat herverbeel, gee om vir mense wat twee geliefde dogtertjies verloor het.

Die onlangse dood van Sebongile Thomas (7) en Mphoe Mareka (7) in Sonderwater buite die stad is simbolies van hoe die mense ly onder ’n regering met bloed aan sy hande. Die maatjies is deur ’n staatsambulans doodgery op pad van die skool af. En nou wil die lykhuis by die staatshospitaal hê hulle moet die lykies kom haal, terwyl hulle nie geld het vir ’n lykhuis en begrafnisse nie.

’n Stad, ’n Vrystaat herverbeel, gee om vir mense wat twee geliefde dogtertjies verloor het. Hulle boikot nie en haat nie. Hulle dra die boodskap uit van die liefdevolle Vader, soos ons elke dag bid, en help. Protes gee mag, hulp gee krag, veral vir die helper.

Hier gee Lesedi Finger, ’n gr. 5-leerling aan die een skool wat ek in my gemeenskap ondersteun, die Laerskool Universitas (Tjokkies), die pas aan met dié dat sy 11 paar skoene vir haar 11de verjaardag gekoop en aan minder bevoorregte kinders geskenk het. En die meeste van die ontvangers was wit.

Die dogter van ’n huiswerker, Belina, kyk verby kleur. Sy kyk verby stand en geloof. Sy bou aan ’n stad en ’n Vrystaat wat uit die ANC se puin soos ’n Nuwe Jerusalem sal verrys. Help Lesedi bou, sy is waarlik versiende.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.