29 Mei 07:49
Kaapstad Verander Area

Maandag

20°C / 12°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 56%

Dinsdag

21°C / 14°C

Wind 8km/h

Reënval 0

Humiditeit 49%

Woensdag

20°C / 15°C

Wind 12km/h

Reënval 0

Humiditeit 64%

Donderdag

18°C / 14°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 72%

Vrydag

21°C / 14°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 59%

Saterdag

18°C / 14°C

Wind 28km/h

Reënval 0

Humiditeit 78%

Menings
Ons kort vroetelpappas en -mammas
Piet Matipa

Daar is ’n tekort aan vroetelpappas en -mammas.

Dit is dié probleem in die land en almal ignoreer dit. Ek gaan nie langer my mond hou nie. Iets moet aan die probleem gedoen word. Ek doen ’n beroep aan die regering om in te gryp.

Genoeg aandag word aan al die ander probleme in die land gegee, maar hierdie een word geïgnoreer so asof dit die swart skaap van die probleemfamilie is.

Ek kan nie glo ek bly in ’n demokratiese land wat so diskrimineer teen ’n kwessie nie.

Ek dog ons beweeg vorentoe, maar dit lyk my ons het gestop en gerus en slaap selfs. Nou maak van julle asof julle nie weet waarvan ek praat nie.

Vroetelpappie is ’n sugar ­daddy en ’n vroetelmammie, wel jy kan teen die tyd een en een bymekaar sit.

Hoekom kyk jy my nog steeds aan asof jy nie weet waarvan ek praat nie? As hierdie op ’n sekondêre en tersiêre vlak aangebied was sou ons nie nou met ’n spul naïewe mense gesit het nie.

’n Sugar daddy is ’n ouer man met ’n gemakliker lewe as ander, hulle is dik in die pitte, geld groei op hul rug. Hulle het dan ’n jonger liefde wat hulle so nou en dan borg. Hulle staan ook bekend as Blessers.

Daar was ’n tyd in Suid-Afrika toe die Blessers baie populêr was.

Ek neem aan hulle is Blessers gedoop omdat hulle jou seën met geld en goed – moenie so vir my kyk nie. Imagine. As daar genoeg vroetelpappas en mammas was, sou ek nie elke Maandag moes opstaan om werk toe te gaan nie.

Ek weet dit klink asof ek net aan my self dink, ek doen nie. Ek neem almal in ag.

Luister, as daar meer van hierdie mense is, gaan daar nie meer iets soos ’n blou Maandag wees nie. Blou Maandae eis sy tol op ons almal se gemoedstoestand. Ek gee om oor mense se welstand. Ons hoef dan nie die dag so te verpes nie.

Steeds nie oortuig nie?

Minder mense gaan sukkel, want hulle gaan iemand hê wat hulle bederf.

Wag ek kyk gou deur my notas, daar was nog goed. Ehm.

Ek het dit!

Dit dra by tot die oplossing van armoede. Minder mense gaan sukkel, want hulle gaan iemand hê wat hulle bederf. O, en op daardie punt: Om te gee dra mos by tot ubuntu. So kan ons selfsugtigheid oorwin – ook ’n epidemie.

Ek dink die regering moet daaraan dink om vroetelpappas en -mammas te begin invoer. Almal se lewens gaan soveel beter wees. Ons gaan ’n land wees wat ons nooit was nie.

Ek het amper gesê “wat ons eens was” – ek dink nie dit gaan baie voordelig vir my wees nie. Ek nou besluit: Stem vir my vir president en ek sal seker maak daar is genoeg vroetelpappas en -mammas vir almal.

As jy moeg is vir ’n regering met leë beloftes, moenie langer jou kruisie by hul naam trek nie.

Ag, ek weet ek praat nonsens. Kom ons borsel maar ons tande en gaan werk toe.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.